Background Image
Previous Page  62 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 62 / 112 Next Page
Page Background

Augustus 2017

60

Gee híéraan aandag

– DuPont Pioneer Weeg en Wen-wenner sê wat hulle doen

D

ie feit dat Roos Boerdery oor jare op produksie bly

fokus het, het hulle die 2015/2016-wenners vir die

DuPont Pioneer Weeg en Wen-sojaboonbesproeiings-

opbrengskompetisie gemaak. Hierdie boerdery word

in die Wonderfontein-area in die Belfast-distrik bedryf. Roos

Boerdery het al groot en diep spore in die landbousektor getrap.

Gerrit Roos is alombekend as daar oor graan – en veral sojaboon-

en mielienavorsing – gepraat word.

Verskeie instansies doen al vir jare op die plaas proewe om nuwe

middels, kultivars en verbouingspraktyke na te vors en te toets. Die

boerdery gebruik hierdie inligting om hul produksie te verhoog,

koste te verlaag en uiteindelik winsgewendheid te verhoog. Nie

net word die opbrengste verhoog nie, maar die risiko van veral

sojaboonverbouing word ook aangespreek.

Om te bly fokus op die gewas se produksie en metodes te

implementeer om die produksie te verhoog, het die boerdery beslis

gehelp om die hoogste besproeiingsopbrengs van 5,23 t/ha in

die DuPont Pioneer Weeg en Wen-opbrengskompetisie vir die

2015/2016 produksiejaar te behaal.

Die prestasie het ‘n redelike lang aanloop. Roos het jare terug

al die aspekte wat produksie benadeel geïdentifiseer en wend

konstruktiewe planne aan om die probleme aan te spreek. Dit

is ‘n voortdurende proses.

Wisselbou

Wisselbou is ‘n integrale deel van hierdie boerdery. Mielies word

na twee jaar se produksie met sojabone afgewissel en sodoende

word beide die gewasse se opbrengste verhoog. Die produksie

van hawer word ook in die wisselbouprogram ingespan om veral

sekere grondgedraagde siektes te verminder.

Grondgesondheid, -suurheidsbestuur en -vrugbaarheidsbestuur is

van die aspekte wat aangewend word om die droëlandgewaspro-

duksie te verhoog. Oor tyd kon daar met sukses bewys word dat

die bestuur van swamsiektes op die plaas ekonomies geregverdig

is. Tans word ‘n proaktiewe program ingespan om die effek van

swamme op beide die mielies en sojabone te minimaliseer.

Swamsiektes

By die besproeiingsojabone het veral swamsiektes die opbrengste

erg benadeel. Dié probleem kon hier met sukses verminder word

deur onder andere drupbesproeiing in te span. Druppers word

ondergronds geïnstalleer en op dié manier word die water vir die

plant op die regte plek geplaas.

Roos sê dat dit vir hom wil blyk asof veral die effek van Sclerotinia

met die vermindering van humiditeit verminder is. Die

drupbesproeiing bespaar water, maar is bestuursintensief. Die water

moet gefiltreer word en die druppers moet gereeld skoongemaak

word.

Op die plaas het veral die inspan van ‘n goeie voorkomende

swamdoderbestuursprogram die opbrengste met tot ongeveer

15% verhoog. Dit is interessant dat die prys van die swamdoders

nie noodwendig in hul werking weerspieël word nie. Elke pro-

dusent moet self toets wat op sy plaas die beste resultate lewer.

Bemesting

Presisieboerdery en presisiebemestingaanbevelings het ook ‘n groot

bydrae tot hoër opbrengste gelewer. Die langtermyntoediening

van kalk op die regte plekke en die regte hoeveelheid en die regte

tipe het veroorsaak dat die ondergrondse suurheid van die lande nie

‘n probleem is nie en die plante se wortels hierdie gedeelte van die

grond ook kan benut.

Die metode van bemestingtoediening en die tyd van toediening

het ook ‘n effek gehad om die plante se produksie te verhoog. Roos

sê dit wil voorkom of die sojabone beter vaar waar die bemesting

voor die tyd uitgestrooi word.

Sommige bemesting word uitgestrooi, ander word met planters in

verskillende dieptes in die grond ver en nader aan die pit geplaas

– wat help dat die plantwortels regdeur die sones en regdeur die

jaar bemestingstowwe kan bekom. Wees net versigtig om kunsmis

te naby aan die pit te plaas – dit is moeilikheid soek.

Bemesting van grond om die produksiepotensiaal van die hulpbron

te bereik, dra by om die produksie per hektaar te verhoog, maar

ook om die wins per hektaar te verhoog. Gedeeltes in ‘n land wat

die opbrengs verlaag omdat die hulpbron van só ‘n aard is, word nou

hiervolgens bestuur.

Die gebruik van spoorminerale en blaarvoeding speel ook ‘n rol.

Roos noem dat die aanwending van veral koper voor-blom dalk

‘n groter bydrae lewer as wat verwag word. Hierdie bespuiting

help klaarblyklik om die blommetjies beter te beskerm en die be-

stuiwingspersentasie te verhoog.

Die bestuur van veral Sclerotinia wat opbrengste erg benadeel, is

ook op die plaas ‘n uiters belangrike fokusarea. Deur navorsing te

doen, met kenners te praat en self proewe te doen, is bevind dat

dit sin maak om hul langgroeier-sojaboonkultivars vroeër te plant.

Die opbrengste wat deur hierdie stap verhoog word, regverdig die

inbring van nog ‘n planter om die kultivars vroeër geplant te kry.

Roos het nog ‘n geweldig-interessante waarneming gemaak. Deur

vir die sojabone ekstra stikstof tydens blom te verskaf, wil dit voor-

kom of die opbrengste van die sojabone dramaties verhoog kon

word. Die hoeveelheid blommetjies in die blompakkie wat bestuif

geraak het en peule geword het, is van ongeveer drie per pakkie tot

vyf per pakkie verhoog.

Hierdie ekstra peule en pitte het die opbrengste dramaties verhoog.

Die doelwit behoort te wees om soveel as moontlik van die blom-

metjies wat blom, bestuif te kry sodat dit in pitte omgesit word.

Stroop

Dit dra geensins by as ekstra pitte geproduseer word en nie in die

stropertenk beland nie. Om die stroopbaarheid van die sojabone

te verhoog, rol hy die sojaboonlande na plant. Dit lei daartoe dat

die stropers laer kan stroop en sodoende sal meer van die pitte in

die stropertenk opeindig.

FOKUS

Sojabone

Mini

PIETMAN BOTHA,

SA Graan/Grain

medewerker