Background Image
Previous Page  45 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 45 / 112 Next Page
Page Background

Piket Implemente

Die Hydraulic geenbewerkingsboor (

no-till drill

) beskik oor 20 dub-

belskyf-planteenhede met ‘n ryspasiëring van 254 mm. Die

dubbelskywe word voorafgegaan deur ‘n regop snyskottel en ge-

volg deur drukwiele (

Foto 10

).

Samevatting

Die Direktoraat Plantwetenskappe is besonder beïndruk met hier-

die nuwe planters, aangesien dit plaaslik vervaardig word en die

ontwerpers ons plaaslike toestande ken. Die grond in die Wes-Kaap

is altyd ‘n uitdaging omdat dit so vlak en klipperig is.

Daar is groot planne met die twee nuwe modelle en ons maak

alreeds planne om van volgende jaar af ook in die Swartland- en

ander Suid-Kaap-areas daarmee te plant. Daar gaan ook later

vanjaar ‘n “loop en gesels”-sessie op Tygerhoek gehou word, so-

dat produsente kan kom kyk hoe die gewasse lyk wat met hierdie

planters geplant is.

Die Wes-Kaap Departement van Landbou is trots daarop dat vennote

soos hierdie deel van sy navorsingspoging is en wil weer eens

hierdie maatskappye bedank vir hul bereidwilligheid om in

vennootskap met die departement na nuwe oplossings vir ons

kleingraanprodusente te soek.

Verder dra hierdie navorsing ook by tot die deurlopende ontwikkeling

en aanpassing van hierdie planters vir die ondersteuning van

optimale en volhoubare produksiepraktyke.

Vir meer inligting, kontak dr Johann Strauss by

johannst@elsenburg

.

com.

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

Wes-Kaapse graanproduksie kry hupstoot

10

10: Piket Implemente se geenbewerkingsboor (

no-till drill

).