Background Image
Previous Page  47 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 47 / 116 Next Page
Page Background

!!#

"

!!#

!

Hier is ‘n riglyn van hoe vasgestel kan word of die trekker tot imple-

ment aanpassing korrek is:

Steek die implement effens dieper in die grond in terwyl jy

werk en let op wat gebeur met die wielglip.

As die wielglip nie opmerklik toeneem nie, beteken dit dat ’n

groter implement agter die trekker oorweeg kan word. As die

trekker begin ingrawe in die grond, is die implement waarskynlik

reg aangepas by die trekker.

Dit impliseer dat die implement die trekkertraksie reeds tot baie

na aan die optimum punt belas het.

Tesame hiermee kan die optimale enjinwerkpunt ook geëvalueer

word:

Steek weer die implement effens dieper in soos vir die traksie-

toets en let nou op wat gebeur met die enjinspoed.

Indien die enjinspoed nie opmerklik verander nie, beteken dit

dat die enjin nog baie reserwes het. Die enjin kan dus swaarder

belas word deur na ‘n hoër rat oor te skakel.

Daarenteen, as die enjinspoed opmerklik daal wanneer die

implement effens dieper ingesteek word, beteken dit dat die

enjinreserwes in terme van wringkrag nou uitgeput raak. Voor-

dat die implement dieper ingesteek is, het die enjin dus reeds

naby hierdie draaipunt gewerk en was die enjinvermoeë reeds

optimaal benut.

Met die uitvoer van albei hierdie toetse is optimum enjinwerkver-

rigting en optimum traksie gelyktydig aangespreek en die trekker sal

nou teen sy optimum werkverrigting werk.

Indien die trekker en implement die korrekte grootte kombinasie is

en die trekkerenjin se kapasiteit optimaal benut word en daarmee

saam die trekker optimaal werk ten opsigte van trekkragdrywing

en wielglip, sal die werkspoed in ha/uur optimaal wees en daar-

mee saam ook die spesifieke brandstofverbruik in liter/kW/uur laag

wees, wat kostebesparend vir die produsent sal wees.

Die trekker word dan ook optimaal benut ten opsigte van enjin-

kapasiteit, implementgrootte en werkspoed vir ‘n sekere bewerking

en grondtipe.

Vir meer inligting kan Johan van Biljon gekontak word

by 012 842 4000.