Background Image
Previous Page  46 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 46 / 112 Next Page
Page Background

Produk-inligting

Augustus 2017

44

En dan is daar dié rusperbandtrekkers

D

aar is rusperbandtrekkers...en dan is daar Challenger – die

enigste trekkers wat spesiaal vir rusperbande ontwerp

is. Challenger stel al twaalf jaar lank die standaard in

die plaaslike rusperbandmark en met sy kompakte

MT 700E-reeks voeg hy nuwe waarde toe vir produsente wat die

voordele van dié unieke tegnologie wil benut.

Die Challenger MT 700E-reeks bestaan uit twee modelle van

280 kW en 298 kW onderskeidelik en is die “kleinboet” van die

MT 800C-reeks (328 kW - 383 kW). Die grootste model, die MT 775E,

is in 2015 by die Sima-skou in Frankryk as Trekker van die Jaar in

die XXL-kategorie aangewys. Die reeks word versprei deur BHBW

(voorheen Barloworld Agriculture).

Die MT 700E is die opvolger van die MT 700C-reeks. Opgraderings

sluit in verhoogde kraglewering en ekstra wringkrag, verhoogde

hidrouliese vloei, ‘n groter brandstoftenk, ‘n groter kontak-area vir

die rusperbande en ‘n nuwe panoramiese kajuit – alles faktore wat

bydra tot meer produktiewe dae op die land.

Met die MT 700E-reeks kry jy nie net die voordele van rus-

perbandtegnologie nie; sy kompaktheid maak hom ook ongelooflik

veelsydig. Dit is trekkers wat vier of vyf keer per jaar winsgewend

benut kan word, vir enigiets van swaar ripwerk en skoffel tot plant

en die sleep van tapkarre.

Hidrouliese vloei van 324 liter per minuut beteken die trekkers kan

gebruik word om wydwerkplanters van tot 36 rye, groot saaiers en

ander presisieboerderytoerusting met groter hidrouliese vereistes

te sleep. Albei modelle het ‘n hysvermoë van 11,7 ton op die driepunt.

Die reeks word aangedryf deur brandstofdoeltreffende AGCO

Power-enjins en die MT 775E deur ‘n 9,8 liter AGCO Power-sewe-

silinderenjin met ‘n dubbele turbo. Dié enjins is ontwerp vir wring-

krag: Die MT 775E bied byvoorbeeld tot 1 921 Nm teen 1 500 opm

en ‘n wringkragreserwe van tot 42%. Jy kan dus die enjin se volle

krag benut en meer met minder brandstof gedoen kry – ook onder

swaar vrag.

Om vir plaaslike toestande voorsiening te maak is e

xtreme

application

-rusperbande standaard beskikbaar. Die spoorwydte

kan verstel word tussen 2 032 mm tot 3 048 mm.

Challenger-voorsprong

Challenger-trekkers is ontwerp rondom die gepatenteerde Mobil

Trac-onderstel. Die MT 700E-reeks se bande het elk drie paar

ossillerende binnewiele, sodat die trekker nooit “hop” nie. Dié

wiele verhoog die bande se kontak met die grond, wat beter traksie

meebring en grondverdigting verminder (en dus uiteindelik jou

oesopbrengs verhoog).

Danksy die langer voetspoor en beter traksie as ‘n vergelykbare

wieltrekker, word meer krag na die grond verplaas. Jy kan daarom

wyer implemente teen ‘n hoër werkspoed sleep, of dieselfde

implement trek met minder moeite en ‘n besparing op brandstof.

Wieltrekkers onder vrag werk teen ‘n gemiddelde wielglip van tot

15% teenoor Challenger se 4% tot 5% in dieselfde omstandighede.

Vir elke duisend uur gewerk sal ‘n wieltrekker derhalwe honderd

uur méér op een plek staan en diesel verbrand sonder om regtig

te werk.

Ander Challenger-voordele sluit in die rygerief wanneer op ongelyke

lande of oor rye gewerk word en groter stabiliteit teen skuinstes.

Kraglewering bly dieselfde ondanks veranderings in wielglip en

banddruk hoef nie gewysig te word nie.

Challengers is gebou vir ‘n lang lewe – daar is rusperbandtrekkers

in Suid-Afrika waarvan die uurmeter ná 25 000 uur weer van voor

af begin het. Boonop is die herverkoopwaarde uitstekend

– produsente het al hul ou trekkers verkoop teen dieselfde prys

waarvoor dit destyds aangeskaf is.

Boonop is alle Challenger-trekkers beskikbaar met ‘n BHBW-diens-

plan van 2 000 uur of drie jaar (watter een ook al eerste verstryk), wat

meganisasiebestuur vergemaklik en sorg vir groter gemoedsrus.

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

ANITA VAN ZYL,

namens BHBW Suid-Afrika