Background Image
Previous Page  40 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 40 / 116 Next Page
Page Background

Augustus 2016

38

Indien enige bewerking in die winter groot kluite breek, moet

dit eerder gestaak word tot wanneer vogtoestande meer aan-

vaarbaar is en kluite nie meer gebreek word nie.

Vermy onnodige bewerkings en veral onnodige diep bewer-

kings – insluitende skoffelbewerkings.

Grondbewerkings moet by die regte vogtoestande uitgevoer

word, anders het dit onnodige vogverliese. Die doeltreffend-

heid en effektiwiteit is swak en addisionele bewerkings mag

gedoen moet word. Dit geld ook vir te nat bewerkings waar

‘n smeeraksie in die grond ontstaan wat baie nadelig is vir

grondstruktuur, maar ook keerlae kan bevorder.

Bewerkings

Weens die groot wisseling in grondtipes wat voorkom, kan be-

werking vir die een grondtipe ‘n ideale bewerking ten opsigte van

vogbewaring en infiltrasie wees, maar kan dieselfde bewering vir

ander grondtipes groot gevare inhou.

Die rol van stoppels en plantmateriaal op die oppervlakte kan nie

oorbeklemtoon word nie. Soos

Tabel 2

aandui, word voginfiltrasie

in alle gevalle verhoog met stoppels op die oppervlakte, ongeag die

bewerinksmetode.

Net só help stoppels ook om vogverliese teen te werk terwyl die

grond ook baie koeler is. Verdamping vanaf ‘n stoppelbedekte

oppervlakte is minder as vanaf kaal grondoppervlaktes.

Winterbewerkings

Tabel 2 toon duidelik dat winterbewerkings beperk moet word tot

bewerkings wat goeie voginfiltrasie lewer en ook goeie vogbewaring

tot gevolg het. Bewerkings wat sodanige effekte lewer, is ‘n dis-

bewerking of vlak krapbewerkings nadat die stronke platgeslaan is.

Daar is ook negatiewe effekte van bewerking: Gevaartoestande

wat kan ontstaan, is wanneer sandgronde herhaaldelik gedis word

en ‘n te fyn oppervlaktetoestand ontstaan sodat die grond maklik

kan toeslaan en voginfiltrasie nadelig beïnvloed word.

Ander gevaarbewerkings is die

wetrip

-metode waar die grond

eers gerip word as die plante reeds ongeveer 30 cm is. As goeie

opvolgreën nie gou nadat die bewerking toegepas is voorkom nie,

ontstaan ‘n baie nadelige uitgedroogte grondtoestand by die plant

se wortelstelsel.

Die gebruik van ‘n ploeg op gronde van minder as 20% klei mag

na ‘n teenstelling klink wanneer ons na vogbenutting kyk, maar kan

tog regverdig word. Die soort gronde word gewoonlik in die Ooste-

like Hoëveld eerste geplant mits daar geploeg en geplant word.

Die minimum bogrondse vog word, deurdat die ploeg nat onder-

grond na bo bring, verhoog en daar kan dan in die nat grond geplant

word. Terselfdertyd lewer ‘n ploegbewerking goeie onkruidbe-

heer op die soort gronde wat gewoonlik ook dié is wat neig om te

nat te word.

Onkruide beskik oor goedgevormde aggressiewe wortelstelsels en

gebruik baie vog wat vir die produksie van graan beskikbaar kon

wees. Dit is dus noodsaaklik dat die lande skoon moet wees van

onkruid vir effektiewe graanproduksie.

Vogbewaring moet ten alle tye ons oogmerk wees, selfs in oor-

vloedige reënvaltye. Onnodige vog moet óf gestoor word vir kritiese

tye óf van die land verwyder word deur hidrologiese beplanning en

beheer. Vog is die grootste faktor wat opbrengste beïnvloed en moet

daar so effektief as moontlik daarmee gewerk word.

Dit is noodsaaklik dat die bewerking en beweringsdiepte by die

grondtipe pas. Die bewerking moet reg uitgevoer word en die

beweringsdiepte moet in ‘n profielgat bepaal word. Daar moet

gepoog word om die grond so vlak as moontlik te bewerk en die

meeste stoppels bo-op die grond gehou word. Stoppel kan die

vogbewaringsprodusent se beste vriend wees.

Siektebeheer is ook ‘n aspek wat aandag verdien. Soms kan

bewerking die siektesiklus breek en sodoende kan die produsent ‘n

paar siektevry jare verkry.

Bewerking is duur; poog dus om dit so goedkoop moontlik te doen

en om nog steeds die gestelde doelwitte te bereik.

Vir meer inligting oor bewerking van gronde in die Oostelike Hoë-

veld kan Sakkie Koster by 083 678 8485 gekontak word.

BEWERKINGSPRAKTYKE

INFILTRASIE AS PERSENTASIE VAN TOTALE REËNVAL

STOPPELS AFGEBRAND

STOPPELS GELAAT

Ploeg 250 mm

43

71

Ploeg 450 mm

41

70

Dis 100 mm

56

88

Krap (rip) 450 mm

37

94

Krap 250 mm

20

99

Geenbewerking

4

95

TABEL 2: INFILTRASIE VAN REËNVAL OP GRONDE WAT VERSKILLEND BEWERK IS.

Grondbewerkingspraktyke gerig op vogbenutting

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

Graan SA/Sasol fotokompetisie

– Jacqueline Huisman 2011