Background Image
Previous Page  44 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 44 / 112 Next Page
Page Background

Produk-inligting

Augustus 2017

42

Jou stabiele voorsiener

van besproeiingstoerusting

M

et meer as 100 jaar se diens aan die landbou, is Agrico

tans een van die mees ervare voorsieners van alle

soorte besproeiing.

Die firma voorsien sedert die vroeë 1900’s pype, pompe en enjins

aan boerderye, sportvelde en tuine. Tegniese advies is ‘n deel

van die diens, wat naatloos strek van opmeting, beplanning tot

die suksesvolle installasie van die stelsel.

Agrico poog altyd om ‘n balans te handhaaf tussen eie vervaardi-

ging, invoere en plaaslike aankope. Die firma het fabrieke in

Bellville, op Lichtenburg en Nigel. Ons vervaardig onder meer:

Aluminium- en staalpasstukke;

Anjet f50- en f75-skyffilters;

Anjet-mikrospuite;

Bauer-tipe goukoppelpype;

Flomax-voetkleppe van 100 mm tot 500 mm;

gegalvaniseerde elektriese kleppe;

hidrantkleppe;

lineêre besproeiers;

Perrot-goukoppelpype;

polipype;

pomptoestelle;

PVC-pype;

rame vir pompe en motore; en

spilpunte.

Ons reeks toerusting vir toepassings in landbou, nywerhede, gholf-

bane en tuine word aangevul deur ingevoerde kwaliteitprodukte,

insluitende:

DAB-pompe;

NaanDanJain-mikrospuite;

Irritrol elektriese kleppe;

Irritrol-rekenaars;

Irritrol-spuite;

Nelson-drukreguleerders;

Nelson-spuite vir spilpunte;

Dorot-beheerkleppe;

Shakti-dompelpompe en -motore; en

Shakti-sonpompe.

Om die reeks te voltooi, word ‘n menigte van plaaslike firmas on-

dersteun deur die verspreiding van:

KSB-pompe;

elektriese motore en kabel;

elektriese skakeltuig;

staalpype;

Netafim-drupbesproeiing; en

Franklin-dompelmotore.

Agrico se ontwerpe is tegnies konserwatief. Dit behels onder meer:

Gebruik relatiewe groot pypdiameters om wrywing en ener-

giekoste te bespaar.

Elektromotore wat nie oorlaai word nie, selfs al word met ‘n

oop uitlaat gepomp.

Afmetings van suig- en stootpype word vir lae watervloeisnel-

hede ontwerp.

Selfspilpunte is gegalvaniseer met ‘n 100 mikron sinklaag in

plaas van die gebruiklike 65 mikron, vir ‘n langer lewensduur.

Stelsels wat volgens konserwatiewe beginsels ontwerp is, het ‘n

hoër aanvanklike koste, maar die totale koste oor die lewensduur

is baie laer weens:

Die besparing in elektrisiteit;

laer herstelkoste;

minder staantyd; en

verhoogde herverkoopwaarde.

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

ALFRED ANDRAG,

bedryfs- en bemarkingsdirekteur, Agrico

1: ‘n Agrico spilpunt met lineêre besproeiers.

2: ‘n KSB-pompstel en Azud-filterbank.

3: ‘n Agrico outomatiese spoelklep.

1

2

3