

OP PLAASVLAK
Geïntegreerde plaagbeheer
– Deel 7
PJ PIETERSE,
Departement Agronomie, Universiteit van Stellenbosch
Kaapse dubbeltjie (
Spiny emex
)
WINTERREËNVALSTREEK
Onkruide in die
Reeks
d
aar kom net een Emex-spesie in Suid-Afrika voor en dit
is ‘n onkruid in bewerkte lande en versteurde plekke. Dit
is inheems aan die Kaapse provinsies, maar is tans oor
die hele Suid-Afrika en ook die wêreld versprei.
Dit is veral in Australië ‘n baie ernstige onkruid nadat dit
uit Suid-Afrika daarheen geneem is deur seilskepe. Dit is as bron van
vitamien C op die skepe verbou omdat die jong blare eetbaar is. Die
vrugte wat dwarsdeur die jaar gedra word, het drie sterk dorings wat
pynlike wonde aan mense wat kaalvoet loop kan veroorsaak en dit
veroorsaak ook erge pyn en ongemak vir diere wat deur digte stande
daarvan loop.
Dubbeltjies is matige mededingers wat gewoonlik ‘n spreidende
groeivorm het. As dit egter in digte stande voorkom waar toestande
gunstig is vir hulle groei, kan dit ernstig met gewasse kompeteer en
het dan ook ‘n meer regop groeiwyse.
In Australië is gevind dat digthede van 30 en 90 dubbeltjieplante
per vierkante meter koringopbrengs met 25% en 50% onderskeide-
lik verlaag het (
http://www.cabi.org/isc/datasheet/20826). Ook in
Australië is gevind dat 300 uit ‘n kudde van 1 800 skape, sponssiekte
(
Clostridium chauvoei
) opgedoen het as gevolg van wonde ver-
oorsaak deur dubbeltjies; 60 hiervan het gevrek.
Daar is ook gevind dat die vermindering van dubbeltjie-stande van
150 na 30 plante per vierkante meter, die weidingsproduksie ver-
dubbel het en ooie se gewig met 73% verhoog het. Redelik baie van
dubbeltjies se nadele is dus half indirek en nie so ooglopend nie.
Dubbeltjies is kruidagtige, platgroeiende tot halfregop, eenjarige
plante wat tot 60 cm hoog kan word. Dit het stewige penwortels en
is vertak vanaf die basis. Die stingels is groen, fyngeriffeld en glad
of bedek met sagte hare. Die blare is enkelvoudig en afwisselend
of in klein bondeltjies gerangskik. Die blare is eiervormig tot lang-
werpig en is gaafrandig tot vlak gegolf. Dit kan 8 cm lank en 5 cm
breed word. Die saadlobblare van die Kaapse dubbeltjie is heelte-
mal langwerpig net na-opkoms.
Die blomme is groen, okselstandig in bondeltjies en is tweeslag-
tig alhoewel die manlike en vroulike blommetjies op dieselfde
plant voorkom.
Wetenskaplike naam:
Emex australis
Afrikaanse naam:
Kaapse dubbeltjie of Emex dubbeltjie
Engelse naam:
Spiny emex or Devil’s thorn
22
Desember 2014
1: Vrugte en sade van die Kaapse dubbeltjie – die driehoekige vrugte met dorings verseker dat die
vrugte deur diere, mense en masjinerie met rubberbande versprei word.
2: ‘n Dubbeltjiesaailing – let op die langwerpige saadlobblare.
Foto: Hannes Schoeman van Monsanto
3: ‘n Jong dubbeltjieplant.
1
2
3