Wes-Kaapse graanproduksie
kry ‘n hupstoot met navorsing
V
olhoubaarheid, voedselsekerheid en klimaatsverandering
is gonswoorde wat amper elke dag gehoor word. Vir die
landbousektor is hierdie woorde egter ‘n daaglikse realiteit.
Die droogte in die noordelike dele van ons land voor-ver-
lede jaar en die afgelope twee seisoene se ondergemiddelde reën-
val in die Wes-Kaap, asook die huidige waterskaarste het net soveel
meer klem kom lê op die dringendheid om antwoorde vir hierdie
uitdagings te vind.
Navorsing speel ‘n integrale rol in die soeke na antwoorde en
praktiese oplossings. Dit is egter nie moontlik om hierdie tipe
navorsing in isolasie te doen nie. Om ander moontlikhede binne
hierdie stelsel-benadering na te vors, vereis ‘n multidissiplinêre
benadering wat nuwe toerusting-tegnologie insluit.
Die insluiting van hierdie nuwe tegnologie help om die bestaande
navorsing te bevorder en daarom is navorsing ook afhanklik van
die bedryf. In die Wes-Kaap is navorsers baie bevoorreg dat
die bedryf en produsente in die navorsing van die Direktoraat
Plantwetenskappe van die Wes-Kaapse Departement van Landbou
inkoop.
Dit is weer vanjaar die geval met besondere skenkings van
Equalizer en X-Farm. Hierdie skenkings volg op soortgelyke sken-
kings deur Rovic Leers en Piket Implemente.
Hoe pas die planters in by die
huidige navorsing?
Om die skenkings van hierdie maatskappye in konteks te plaas,
moet ons die agtergrond van die navorsing skets. Die langtermyn-
volhoubare produksiestelselproewe van die Direktoraat Plant-
wetenskappe (Wes-Kaapse Departement van Landbou) word op
sy eie navorsingsplase en by produsente, in beide die Swartland
(Langgewens) en Suid-Kaap (Tygerhoek, Napky en Riversdal), op
bewaringslandboubeginsels bestuur en is gemik op die verskaffing
van praktiese bestuursoplossings vir volhoubare produksie in ‘n
veranderende klimaat.
Bewaringslandbou berus op drie basiese beginsels: Minimale
versteuring van grond, diversiteit deur wisselbou en ‘n permanente
bedekking bo-op die grond, hetsy deur plante of plantreste.
Wanneer al drie hierdie beginsels as ‘n holistiese stelsel bestuur
word – met of sonder vee – word klimaatsverandering teengewerk
deurdat minder koolstofdioksied vrygestel word en meer van die
koolstof in die grond vasgevang word.
Minder wind- en watererosie is ook van die voordele wat uit hier-
die manier van produksie geput kan word. Oor tyd wys die stel-
selbenadering sy staal in volhoubaarheid van voedselproduksie
en dra dit sterk by tot voedselsekerheid. Bewaringslandbou is ook
een van die vyf strategieë wat deel uit maak van die Smart-Agriplan
wat die Wes-Kaapse Departement van Landbou opgestel het vir die
landbousektor om klimaatsverandering in die provinsie te bekamp.
Soos reeds genoem, is minimale versteuring van grond ‘n belangrike
bousteen van die bewaringslandboustelsel. Die stelsel doen weg
met die nodigheid van ‘n ploeg om ‘n saadbed voor te berei en maak
van gespesialiseerde planttoerusting gebruik om die saad in die
grond te plaas.
Dié spesialisplanters word geenbewerkingsplanters genoem en kan
van tande (
Foto 1
) of skywe (
Foto 2
) gebruik maak om die saadvoor
in die grond te maak. Die tandplanters versteur die grond bietjie
meer as skyfplanters en daarom word die Engelse terme eerder
gebruik om die masjinerie te beskryf. Tandplanters staan bekend
as
no-till
-planters en skyfplanters as
zero-till
-planters.
Tot op hede is daar van tandplanters in die proewe gebruik ge-
maak en het dit uitstekende resultate gelewer en daarom maak
die oorgrote meerderheid van graanprodusente in die Wes-Kaap
van hierdie tipe planters gebruik. Die strewe na die behoud van
bedekking bo-op die grond om as beskerming teen die wind, son
en verliese in grondvog te dien , het egter ‘n probleem begin skep in
die gebruik van die tandplanter.
Die tandplanter maak ‘n groef in die grond oop, wat ‘n minimale
oorgooi van grond veroorsaak om sodoende ‘n perfekte saadbed vir
die plasing van die saad in die groef te bewerkstellig. Sodra daar
baie plantreste bo-op die grond is, kan dit tussen die planter se
tande vashaak en probleme met die saadplasing en effektiwiteit van
die planters veroorsaak.
39
August 2017
FOKUS
Werktuie en toerusting
Spesiale
DR JOHANN STRAUSS,
Direktoraat Plantwetenskappe, Navorsing en Tegnologie Ontwikkelingsdienste,
Wes-Kaapse Departement van Landbou
1
2
1: Versteuring deur ‘n tandplanter (
no-till
).
2: Versteuring deur skyfplanter (
zero-till
).