

Produsente is van voorneme om grond-
boonaanplantings met 11% teenoor die
vorige jaar uit te brei en die sorghumhektare
met 2,5%. Dit is nie groot uitbreidings
teenoor die vorige jaar nie, maar indien
die toename in eindvoorrade vir 2015/2016
teenoor die totale kommersiële vraag
daarna vir die afgelope vyf jaar vergelyk
word, is dit opmerklik dat die voorgenome
aanplantings tot ‘n potensiële oorproduksie
en prysdruk kan lei.
Figuur 5
toon dat eindvoorrade vir die
2015/2016-bemarkingsjaar 36% beloop,
teenoor verlede jaar se 17%. Dit sal die
hoogste eindvoorraadsyfer as persentasie
van totale kommersiële vraag wees. Die
totale verbruik met uitvoer ingesluit sal
met 2,3% moet verhoog tot 88 200 ton
teenoor die huidige jaar se geprojekteerde
verbruiksyfer van 74 800 ton, om met
die surplus bo die pyplynvoorraad gelyk
te breek.
In die geval van sorghum moet produsente
ook in gedagte hou dat die belowende bio-
etanolbedryf eers oor twee tot drie jaar
sorghum sal opneem, waarna 620 000 ton
net vir dié doel geproduseer sal moet word.
Tans blyk dit dat die eindvoorraadsyfer as
persentasie van die totale kommersiële
vraag na 35% herstel het nadat die huidige
bemarkingsjaar se persentasie ongeveer
59% beloop het.
Die grondboon- en sorghummark is waar-
skynlik te klein om verdere uitbreidings
te regverdig. Die verhoogde aanbod kan
ongewensde prysdruk meebring.
Opsomming
Die rekord nasionale gemiddelde 5,32 ton/
ha opbrengs vir die 2014/2015-bemarkings-
jaar skep die persepsie dat die surplus bo
die pyplynvoorraad van 800 000 ton, groot
is. Alhoewel hierdie surplus tot aan die
einde van April 2015 pryse onder druk kan
hou, is dit belangrik om in ag te neem dat
dit minder waarskynlik is dat ‘n rekord-
opbrengs weer kan voorkom.
Indien ons uitvoere van 2 miljoen vir
2015/2016 kan realiseer, kan dit ‘n volhou-
bare en winsgewende bemarkingsjaar
wees. Die uitbreiding in persaktiwiteite
regverdig die groter plantvoornemens vir
oliesade, maar produsente moet daarop
let dat die grondboon- en sorghummarkte
klein en beperk is. Mik mooi en sterkte vir
die seisoen!
Wessel Lemmer kan gekontak word by
wessel@grainsa.co.za .Figuur 4: Die geprojekteerde gesamentlike vraag na sonneblomsaad en sojabone teenoor die onder-
skeie gewasse se totale kommersiële aanbod vanaf 2010/2011 tot 2015/2016.
* Oesskattingskomitee se finale opbrengsyfer vir 2014/2015
** Graan SA se beraamde opbrengsyfer vir 2015/2016
Figuur 5: Eindvoorrade as persentasie van totale kommersiële vraag vanaf 2010/2011 tot 2015/2016.
OP PLAASVLAK
18
Desember 2014
GRAANMARK-OORSIG