Background Image
Previous Page  50 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 50 / 116 Next Page
Page Background

Produk-inligting

Augustus 2016

48

Nuwe fokus vir familiebesigheid

A

grico beplan om sy meganisasie-afdeling, insluitend sy

John Deere- en ander invoeragentskappe, te verkoop. Die

firma gaan voortaan sy fokus verskerp op watersake en

produkte wat hy self vervaardig.

Afgri Equipment is gekontrakteer om die grootste deel van Agrico

se meganisasie-afdeling te koop – onderhewig aan regulatoriese

goedkeuring. Dié leier in verskeie landboudienste en -toerusting

vir presisieboerdery, sal sy taknetwerk uitbrei om kontinuïteit van

dienste te verseker. Dit sal ook bestaande finansiële oplossings en

insette aan klante insluit. Agrico gaan die res van die afdeling aan

ander meganisasie-handelaars verkoop.

Die maatskappy sal meer as 800 van sy 990 werknemers behou en

die firma sal voortgaan om in sy Suid-Afrikaanse vervaardigings-

en verspreidingsinfrastruktuur te belê. Die maatskappy het reeds

diep spore in die Suid-Afrikaanse landboubedryf getrap en het tans

27 takke landswyd. Die besigheid het ook onlangs sy eerste tak in

Lusaka, Zambië geopen.

Agrico is ‘n familiebesigheid. Paul Andrag het in 1896 vanaf Duits-

land voet aan wal in Kaapstad gesit om by die Morawiese Sen-

dinggenootskap naby Caledon aan te sluit. Sy taak was om die

handelstoor te bestuur. Hy het in 1904 ‘n eie sakeonderneming in

Kaapstad begin, wat hy later na Saron tussen Gouda en Porterville in

die Wes-Kaap verskuif het.

Hy het opgemerk dat plaaslike produsente sukkel omdat hulle nie

die regte toerusting gehad het nie en het besef dat Europese land-

boutoerusting heelwat kon bydra om die probleem op te los. Hy

het toe toerusting vanuit Europa begin invoer, insluitend bekende

handelsname soos KSB-pompe, Lanz en John Deere.

Sy vyf seuns het by die onderneming aangesluit en heelwat

baanbrekerstegnologie het deur produkte wat ingevoer is of plaas-

lik self ontwikkel en vervaardig is, op die Suid-Afrikaanse landbou-

mark beland.

Die Agrico handelsmerk is sedert 1950 gebruik. Die taknetwerk

van die besigheid het geleidelik gegroei danksy die aanvraag na sy

produkte. Vandag is die besigheid ‘n huishoudelike naam.

Drie fabrieke vervaardig ‘n verskeidenheid toerusting, wat trekkers,

implemente en ‘n omvattende reeks besproeiingsprodukte insluit.

Die maatskappy hou vas aan tradisionele waardes en kombineer dit

met nuwe, innoverende sakebeginsels en vervaardigingspraktyke

om kompeterend te wees en voortdurend nuwe oplossings vir klante

te bied. Die bestuurstyl is konserwatief. Agrico stel goeie diens

voorop en produsente se belange kom eerste. Die maatskappy se

bestaansreg is om klante te help om hulle besighede meer ekono-

mies en kompeterend te bedryf.

1: ‘n Agrico spilpunt.

2: ‘n Een toring hopper.

3: ‘n KSB-pompstelsel en Azud-filterbank.

4: ‘n Shakti-dompelpomp.

5: ‘n Agrico 4+250 trekker en skeurploeg.

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

ALFRED ANDRAG,

bedryfs- en bemarkingsdirekteur: Agrico

1

4

5

2

3