Background Image
Previous Page  66 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 66 / 112 Next Page
Page Background

Augustus 2017

64

Beplanning en bestuur maak sojaboon-

produksie by Viljoenskroon moontlik

W

isselbou lewer ‘n groot bydrae tot die winsgewend-

heid en volhoubaarheid van verbouingstelsels. In die

westelike saaistreke is daar egter nie regtig gewasse

waarmee mielies winsgewend afgewissel kan word

nie, maar sojabone is ‘n gewas wat gewis sekere voordele vir

mielieverbouing kan bied.

Sojaboonverbouing vereis dat ‘n produsent sy bestuur moet

opskerp. Goeie boerderypraktyke moet toegepas word en die

suksesfaktore moet deeglik bestudeer en bestuur word. Mnr Cobus

van Coller van Viljoenskroon meen dat dit vir produsente belangrik

is om aan die volgende aspekte aandag te skenk wanneer die

verbouing van sojabone beoog word:

Masjinerie en toerusting benodig om sojabone te verbou;

voedingstatus van die grond;

bestuur van die enting van die saad;

saadbestuur;

aanplanting om die blom van die sojabone met die lang-

termynreënvalverspreiding te sinkroniseer;

plantdatum, plantestand en plantdiepte van die verskillende

kultivars;

bestuur van die onkruiddoders; en

belangrikheid van swam- en plaagdoders.

Van Coller het op die harde manier geleer dat sojabone ná ‘n

sekere datum begin oopspring. Die gevolg daarvan is dat die

oes nie ingesamel kon word nie, omdat die stropers net te min

was. Die stroop van die gewas is net so belangrik soos die verbouing

daarvan.

Maak daarom seker dat daar genoeg stropers beskikbaar is om

die stroop van sojabone betyds af te handel. Wat Van Coller

doen om sy strooptyd te verleng, is om ‘n verskeidenheid van

kultivars met verskillende groeilengtes te plant. “Praat met jou

saadverteenwoordigers om seker te maak dat die kultivars en die

hoeveelhede wat geplant word, by die beskikbare stroperkapasiteit

pas,” raai hy produsente aan.

Die volgende aspek wat volgens hom tot ‘n groot mate aandag

verg, is die voedingstatus van die grond. Let veral op die pH. Indien

die pH te laag is, sal dit ‘n negatiewe effek op die stikstofbinding en

proteïensintese hê.

Sojabone vereis heelwat meer fosfaat en kalium as byvoorbeeld

mielies. Hierdie makro-elemente moet ten alle tye beskikbaar wees.

Die mikro-elemente is net so belangrik. Kalsium, magnesium en

swael word ook ontleed en Van Coller strooi, in konsultasie met sy

bemestingsadviseurs, ‘n produk uit om hierdie tekorte aan te spreek.

Die ander mikro-elemente (sink en molibdeen) is ewe belangrik

en ‘n tekort hieraan benadeel die opbrengste vinnig.

Die gebruik van blaarontledings is vir Van Coller krities om die

produksie en winsgewendheid van sojabone te verhoog. Goeie,

tydige en volledige ontledings word gedoen en die tekorte word

dadelik aangespreek.

In die afgelope seisoen het hierdie praktyk hom ondersteun om

die regte middels tydig te kon toedien. Die positiewe hieraan is dat

die middels toegedien heelwat minder was as wat algemeen vir

sojabone toegedien word. Sodoende is heelwat insette gespaar.

Omdat die sojabone sy eie stikstof moet vervaardig, is die enting

van sojaboonsaad uiters belangrik. Produsente spandeer dikwels

nie genoeg tyd en aandag aan die entproses nie – met die gevolg

dat swak enting plaasvind en opbrengs ingeboet word.

Van Coller noem dat hy die enting van sy sojaboonsaad doen deur

vars entstof, wat gereeld aangevul word en reg gemeng word, in die

plantervoor te spuit. Verder word die saad ook met entstof behan-

del. Hierdie gemengde saad word só bestuur dat die saad min sonlig

kry en daar word moeite gedoen om die saad korrek met die entstof

te meng.

Hy noem dat saad met ‘n bakkie vanuit die stoor na die planter

aangery word om sodoende te verseker dat die geënte saad so min

as moontlik aan son blootgestel word. Dit is belangrik om te onthou

dat die sojaboonsaad uiters versigtig hanteer moet word. Om die

sakke met saad byvoorbeeld te laat val, kan veroorsaak dat die

opkoms benadeel word.

As sojaboonsaad op plase teruggehou word, is die bestuur van

sodanige saad ook uiters belangrik. Van Coller noem dat die saad

so vinnig moontlik ná stroop skoongemaak moet word en dat hierdie

saad korrek geberg moet word, waar dit so min as moontlik hanteer

sal word. Die saad moet waar moontlik in ‘n koel plek gestoor word.

Vir hom is dit krities om hierdie teruggehoue saad aan beide ‘n

ontkiemings- en ‘n groeikragtigheidstoets te onderwerp. Indien

die saad nie dieselfde standaarde as nuut gekoopte saad haal nie,

moet dit nie gebruik word nie.

Interryplantspasiëring is vir Van Coller belangrik. Daarom sal dit

geen bydrae lewer om die hoeveelheid saad per hektaar te ver-

hoog nie.

Hy probeer om die kultivars volgens hul vereiste plantestand

per hektaar te plant. Hierin speel die saadverteenwoordigers ‘n

belangrike rol. Daar word ook gepoog om ‘n pakket van kultivars

te plant.

Die jaar se reënvalverspreiding sal een jaar die langer groeiers

en

n ander jaar die korter groeiers bevoordeel. Omdat sojabone

heelwat vog tydens blom en saadvul benodig, is dit belangrik dat

daar in hierdie tyd genoeg vog beskikbaar moet wees. Maak daar-

om seker dat die groeipatroon van die sojabone met die reënval

en vogbeskikbaarheid van die plaas strook.

Onkruidbestuur is krities om sojabone se sukses te waarborg.

Sojabone word so laag moontlik gestroop en daarom is dit belangrik

dat daar nie onnodige walle in die rye moet wees nie. Van Coller

noem dat produsente daarom moet probeer om nie die sojabone

meganies te skoffel nie en sodoende die vorm van walle in die rye

te beperk.

Die gevolg hiervan is dat die stropers laer kan stroop en sodoende

word meer sojabone per hektaar gestroop. Hy probeer ook

om die effek van veral glifosaat op die sojabone te beperk.

FOKUS

Sojabone

Mini

PIETMAN BOTHA,

SA Graan/Grain

medewerker