Background Image
Previous Page  51 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 51 / 112 Next Page
Page Background

!!#

"

!!#

!

besparing maak verseker ‘n verskil in die kostes van die bewer-

kings en dit kan ‘n gedeelte van die verhoging in die kapitaaluit-

leg regverdig.

Grondverdigting is ook ‘n aspek wat heelwat bespreking uitlok. As

‘n wieltrekker in ‘n los bewerkte land ry, is daar heelwat verdigting.

Die rusperbandtrekkers veroorsaak ook verdigting, maar dit is

heelwat minder. ‘n Produsent in die Oostelike Hoëveld noem dat

hy in die verlede met sy bakkie in die trekker se spore in die

losbewerkte land kon ry sonder dat die bakkie se wiele ingesak het.

Noudat die trekkers met rusperbande toegerus is, sak die bakkie

se wiele in en kan daar nie meer in die spore gery word nie. Dit is

duidelik dat die wielkompaksie beduidend minder is.

Wieltrekkers het ook die nadeel dat die klomp wiele elkeen sy eie

spoor en verdigting veroorsaak. Met die rusperband is die opper-

vlakte wat die gewig moet dra groter, maar die rusperbande

verbreed nie die voetspoor nie, dit verleng dit binne standaard-

rywydtes. Daarteenoor moet standaardrubberbande sywaarts uit-

gebrei word om dieselfde voetspoor te verkry.

Rusperbandtrekkers hou ook heelwat ander voordele vir produsente

in. Die trekkers se beter trekkrag en die groter stabiliteit maak dit

moontlik om die beste implemente te sleep. Dit bring ook mee dat ‘n

kombinasie implemente wat hoë kilowatt vereis, gebruik kan word.

Uitdaging

Ongelukkig hou die gebruik van rusperbandtrekkers ook sekere

uitdagings in. Hul onderhoud is ‘n bietjie hoër as dié van wieltrekkers.

Die rusperbande se slytasie is hoër, maar as die regte spoed met

die trekkers gehandhaaf word, wil dit blyk of die bande nie

soveel slytasie opdoen nie. Dit is belangrik dat die trekkers

binne die vervaardigers se aanbevelings gebruik moet word om

instandhouding te beperk.

Die kapitaalkoste van die rusperbandtrekker is heelwat hoër as dié

van ‘n wieltrekker. Die effektiwiteit en doeltreffendheid van die

trekker moet hiervoor instaan. Produsente noem dat die effektiwi-

teit van die trekkers dan tussen 20% en 30% beter is. Met die meer

werk wat die trekker kan doen en die minder diesel wat die trekker

gebruik, dra dit by om die hoër kapitale uitleg te regverdig.

Produsente waarsku dat die trekker en implement akkuraat inge-

stel moet word. Indien dit nie gedoen word nie, kan die waarde

van die rubberrusperbande verlore gaan en kan dit daartoe lei dat

grondkompaksie verhoog word. Bestudeer die trekkers se hand-

leidings behoorlik. Dit is die moeite werd.

Kontak Pietman Botha by 082 759 2991 vir navrae.