Background Image
Previous Page  49 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 49 / 112 Next Page
Page Background

Produk-inligting

Gehalte en bekostigbare produkte

in Suid-Afrika vervaardig

V

ZS Potatoes is ‘n uitbreiding van die Van Zyl Staalwerke

groep. Ontwerp van die groente-aanleg en -toerusting

word behartig deur ‘n taakspan van ingenieurs en die

tekeninge word deur Solid Works ontwerp en aangepas.

Paklyne word egter op aanvraag en volgens spesifikasie van die

kliënt vervaardig. Paklyne sluit alle eenhede in: Van die was-

drom deur die verspreidinglyn, die gradeermasjinerie, tot by die

verpakkingslyne.

Oor die afgelope tyd is daar ook baie aandag geskenk aan ‘n

verskeidenheid tip- en sleepwaens. Uit hierdie ondersoeke en

ontwikkeling het verskeie nuwe produkte die mark betree en

boverwagte resultate gelewer.

Bykans alle modelle is deur die National Regulator for Compulsory

Specifications (NRCS) goedgekeur en is op die e-natis-stelsel.

Sytipwaens (

side tippers

)

Met ‘n opsie tussen ‘n 20 000 liter en 26 000 liter sleepwa,

word verskuiwing van graan vergemaklik en lewering ook meer

effektief. Alle materiaal word voorsien deur ‘n netwerk van ons

sleutelverskaffers wie se produkte van hoë gehalte is.

Die sleepwaens kom standaard met ‘n seil, haak agter om meer as

een sleepwa te trek en ook ‘n koppelstuk vir die ligte.

Dubbel-as-tipwa

Tans is die dubbel-as-tipwa een van die eenhede wat uitstekende

resultate lewer. Dit is ontwerp met die doel om die tipwa vir meer as

een taak aan te wend.

Dit is opsioneel beskikbaar met kuilvoerkante of vaste kante, wat

dit dan ook moontlik maak om graan te skuif. Die boonste raam

kan afbout en is dan geskik om as normale tipwa te gebruik vir

algemene werk.

Die dubbel-as-stelsel gee meer stabiliteit en die tipwa kan met

‘n kleiner trekker hanteer word. Verder word die reeks ondersteun

deur verskillende opsies met betrekking tot tipwaens – wat strek

vanaf 3 ton tot 15 ton tipwaens.

Voorbereiding

Voorbereiding en instandhouding van lande word vergemaklik

deur ons reeks van damskroppe, die sleepskraper en ‘n kontoer-dis.

Lande word voorberei vir die volgende seisoen en daar waar

verspoelings plaasgevind het, moet verbeterings aangebring word.

Sonder ‘n oormatige uitleg aan kapitaal is ‘n damskrop en pad-

skraper voldoende om die werk te verrig en soos genoem, is dit

werktuie wat veel meer as een taak kan verrig.

‘n Keuse van twee damskroppe – een van 3 m en een van 6 m – is

beskikbaar. ‘n Damskrop is ‘n werktuig waarvan die benaming eintlik

nie die volle potensiaal beskryf nie, aangesien meer werk met ‘n

skrop gedoen kan word as wat die naam alleen suggereer.

Grond wat verskuif moet word, kan met gemak verskuif word

sonder dat die vrag gedurende die rit verlore gaan. Waterbane en

algemene opvulling kan met gemak deur ‘n skrop gedoen word.

Kontoere skraap of paaie herstel word gemaklik met die padskraper

afgehandel. Dit is groot en stewig genoeg om nie terug te staan

vir die selfaangedrewe modelle nie. ‘n Lem van 3,6 m in breedte

en onafhanklike silinders op die agterwiele maak dit gemaklik om

die helling te verander. Een operateur is nodig op die werktuig om

beheer van die skraapaksie te behou en die trekkeroperateur wat

op die rigting fokus, maak spanwerk die sleutel tot sukses. Teen ‘n

gewig van meer as 4 ton en ‘n trekker van ongeveer 100 kW word

elke oppervlak egalig en doeltreffend geskraap.

By Van Zyl Staalwerke word produkte nie net vervaardig nie, maar

lewer ons ook ‘n diens deur herstelwerk en verkope van onderdele

deur drie takke. Met ‘n reputasie wat meer as 35 jaar jonk is, verstaan

ons die taal van produsente en word ‘n diens wat wyer as die Oos-

Vrystaat strek, gelewer.

Van Zyl Staalwerke se produkte is 100% Suid-Afrikaans: Vervaardig

in ons land sodat gehalte en bekostigbaarheid volhoubaar is. Ons

slagspreuk “Vir die boer” is presies dit. Bemarking word in enige

besigheid hoog aangeslaan met nuwe metodes en idees, maar die

belangrikste is die mond. Wat word deur die kliënt oorgedra na die

potensiële volgende kliënt?

47

August 2017

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

NIEL MARAIS,

Van Zyl Staalwerke

Paklyne word op aanvraag en volgens die spesifikasies van die

kliënt vervaardig.

Figuur 1: ‘n Voorbeeld van ‘n paklynkonsep.