Background Image
Previous Page  49 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 49 / 116 Next Page
Page Background

Produk-inligting

Rusperbandtrekkers presteer

in Noordwes

H

y boer nie met mielies nie, maar met vog, sê mnr Dirk

Fourie van Schweizer-Reneke. Die afgelope jaar het

Challenger-rusperbandtrekkers hom gehelp om in straw-

we toestande spoorverkeer beter toe te pas, sy grond

se potensiaal optimaal te benut en meer produktief en ekonomies

te boer.

Fourie van Kameelkuil Boerdery het in Mei verlede jaar ‘n vloot

van 13 hoëkilowatt-wieltrekkers met sewe Challenger-rusperband-

trekkers vervang – drie MT 865C-modelle van 383 kW en vier

MT 765D-modelle van 260 kW. Met dié trekkers kan hy dieselfde

aantal hektare bewerk as met drie geartikuleerde trekkers (448 kW

en 411 kW) en tien seswieltrekkers (254 kW) in die verlede.

Sy hoofoorwegings met die aankoop van die Challenger-vloot was

winsgewende werkverrigting en om grondverdigting te beperk.

Dié produsent pas spoorverkeer toe in 96 cm-rye. Die MT 865’e

sleep skeurploeë met 16-tande wat 450 mm diep werk en al sewe

trekkers word in planttyd aangewend. In teenstelling met gearti-

kuleerde trekkers, kan die groter Challengers ook ekonomies gebruik

word om planters te sleep, sê hy.

“Met die Challengers kan ons dubbel so wyd werk as vroeër en ons

het ook die aantal bewerkings verminder van drie na twee deur die

skeurploeë aan te pas vir

strip till

, sodat ons nie meer afsonderlik

saadbedvoorbereiding doen nie. Minder verkeer op die land ver-

minder grondverdigting en ons het vanjaar die vrugte gepluk van

beter vogbewaring,” sê Fourie. “Ons het profielgate gegrawe en kan

die verskil duidelik sien.”

Die ontwerp van die rusperband, sy langer voetspoor en groter

vastrapvermoë as ooreenstemmende wieltrekkers help om grond-

verdigting tot die minimum te beperk.

Challenger-rusperbandtegnologie bring mee dat meer krag na

die grond verplaas word, wat beteken dat wyer implemente ge-

sleep kan word. Die reusehysvermoë van 14 ton gee ook groter

reserwekapasiteit om groot implemente doeltreffend te hanteer.

“Ons het 16-ry-skeurploeë met die geartikuleerde trekkers probeer

sleep, maar die wielglip was bloot te veel, meer as die aanvaarde

norm,” sê hy.

Wieltrekkers werk tipies teen ‘n wielglip van 15% – wat beteken dat

die trekker vir elke 1 m wat die wiel beweeg slegs 85 cm vorentoe

beweeg. Met rusperbande word maksimum trekstang-sleepkrag in

dieselfde omstandighede gewoonlik teen ‘n wielglip van 4% tot 5%

bereik. Vir elke 1 000 uur gewerk sal ‘n wieltrekker dus 100 uur méér

op een plek staan en diesel verbrand sonder om regtig te werk.

Brandstofbesparing

Brandstofbesparing was ‘n groot oorweging met die aankoop van

die trekkers. Met die rusperbandtrekkers bespaar hy met die skeur-

ploegbewerking gemiddeld 5 liter brandstof per hektaar en met

planttyd meer as 2 liter brandstof per hektaar. Daarby word die werk

ook veel vinniger afgehandel.

‘n Groot pluspunt is die Auto Steer-stelsel wat op die trekkers

gepas is en wat akkuraat is tot op 3 cm tot 5 cm, sê hy. “Dié vlak

van akkuraatheid is deurslaggewend wanneer jy spoorverkeer doen,

boonop met ‘n differensiële plantestand. Maande nadat die lande

gerip is, word die mielie- en sonneblompitte presies in die ry ge-

plaas en kunsmis word optimaal toegedien om maksimum opbrengs

te verseker.”

Hy skakel nou oor na ‘n 15-ry-bewerking om sy selfaangedrewe

spuite te akkommodeer en het die gerief dat die rusperbande ver-

stel kan word om by die nuwe rywydte in te skakel sodat die trek-

kers, stropers en spuite almal op dieselfde spoor kan loop.

Barloworld Agriculture se diensplan was

deel van die pakket toe Fourie die trekkers

aangekoop het. Die diensplan, wat vir al

Barloworld Agriculture se trekkers, stropers

en trekkers beskikbaar is, geld by trekkers

vir drie jaar of 2 000 uur (watter een ook

al eerste verstryk) en is uniek in plaaslike

landbou. “Die diensplan beteken dat ek met

‘n eenmalige betaling toekomstige dienste

finansier en skakel risiko’s soos stygings in

die prys van onderdele en arbeid uit,” sê hy.

“Boonop kan ek staatmaak op goeie diens

deur my plaaslike handelaar, Johnny Scholtz

van JBJ Machinery op Schweizer-Reneke,

gerugsteun deur die Challenger-span by

Barloworld Agriculture.”

Hoe geler; hoe mooier. Gary Halvorsen

(verkoopsbestuurder: Challenger by

Barloworld Agriculture), links, en Dirk Fourie

van Schweizer-Reneke met die aflewering

van Fourie se Challenger-vloot.

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

ANITA VAN ZYL,

namens Barloworld Agriculture

47

Augustus 2016