

Dubbeltjies is van die breëblaaronkruide wat effe meer gehard is en
nie so geredelik met alle selektiewe breëblaaronkruiddoders beheer
word nie. In heelwat gevalle is beheer wisselvallig en kan enigiets
tussen 60% en 90% wees.
Sover bekend, is daar nog nie enige weerstand êrens in die wêreld
by dubbeltjies waargeneem nie. Dit is egter steeds belangrik dat
antiweerstandsmaatreëls toegepas word om te verhoed dat weer-
stand teen onkruiddoders ontwikkel. Dus moet sorg gedra word
dat enige onkruiddoder onder goeie spuittoestande en die korrekte
dosis toegedien word op onkruid wat nie groter as die vierblaar-
stadium is nie.
Te hoë en te lae dosisse veroorsaak hoë seleksiedruk vir teikensetel-
en nie-teikensetelweerstand onderskeidelik. Wissel ook die gebruik
van ‘n effektiewe onkruiddoder so gereeld as moontlik af met ander
onkruiddoders met ‘n ander werkswyse (met ander woorde in ‘n
ander werkswysegroep).
Alternatiewe beheer
Met die oog op die voorkoming en bestuur van onkruiddoderweer-
stand, is dit noodsaaklik dat daar nie net op chemiese beheer
staatgemaak word nie. Bewerking en fisiese verwydering is
effektief, maar baie tydrowend. Vlak bewerking is effektief om
dubbeltjiesaailinge te beheer.
Dubbeltjies is volgens Australiese studies een van die min onkruide
wat bevoordeel word deur gewasrotasie waar weidings met
kontantgewasse afgewissel word. Dit is as gevolg van die feit dat dit
moeilik is om dubbeltjies in peulplantweidings effektief chemies te
beheer. Aanhoudende verbouing van graangewasse (daar kan wel
afwisseling tussen graangewasse wees) of aanhoudende meerjarige
weidingsproduksie, soos in Nieu-Seeland, behoort dubbeltjies
te onderdruk. Geïntegreerde beheer waar van chemiese beheer
en weiding gebruik gemaak word, die sogenaamde
spray topping
metode, is ook ‘n redelike effektiewe manier om dubbeltjies te
beheer. Die toepassing van geïntegreerde bestuursaksies is baie
belangrik, nie net om weerstand te voorkom nie, maar ook om
onkruidbeheer meer omgewingsvriendelik te maak.
Bedankings en verwysings
Die volgende persone het die artikel krities deurgelees en voorstelle
ter verbetering gemaak waar nodig: Prof Andy Cairns (Universiteit
van Stellenbosch), dr Erik Eksteen (Syngenta), mnr Org Lotter
(Bayer CropScience), mnr Jim McDermott (Du Pont), mnr Hannes
Schoeman (Monsanto), mnr Frik Potgieter (Nulandis) en mnr Dirk
van Eeden (Terason).
Die lys van geregistreerde onkruiddoders is verkry vanuit die publi-
kasie:
A guide to the chemical control of weeds in South Africa:
A CropLife South Africa Compendium
. Bestel by
info@cropsolutions.
co.za
of 011 079 4199.
Inligting is ook verkry vanuit die boek
Onkruide in gewasse en
tuine in Suidelike Afrika
en is beskikbaar by die LNR-Instituut vir
Graangewasse, Privaat sak X1251, Potchefstroom 2520. Kontak
me Mary James by 018 299 6253 of
JamesM@arc.agric.za .Die boek
Probleemplante en indringeronkruide van Suid-Afrika
deur Clive Bromilow is ook geraadpleeg en is beskikbaar by die
meeste boekhandelaars of raadpleeg die webtuiste van die uitge-
wers:
www.briza.co.za .Lesers kan die pamflet
Volhoubare gewasproduksie in die teenwoor-
digheid van onkruiddoderweerstand
ook in PDF-formaat verkry van
die skrywer van hierdie artikel by
pjp@sun.ac.za .Dit is ook (in Engels)
beskikbaar by die CropLife SA-webtuiste:
http://www.croplife.
co.za/Portals/13/Croplife_ Documents/Sustainable%20crop%20
production%20in%20the%20presence%20of%20herbicide%20
resistance.pdf.
4: Spreidende groeiwyse van ‘n volwasse dubbeltjieplant in afwesigheid
van kompetisie.
5: Blomme van die dubbeltjie.
6: Blomme en vrugte op die stam van die dubbeltjie.
25
December 2014
4
5
6