Background Image
Previous Page  44 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 44 / 116 Next Page
Page Background

Optimum trekkerwerkverrigting

spaar brandstof

B

y die aankoop van ‘n trekker betaal ‘n produsent in rand- en

sentwaarde vir die optimale werkverrigting van ‘n trekker.

Ten einde hierdie waarde vir geld te verkry, is dit egter

noodsaaklik dat optimum enjinwerkverrigting en optimum

traksie gelyktydig aangespreek word.

‘n Enjin wat nie ten volle benut word nie, skep dikwels die illusie

van lae brandstofverbruik en derhalwe van koste-effektiwiteit. Indien

’n produsent egter die hoeveelheid werk wat die enjin doen verge-

lyk met die brandstofverbruik daarvan, sal hy dikwels merk dat

die brandstofverbruik in verhouding met die werkverrigting hoog is.

In tegniese terme word hier verwys na spesifieke brandstofverbruik

in terme van liter per kilowatt-uur brandstof gebruik deur die enjin.

Maksimum spesifieke brandstofdoeltreffendheid word verkry wan-

neer ‘n enjin baie na aan sy maksimum wringkrag werk. Dit is egter

nie prakties moontlik vir ‘n enjin om by die maksimum wringkrag

punt te werk nie. Indien ‘n maksimum drywingstoets op ‘n dieselenjin

gedoen word, word maksimum drywing bereik voordat maksimum

wringkrag bereik word.

Prakties sal ‘n enjinbelading ongeveer 80% van maksimum dry-

wing wees teen optimum trekkerwerkverrigting. Die rede daarvoor

is dat wrywingsverliese deur die ratkas en aandryfstelsel ‘n deel

van die totale enjindrywing beskikbaar, opneem. Rolweerstand en

wielglip neem ook ‘n persentasie van die totale enjinkrag op.

Omdat drywingsuitset van die enjin die produk is van enjinspoed

en wringkrag, impliseer dit dat, as die implement wat aan die

trekker gehaak of gemonteer word, nie die enjin teen volle

enjinspoed kan belas nie, daar gekompenseer kan word deur die

enjinspoed te verlaag en na ‘n hoër rat oor te skakel, wat dan weer ‘n

hoër wringkrag van die enjin vereis ten einde weer dieselfde enjin-

drywing te lewer. Baie produsente sal hierin die begrip van

gear up

throttle down

herken.

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

JOHAN VAN BILJON,

senior navorser: Meganisasie, LNR-Instituut vir Landbou-ingenieurswese