SA Grain December 2013 - page 6

Hoofartikel
Desember 2013
4
D
esember is oestyd en planttyd vir die graanprodusente van die
land. Vir my was dit as kind die tyd wat ons na my oupa se plaas
toe gegaan het om Kersfees te vier.
Dit was ‘n tyd van oorvloed koeldrank en gemmerbier, lekkergoed en ‘n
nuwe flits (laas jaar s’n was al lankal gebreek). Dit was ‘n tyd van voëltjies
skiet en hase jag – wat ‘n wonderlike tyd vir my as kind. My hart is vol
dankbaarheid vir sulke onvergeetlike kinderjare.
Vandag se boodskap is een wat ek by my oupa daar in die donker (voor
Eskomkrag) buitekamer geleer het. Hy was besig om vir die plaaswerkers
hulle Krismis te gee.
Ek het geweet wat dit alles was, want sien, ons was saam dorp toe om
dit te gaan koop en dit was nie soos ons s’n mooi toegedraai nie. Hy het
aan die eerste werker ‘n paar kouse gegee en toe kom die antwoord: “Is
dit dan al?”
Ek het geweet dit was nie al nie, maar toe doen Oupa iets wat ek as kind
nie dadelik verstaan het nie: Hy het die kouse teruggeneem en gesê dat
as jy nie kan dankie sê nie, kry jy nie. Ek aanvaar dat hy later ná almal
gekry het, weer daardie kouse aan die spesifieke werker sou teruggegee
het, want sy gawe was dié van gee, maar ek sal dit nooit vergeet nie:
Dankbaarheid.
Wanneer ons in hierdie dae dink aan Jesus se koms na die aarde, dan
vul dit my ook met dankbaarheid. Al is dit net vir ‘n paar kouse in ‘n droë
en moeilike jaar. Ja, daar is ook dié van ons wat oorvloed ervaar het vir
wie die dankbaarheid dalk veel makliker kom. Maar as God so deur die
kamers van my hart kyk en soek na die vrug van 2013, hoop ek Hy sal
dankbaarheid ook daar iewers vind.
DANKBAARHEID
...vandag wil ons
saam met julle ons
Hemelse Vader
dank vir al Sy
seëninge van die
afgelope jaar.
1,2,3,4,5 7,8,9,10,11,12,13,14,15,16,...52
Powered by FlippingBook