Background Image
Previous Page  91 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 91 / 116 Next Page
Page Background

RizoFos Maize

is 'n biologiese plantegroei reguleerder bestaande uit staafvormige bakterieë,

Pseudomonas fluorescens

, met

verskeie flagella (sterte wat help met beweging) wat kan voortgaan om te groei en hidroliserende ensieme te produseer (wat

proteïene, koolhidrate en vet molekules afbreek) selfs in die yskas. Die optimale temperatuur vir groei is 25-30°C.

Pseudomonas fluorescens

heg aan die wortels van

plante en sit van die glukose wat dit van plante verkry,

om in glukoonsuur. Die organiese suur is veral

suksesvol om kalsiumfosfate op te los omdat die

verbinding beide die pH van die grond verminder en

chelate met die metaalione vorm en daardeur fosfaat

oplos. Met ander woorde, as fosfaat gebind is met 'n

metaal-ioon soos kalsium, aluminium, of yster, kan die

chelaat bind aan hierdie ione en daardeur die

fosfaatgroep bevry om deur die plant opgeneem te

word. Die nabyheid van die plant en mikrobe in hierdie

geval, help die maklike opname van fosfaat deur plante.

Rizofos Maize oor 18 proewe in Suid-Afrika oor 3 jaar

Hoe P. fluorescens fosfaat oplos:

Reg Nr.: L 9405 Act 36 of 1947

Ai: Pseudomonas flourescens bakterië 1 x 10 cfu/ml

Data van ‘n mengsel van kommersiële en statistiese proewe

Ton/ Ha opbrengs verhoging

Gemiddelde toename

Middelburg

Ontwikkel en Geregistreer deur:

N Laboratories (PTY) LTD • Reg Nr: 2015/165672/07

No. 144. 2nd Avenue, Modder East Orchards, Delmas, 2210

Tel: +27 (0) 82 738 0080 • Faks: +27 (0) 86 547 6711

Bemark en Versprei deur:

MBFi (PTY) LTD • Reg Nr: 2013/211882/07

P.O Box 1137, Delmas, 2210

orders@mbfi.co.za

www.mbfi.co.za

OP PLAASVLAK

Saad

Daar is tans geen riglyne oor die saad se fisiese voorkoms nie. Hier moet die produsent sy eie

diskresie gebruik deur die volgende vrae te beantwoord:

Is die maatskappy waarby die produsent saad aankoop geregistreer by SANSOR?

Besit die maatskappy oor die nodige kennis om suiwer saad van hoë kwaliteit te verbou?

Hoe lyk die saad fisies wat aangebied word vir aankoop? Let op vir saadhuid-beskadiging.

Sal jy die saad eet (

Foto 2

)?

Is daar gevlekte of selfs sade wat moontlik siek lyk in die besending saad (

Foto 3

)?

Hoe word die saadsakke hanteer en wat was die omstandighede waaronder die saad

gestoor is voor verkope?

Stem die kiemingspersentasie wat aangedui is op die sakke ooreen met die

kiemingsertifikaat van die saadlot?

Dit is noodsaaklik dat die produsent seker maak dat die kultivar wat hy wil aanplant, geskik

is vir ‘n spesifieke omgewing. Indien die nodige inligting nie bestaan nie, sal dit ‘n goeie idee

wees om kultivars op die proef te stel deur klein aanplantings van die kultivars te maak om

waarnemings te doen oor die geskiktheid van die kultivars in die gespesifiseerde gebied.

Die goue reël in hierdie geval is om matigheid voor oë te hou. Moenie oorhaastig besluite

neem deur te groot te wil begin met grondboonaanplantings nie. Indien jy reeds ‘n gesoute

grondboonprodusent is, sal daar reeds die nodige wisselboustelsels in plek wees om kwaliteit

grondboonoeste te produseer.

Vir die beginner-grondboonprodusent is dit raadsaam om aanvanglik nie meer as 50 ha

grondbone te plant nie. Leer eers die gewas en kultivars ken, voordat daar groot aanplan-

tings gewaag word. Beplanning en kommunikasie is die sleutelwoorde by saadaankope.

Maak seker dat SANSOR gesertifiseerde saad aangekoop word om sodoende jouself en die

maatskappy baie hartseer te spaar.

Indien verdere inligting hieroor benodig word, kan jy vir Loureine Muller by

018 299 6100 of

SalomonL@arc.agric.za

kontak.

2: ‘n Voorbeeld van goeie kwaliteit saad.

3: ‘n Voorbeeld van swak kwaliteit saad.

Dít moet jy weet

2

3