

Die vrugte is driehoekig en het drie holtes op elke vlak, met
drie sterk, spreidende dorings. Die sade kan tot 5 mm lank
word en is driehoekig met ‘n ronde basis en ‘n skerp punt. Die vlakke
is effens ingeduik.
Voorkoms en verspreiding
Dubbeltjies kom wydverspreid in Suider-Afrika voor. Dit is ‘n minder
belangrike onkruid in die koringlande van die oostelike Vrystaat, maar
is ‘n belangrike onkruid in die gewasse van die winterreënvalstreek.
Rondom die 1980’s is dit beskou as een van die drie belang-
rikste onkruide in koring en die belangrikste in medics in die
winterreënvalstreek. Die verskyning van meer effektiewe onkruid-
doders, veranderde verbouingspraktyke en die ontwikkeling van
onkruiddoderweerstand in sommige ander onkruide het dubbeltjies
effens laer af op die ranglys van belangrike onkruide geskuif, maar
in sommige dele met ‘n groot veefaktor bly dit die belangrikste
breëblaaronkruid.
Dit floreer in sanderige grond. Veral waar eenjarige peulgewas-
weidings, soos medics, vir meer as een seisoen aaneenlopend
verbou word, kan dubbeltjies baie ernstige afmetings aanneem.
Dubbeltjies plant slegs met saad voort. Die sade is groot en kan van
diep af ontkiem en vir agt jaar in die grond kiemkragtig bly. Massiewe
saadbanke van meer as 10 000 sade per vierkante meter is ná slegs
een weidingsjaar in Australië aangeteken.
Gewoonlik ontkiem minder as 20% van dubbeltjiesaad in die eerste
seisoen ná rypwording en die ander sade bly rustend in die saadbank
(
http://www.cabi.org/isc/datasheet/20826). Dit kan dwarsdeur die
jaar ontkiem en vestig as voldoende vog beskikbaar is, maar in die
winterreënvalstreek is vestiging uit die aard van die saak meestal
gedurende die herfstyd.
Daar kom twee tipes vrugte op ‘n dubbeltjieplant voor. Die vrugte
wat na aan die grondoppervlakte gedra word, is platter en het korter
dorings. Die ryp onderste vrugte bly aan die plant geheg selfs nadat
dit afgesterf het en sal waarskynlik in daaropvolgende jare ontkiem
naby die plek waar die moederplant gegroei het. Die ander vrugte
wat hoër op die plant gedra word, val van die plant af wanneer ryp
is en is meer driehoekig, met die gevolg dat daar altyd ‘n doring na
bo wys wat beteken dat die vrugte makliker deur diere en mense en
selfs voertuie versprei word.
Beheer
Chemiese beheer
Die lys van onkruiddoders wat vir dubbeltjies geregistreer is wat in
die publikasie
A guide for the chemical control of weeds in South
Africa
genoem word, word in
Tabel 1
aangetoon. Daar is ook ‘n paar
onkruiddoders en toepassings bygevoeg wat geregistreer is nadat
die gids gepubliseer is asook sommige nie-selektiewe onkruid-
doders wat nie spesifiseer watter onkruidspesies beheer word nie,
maar wat wel effektief teen dubbeltjies is as daar nie weerstand
is nie.
AKTIEWE BE-
STANDDEEL FORMULERING
GEWASSE WAARIN
GEREGISTREER
TYD VAN TOEDIENING
WEER-
STAND-
STATUS
MEGANISME
VAN WER-
KING GROEP
Metsulfuron
methyl/triben-
uron methyl
80/300 en 120/600
gram per kilogram
Gars en koring
Dien na-opkoms toe wanneer gewas in
vier- tot sesblaar-stadium is, maar voor
drie weke na-opkoms van onkruid
Nee
B
Paraquat
200 gram per liter
Alle gewasse
Voorsaai
Nee
D
Paraquat/
diquat
120/80 gram per liter Alle gewasse
Voorsaai
Nee
D
Prosulfocarb 800 gram per liter
Koring
Dien voor-opkoms toe in tenkmengsel
met triasulfuron – 65% - 90% beheer van
dubbeltjies
Nee
N
Prosulfuron 750 gram per
kilogram
Gars, hawer en
koring
Dien na-opkoms toe in mengsel met
bromoxynil of metsulfuron methyl
Nee
B
Pyraflufen-
ethyl
20 gram per liter
Gars en koring
Dien na-opkoms toe in tenkmengsel
met bromoxynil of MCPA op onkruid nie
groter as twee- tot vierblaar-stadium nie
Nee
E
Pyroxsulam 45 gram per liter
Koring
Dien na-opkoms toe slegs as tenkmeng-
sel met florasulam/flumetsulam
Nee
B
Simazine
500 gram per liter
Kanola en lupiene Dien voor-opkoms toe direk na plant in
goed voorbereide saadbed – slegs op
triasien bestande kanolakultivars
– wisselvallige beheer op dubbeltjie
Nee
C1
Simazine/ter-
buthylazine
213/287 gram
per liter
450/450 gram per
kilogram
Kanola
Dien toe voor-opkoms slegs in tenkmeng-
sel met metazachlor
Nee
C1
Sulfosulforon 750 gram per
kilogram
Koring
Dien na-opkoms toe in tenkmengsel met
bromoxynil as dubbeltjies in een- tot
vierblaar-stadium is
Triasulfuron 750 gram per
kilogram
Gars, hawer en
koring
Dien voor-opkoms toe in mengsel met
prosulfocarb
Nee
B
TABEL 1: ONKRUIDDODERS GEREGISTREER VIR DIE BEHEER VAN DIE KAAPSE DUBBELTJIE (VERVOLG).
1
Om verwarring te voorkom is die Engelse name vir aktiewe bestanddele hier genoem.
NB – raadpleeg altyd die etiket van die onkruiddoder om op hoogte te wees van die korrekte dosis en toedieningsmetode – maak seker dat afwisseling geskied
tussen meganisme van werking groepe en nie aktiewe bestanddele nie. Maak seker dat die onkruid wat beheer moet word op die etiket van die middel wat toegedien
gaan word, voorkom.
OP PLAASVLAK
Geïntegreerde plaagbeheer
24
Desember 2014
ONKRUIDE IN DIE WINTERREËNVALSTREEK