

dat dit moontlik sal wees om teen die einde
van September 2016 of Oktober 2016, ten
minste 2 miljoen ton mielies te kan uitvoer.
Indien binnelandse pryse te hoog is vir
uitvoere om te realiseer en uitvoere van ten
minste 2 miljoen ton nie gaan realiseer nie,
kan pryse druk ervaar.
In
Figuur 3
kan gesien word hoe die surplus
bo die pyplyn met die ander onlangse
bemarkingsjare vergelyk en hoe dit ook
vergelyk met die heelmielie-uitvoere en
-opbrengste wat behaal is. Let ook op die
twee jare (2011/2012 en 2013/2014) waarin
daar ‘n tekort bo die pyplynvoorraad
gerealiseer het.
Word daar voldoende
sonneblomsaad en
sojabone vir 2015/2016
geproduseer?
Die voorgenome aanplantings toon ‘n
toename in die oppervlakte wat onder
sonneblomsaad en sojabone aangeplant
gaan word. Die uitbreiding in beide sonne-
blomsaad- en sojaboonaanplantings be-
hoort voldoende te wees om aan die
plaaslike groeiende vraag na dié gewasse
te voldoen.
Graan SA projekteer dat die volvetsoja-
verbruik 142 000 ton in 2015/2016 kan
beloop teenoor vanjaar se beraamde
122 000 ton. ‘n Syfer van 810 000 ton
sojabone teenoor vanjaar se 720 000 ton
kan gepers word vir olie en oliekoek.
Die opbrengs wat vir sojaboon- en sonne-
blomsaad behaal word, is ook soos in
die geval van mielies met ongeveer 15%
afwaarts aangepas om vir ‘n droër seisoen
voorsiening te maak. Die produksie wat
behaal kan word, is dus voldoende om by
beide gewasse min of meer met die surplus
bo die pyplynbehoefte gelyk te breek.
Na verwagting kan 780 000 ton sonne-
blomsaad in stede van 805 000 ton, soos dit
vir vanjaar die geval is, gepers word. Pryse
behoort dus in die nuwe bemarkingsjaar
ondersteuning te geniet (
Figuur 4
).
Kan ons ook op die
produksie van grondbone
en sorghum uitbrei?
Grondbone en sorghum is die twee kleiner
somergraangewasse wat in Suid-Afrika
aangeplant word. Hierdie twee gewasse
het egter gedurende die afgelope paar
seisoene uitstekende pryse en opbrengste
behaal. Gevolglik het dit die aandag van
ander graan- en oliesadeprodusente wat
nie normaalweg dié kommoditeite aan-
plant nie, getrek. In vergelyking met die
mieliehektare van 2 600 000 hektaar, is die
voorgenome 58 000 hektaar grondbone
maar ‘n skrale 2,2%. Sorghum se voorge-
nome 81 000 hektaar is maar net 3,1% van
die totale mieliehektare.
Figuur 1: Mielie-opbrengste teenoor hektare aangeplant en totale produksie (2010/2011 tot
2015/2016).
* Oesskattingskomitee se finale opbrengsyfer vir 2014/2015
** Graan SA se beraamde opbrengsyfer vir 2015/2016
Figuur 2: Eindvoorraad teen einde April in vergelyking met heelmielie-uitvoere en mielie-opbrengste
behaal (2010/2011 tot 2015/2016).
* Oesskattingskomitee se finale opbrengsyfer vir 2014/2015
** Graan SA se beraamde opbrengsyfer vir 2015/2016
Figuur 3: Surplus bo die pyplyn teen einde April in vergelyking met heelmielie-uitvoere en mielie-
opbrengste behaal (2010/2011 tot 2015/2016).
* Oesskattingskomitee se finale opbrengsyfer vir 2014/2015
** Graan SA se beraamde opbrengsyfer vir 2015/2016
17
December 2014