Background Image
Previous Page  50 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 50 / 112 Next Page
Page Background

Augustus 2017

48

Rusperbandtrekkers

het verseker ‘n plek

by Suid-Afrikaanse graanprodusente

D

aar sal altyd ‘n debat wees oor of rusperbandtrekkers

die oplossing vir ‘n groot aantal graanprodusente se

bewerkingsprobleme is. Die kostes vir die aankoop van só

‘n trekker is heelwat hoër, so is die addisionele effekti-

witeit en die ekstra besparing op brandstof die moeite werd?

Aangesien die enigste bron van inligting om hierdie vrae te beant-

woord van óf oorsee óf van die vervaardigers bekom moet word,

is ‘n klompie produsente wat reeds rusperbandtrekkers besit,

gekontak om hul ervaring met ons te deel. Produsente van die

Oostelike Hoëveld, Sentraal-Vrystaat en van die watertafelgronde

in Noordwes-Vrystaat is in dié verband gekontak.

Soms word die kilowatt van die trekker verkeerdelik as die alfa

en omega beskou. As hy net die regte hoeveelheid kilowatt

het, is alles reg. Dit is ongelukkig nie die geval nie, omdat soveel

energie verlore gaan vandat die enjin aangeskakel word totdat die

implement beweeg. Ongeveer 10% van die enjin se krag is verlore

as die kragaftakas of PTO gebruik word. Dit is bloot omdat daar

koppelaars is wat werk, ratte wat draai en hidrouliese pompe wat

moet funksioneer.

Die volgende belangrike kragmeetpunt word by die trekstang

gemeet. Dit is op hierdie punt waar die wielglip, trekkermassa

en terrein van werk in berekening gebring word. Die kilowatt

oorgedra na die grond is wat die effektiwiteit en doeltreffendheid

van die trekker bepaal en nie die kilowatt van die enjin na die finale

aandrywing nie.

Tabel 1

verskaf handige inligting wat gebruik kan word om vinnig

te bereken of ‘n trekker genoeg krag sal hê om ‘n implement te

kan sleep.

Uit hierdie inligting is dit duidelik dat die rusperbande die minste

trekkrag verloor, ongeag die grondtoestand. Dit beteken ‘n groot

besparing in brandstof.

Grondkompaksie

Kompaksie benadeel die groei van gewasse. Behalwe vir die verlies

in produksie, vereis dit boonop soveel energie om die verdigting

weer op te hef. Grondverdigting word net beperk deur óf die

grondoppervlakte te verhoog óf deur die gewig te verlaag; buiten

dít is daar nie veel wat gedoen kan word nie.

Indien ‘n 813 mm x 1 000 mm rubberrusperband met een stan-

daard 800/65r32 rubberband vergelyk word, verskaf die rusper-

band ‘n 6,4 keer groter voetspoor. Die gevolg hiervan is laer

grondkompaksie en groter stabiliteit.

Weens die hoër kilowatt beskikbaar by die trekstang, kan dieselfde

trekker dieselfde implement in dieselfde grond vinniger trek. Die

gevolg is dat daar met dieselfde trekker meer werk per dag gedoen

kan word.

Volgens een van die produsente waarmee ek gesels het, kan

hy nou sy lande in die winter bewerk – wat hy voorheen nie met

meer van dieselfde kilowatt trekkers gedoen kon kry nie. Volgens

hierdie produsent kan hy ongeveer 30% meer werk per dag

met die rusperbandtrekker gedoen kry. Dié stap bring mee dat

hy tydig sy gewasse geplant kan kry – wat weer tot hoër opbreng-

ste lei.

Verlaging in brandstofverbruik

Omdat die wielglip van die rusperbandtrekker heelwat minder as

dié van wieltrekkers is, moet daar ook ‘n verlaging in die brand-

stofverbruik van die rusperbandtrekkers wees. Hierdie produsente

noem dat hul dieselrekening per hektaar beduidend verminder het.

Afhangend van waar die produsente geleë is, wissel die besparing

tussen 10% en 30% per hektaar vir die aksies wat gemeet is. Hierdie

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

PIETMAN BOTHA,

SA Graan/Grain

redaksie

AANDRYWING

VASTE GROND

LOS GEBEITELDE

GROND

BAIE SAGTE GROND

GEMIDDELD

Tweewielaandrywing

0,72

0,67

0,55

0,64

Vierwielaandrywing

0,78

0,75

0,70

0,74

Rusperbandaandrywing

0,79

0,80

0,78

0,79

TABEL 1: DIE HOEVEELHEID KRAGAFTAKAS (PTO) KRAG WAT BY DIE TREKSTANG BESKIKBAAR SAL WEES VIR DIE TREK VAN ‘N

IMPLEMENT GEGEWE DIE TREKKER SE AANDRYWING EN DIE GRONDTOESTAND.

Graan SA/Sasol fotokompetisie