SA Grain December 2013 - page 3

1
December 2013
Voorpunt
Ek is só opgewonde: Vir die eerste keer in jare gaan ons Kersfees by my
ouers op die plaas deurbring...Saam met al die nefies en niggies. Soos
Kersfees kleintyd was.
My herinneringe is wonderlik aan kleintyd se Kersfeeste op die plaas. Een
Kersfees wat my altyd sal bybly, is die een toe Kersvader vir my broers
‘n tentjie gebring het. Dit kon nie hoër of laer nie: Ons groter niggies en
nefies moes die aand almal in die tent slaap. En toe is daar vuurvliegies
wat oral in die tuin rondvlieg! Iets wat ‘n mens beslis nie elke dag sien nie.
Ons het tot watter tyd dié nag tot in die vroeë oggendure rondgehardloop
om vuurvliegies te vang en in die tent los te laat. Later het ons soos sar-
dientjies ingeryg in die tent gelê en kyk na die vuurvliegies teen die tent-
dak totdat ons weggevoer is droomland toe. Dit was, soos my dogtertjies
dit stel: “
Magic...
In die uitgawe
Goeie nuus vir amateurfotograwe is dat die
SA Graan
/Sasol Nitro foto-
kompetisie weer eens in 2014 aangebied sal word. Ons wil graag deur
ons lesers se kameralense sien hoe hulle die tema “moderne landbou in
aksie” interpreteer.
Daar is ook heelwat nuus uit die Wes-Kaap. Blaai gerus na bladsy 15 en
17 en sien wie die boeredae bygewoon het; wat by die plaaswerkerdae
bespreek is; en wat oor bewarings-
boerdery gesê is by die Riversdal Boere-
vereniging se boeredag.
In die gees van Kersfees, sluit die uitvoe-
rende hoofbestuurder, Jannie de Villiers,
se hoofartikel ook hierby aan. Lees gerus ook Jannie en die voorsitter,
Louw Steytler, se Kersboodskappe aan lede, produsente en personeel
op bladsy 12.
My wens aan al ons lesers is ‘n
magic
Kersfees saam met geliefdes; ge-
baai in die liefde van ons Verlosser – en genoeg reën op elke plaas. Sterk-
te vir die somergraanprodusente wat nou hulle oeste moet insit – mag dit
‘n uitsonderlike goeie produksiejaar wees.
Diegene wat so gelukkig is om ‘n bietjie weg te gaan met vakansie – ge-
niet dit vreeslik baie en ry veilig!
Geseënde Kersfees! Ons gesels weer in die nuwe jaar.
Estie de Villiers –
Assistent-redakteur
Meet our
contributors...
Funzani Sundani was born in the Limpopo Province
in Venda. She studied BSc Agricultural Economics at
the University of the Free State.
“I grew up in an area where farming was very domi-
nant and always saw gaps that needed to be filled
to ensure greater access into the markets as well as
impact more on the economic growth for most of the
emerging farmers back home,” she said.
She joined Grain SA in 2012. “Thus far I have learnt a
great deal in my field of expertise. Each day is a learn-
ing curve, but I enjoy every moment of it. The grain
market is forever changing and one gets to learn new
things every day as well as being updated with what
is happening both locally and internationally.”
Funzani is single; she loves shopping and mingling
with people. “I believe that wisdom is gained through
personal interaction.”
Grain SA hosted a Day of
Celebration on 17 October
where acknowledgement
was given for progress
in the field of farmer
development. The
function, which was held
at Amanzi Game Lodge on
the outskirts of Brandfort
in the Free State, was
attended by more than
200 guests among which
were approximately 120
emerging farmers. On
page 18 Louise Kunz,
SA Graan/Grain
contributor, reports on
this 250 Ton club event.
Volgens Dup Haar-
hoff van GWK het dié
landboubesigheid ‘n
unieke benadering tot
presisieboerdery. Hulle
het vinnig agtergekom
dat effektiewe water-
bestuur ‘n basiese, maar
belangrike bousteen is
vir suksesvolle boerdery
in die Noord-Kaap.
Besproeiingskedulering
is een van die belangrik-
ste faktore wat in ag
geneem moet word ten
einde water effektief te
bestuur. Meer hieroor
op bladsy 30.
Barley is a short-
season, early maturing
crop. About half of the
world’s crops are used
as livestock feed, while
the rest is used for hu-
man food and for malt-
ing. Most beer is made
from malted barley. On
page 34 dr André van
der Vyver, University
of Pretoria, looks at the
relative value between
barley and wheat in
the Northern Cape
irrigation areas from a
production point
of view.
Gerrie Smit, ons ge-
reelde motorrubriek-
skrywer, vertel meer
oor die nuwe Renault
Duster sportnuts-
voertuig (SNV) wat in
September in Suid-
Afrika geloods is. Die
Duster het so pas met
Indië se Motor van die
Jaar-titel weggestap.
Volgens Gerrie is dit een
van daardie voertuie
wat verandering gaan
bring. Dit is ‘n sterk,
harde middelslag SNV
met die klem op sterk.
Lees op bladsy 45 meer
oor sy padindrukke
van dié voertuig.
Medewerkers vir hierdie uitgawe
Brian de Villiers, Jannie de Villiers, Annemie Erasmus, Bradley Flett, Dup Haarhoff, Ernst Janovsky,
Belinda Janse van Rensburg, Koos Kirsten, Louise Kunz, MC Loock, Charlie Reinhardt, Ruth Schultz,
Wandile Sihlobo, Gerrie Smit, Louw Steytler, Liana Stroebel, Dirk Strydom, Funzani Sundani,
Coretha Usher, André van der Vyver, Johnny Viviers, David Viljoen en Toit Wessels
1,2 4,5,6,7,8,9,10,11,12,13,...52
Powered by FlippingBook