Background Image
Previous Page  63 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 63 / 112 Next Page
Page Background

61

August 2017

Dit wil boonop vir hom voorkom of hierdie stap ook slytasie op

die stropertafels beduidend verminder. Minder grond kom in die

messe en die tafels hou net langer.

Onkruidbeheer

Die selektiewe gebruik van Roundup-onkruiddoder is ook belangrik.

“Probeer om die middel se effek op die groeiende plant te

minimaliseer. Spuit die onkruid dood voor-plant en beheer die

onkruid dan eers weer as die sojaboonplante lekker sterk is,” aldus

Roos.

“Pasop om onkruiddoders tydens blom toe te dien. Dit kan die

blompakkies benadeel of die jong peule laat afspeen. Tydens

blom is die plante op hul gevoeligste en dan moet jy alles in

jou vermoë doen om die jong peule te beskerm.”

Besproeiing

Vir besproeiing is dit krities om te sorg dat die plante gedurende

blom en daarna genoeg water het. Die pitte in die peule kan deur

voldoende vog swaarder gemaak word, maar kan nie na blom meer

gemaak word nie. Doen daarom alles in jou vermoë om soveel as

moontlik blommetjies op die plant te laat bestuif en te laat oorleef.

Kultivarkeuse

Roos glo ook dat daar altyd ‘n pakket van kultivars op ‘n plaas ge-

plant moet word. Daarom word daar ‘n klompie kultivars van die

meeste saadmaatskappye geplant.

Hierdie stap help ook om die plantvenster en veral die stroopven-

ster van die sojaboonvertakking te verleng.

“Dit help jou niks as jy ‘n klomp sojabone per hektaar kan produseer,

maar die stropers is te laat om dit in te samel nie,” sê hy.

Hy skroom ook nie om sy sojabone teen ‘n hoë plantestand te plant

nie. Die omgewing se klimaat en reënval maak dit moontlik dat

sommige kultivars teen ongeveer 410 000 plante per hektaar geplant

kan word. Maak by jou saadmaatskappy seker dat die kultivar teen

die regte plantestand geplant word.

Beplanning

Goeie beplanning is van kardinale belang. Die regte mikpunte moet

gestel word en daar moet aktief gestreef word om dit te bereik. Die

rol van kundiges in die bedryf moet nie onderskat word nie.

Die regte bemestings- en onkruiddoderaanbevelings is van kardinale

belang. Die bemarking van die produkte is, net soos produksie,

uiters belangrik.

“Of jy die graan opberg, dit vooraf deur voorseisoenkontrakte be-

mark of die prys verskans, is nie ter sake nie. Vind net ‘n manier om

jou graan teen ‘n bogemiddelde prys te bemark. Dit sal verseker jou

plaas se winsgewendheid verhoog,” beveel hy aan.

“Fokus op bestuur: Aksies moet tydig, korrek en presies uitgevoer

word,” beduie Roos. Hy is gelukkig om goeie plaaswerkers en seuns

te hê wat hul kant in die boerdery bring, ‘n pa wat hom ondersteun

en van raad voorsien en ‘n wonderlike vrou wat hom in alle opsig-

te bystaan.

“Sonder hulle en die genade van die Here is alles verlore en ‘n gejaag

na wind,” sluit hy af.

Vir meer inligting kan Gerrit Roos gekontak word by

Glroos@gmail

.

com.

1

3

2

1: Gerrit Roos – die spil waarom Roos Boerdery se sojaboon-

produksie draai.

2: Deur die blompakkies se hoeveelheid blommetjies bestuif te

verhoog, is daar ‘n betreklik goeie kans dat die opbrengste ook

verhoog sal word.

3: Die spuit is ‘n belangrike werktuig op die plaas. Maak seker

dat die spuitpunte gereeld vervang word en dat die spuit reg

ingestel is.