

Plant jy volgens die 2015/2016-markbehoefte
of skiet jy uit die heup?
d
oen jy jou aanplantings volgens wat die behoefte in
die mark aandui of waag jy ‘n raaiskoot? Die 2015/
2016-bemarkingsjaar kan ‘n belowende en winsgewende
jaar vir graan- en oliesadeproduksie wees. Veral indien
mielie-opbrengste 4,67 ton/ha of minder realiseer en
2 miljoen ton mielies uitgevoer kan word.
Jy neem voor om 3% minder mielies aan
te plant – is dit genoeg?
Volgens die Oesskattingskomitee dui mielieprodusente aan dat daar
vir die 2015/2016-bemarkingsjaar (Mei/April) 3% minder mielies
aangeplant gaan word. Of anders gestel, produsente oorweeg
om hul aanplantings van sojabone, sonneblomsaad, sorghum en
grondbone ten koste van totale mieliehektare uit te brei.
Indien weerstoestande dit gaan toelaat dat die nasionale gemiddel-
de rekordopbrengs van 5,32 ton/ha weer vanjaar herhaal, dan
plant jy beslis te veel mielies aan. Teen ‘n 5,32 ton/ha-rekordop-
brengs en 2,6 miljoen hektaar is die surplus bo die pyplyn nage-
noeg 1,7 miljoen ton. ‘n Surplus bo die pyplyn lei tot pryse wat
teen uitvoerpariteit verhandel. Mielies kan nie winsgewend teen
uitvoerprysvlakke geproduseer word nie.
Waarom gebruik Graan SA ‘n opbrengs
van 4,67 ton/ha in ons projeksie?
Graan SA se vraag en aanbod-projeksie vir 2015/2016 dui daarop
dat die surplus bo die pyplyn aan die einde van April 2016 met
42 000 ton gelyk kan breek. Pryse behoort dus iewers tussen in-
voer- en uitvoerpariteit teen ‘n prysvlak te verhandel wat produksie
moontlik maak.
Dit is belangrik om daarop te let dat die opbrengsyfer wat in
die projeksie gebruik word 4,67 ton/ha is en nie die nasionale
gemiddelde rekordopbrengs van 5,32 ton/ha nie. Ons weet nie hoe
die produksieseisoen gaan verloop nie.
Die 4,67 ton/ha is nie ‘n duimsuigsyfer nie en word objektief bepaal.
Die afgelope vyf jaar se opbrengste word geneem, waarvan die
hoogste en laagste opbrengs gekanselleer word. Die gemiddelde
van die oorblywende drie produksieseisoene se opbrengste word
dan vir die projeksie gebruik.
Figuur 1
dui 2015/2016 se beraamde opbrengs as 4,67 ton/ha aan.
In vergelyking met die afgelope vyf jaar se totale hektare aange-
plant, produksie en opbrengste in Figuur 1, is ‘n opbrengs van
4,67 ton/ha steeds bogemiddeld. ‘n Opbrengs van 4,67 ton/ha het
groter waarskynlikheid om te realiseer as ‘n 5,32 ton/ha opbrengs.
Is ons eindvoorraadvla ke te o g om
winsgewende prysvlakke te handhaaf?
Produsente ervaar druk van die mark om mielies vir uitvoere
beskikbaar te stel. Voorraad wat deur produsente teruggehou word
en nie vir aankope beskikbaar is nie, beperk uitvoere. Daar is ‘n
verwagting onder markdeelnemers dat mieliepryse teen Desember
laer sal verhandel.
Die rede is dat produsente se rekening met insetmaatskappye teen
einde Desember vereffen moet wees. Indien die hoeveelheid mielies
wat op dié tydstip in Desember en vir dié doel, gelyktydig na die
markplek toe kom, kan dit pryse skielik onder druk plaas.
Dit kan selfs moontlik wees dat pryse vir die kortstondige periode
so ver kan daal dat bykomende uitvoere in Januarie of Februarie
kan plaasvind. Indien produsente dus mielies vir hierdie doel moet
verkoop, sou dit raadsaam wees om verkope van die voorraad
planmatig van die hand te sit.
Teen die einde van 2015/2016 kan die eindvoorraad 1 247 000 ton
beloop. Die voorraad is nie buitengewoon groot in vergeleke
met ander onlangse jare nie en is net voldoende om die pyplyn-
voorraadbehoefte genoegsaam aan te vul. Die eindvoorraadvlak
aan die einde van die 2015/2016-bemarkingsjaar is 800 000 ton
minder as die eindvoorraadvlak aan die einde van die huidige
2014/2015-bemarkingsjaar (einde van April 2015) (
Figuur 2
).
Is die 2015/2016-surplus bo die pyplyn-
behoefte klein genoeg om pryse te
ondersteun?
Die surplus bo die pyplynbehoefte breek met 42 000 ton gelyk. Dit
beteken dat pryse iewers tussen in- en uitvoerpariteit kan verhandel
en dat die winsgewende produksie van mielies moontlik behoort
te wees.
Twee belangrike syfers om vir 2015/2016 in gedagte te hou, is die
opbrengsyfer van 4,67 ton/ha en die uitvoersyfer van 2 miljoen ton.
Die mielies wat nou aangeplant word, moet ‘n gemiddelde opbrengs
van 4,67 ton/ha of minder oplewer sodat produksie winsgewend
kan wees. Die toekomstige oppervlakte- en oesskattingsyfers word
deur weer- en produksietoestande bepaal.
Sodra dit blyk dat die gemiddelde opbrengste laer as 4,67 ton/ha
kan wees weens ongunstige planttoestande in November en
Desember of hitte- en droogtestres tydens bestuiwing, kan pryse
goeie prysondersteuning in 2015/2016 geniet. Die tweede, ewe
belangrike faktor, is dat die weeklikse uitvoertempo daarop moet dui
WESSEL LEMMER,
senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA
GRAANMARK
-oorsig
31 Oktober 2014
OP PLAASVLAK
16
Desember 2014