Background Image
Previous Page  43 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 43 / 116 Next Page
Page Background

Produk-inligting

Riepie-riepie-raai jy,

of meet jy om te weet?

K

ommersiële verbouing van voedsel is die enigste manier

om armoede en hongersnood af te weer. Daarteenoor, is

bestaansboerdery ‘n vangnet vir armoede en hongersnood

waaruit daar geen ontsnapping is nie. Ten einde

volhoubaar kommersieel te boer, moet noodwendig van werktuie

gebruik gemaak word wat produksieprosesse korrek, akkuraat en

doeltreffend kan verrig. In kommersiële landbou is doeltreffendheid,

spoed en tydigheid van uiterste belang. Rula-Agri het mnr Frans

Hugo, ‘n landbou-ingenieur, genader vir sy siening oor die filosofie

en wetenskap van moderne werktuie.

Grondbewerkingswerktuie

Grondbewerkingswerktuie se funksie is ten nouste gekoppel aan

die filosofie van: “Wat is nodig om aan grond te doen om produksie

te bevorder?” Dit wil sê: Moet grond diep of vlak bewerk word of

hoegenaamd bewerk word? Die wetenskap van fauna en flora, bokant

en veral onder die grond, asook fisiese en chemiese eienskappe van

die grond, bepaal wat is werklik nodig. Die werktuig moet daardie

taak vinnig, korrek en kostedoeltreffend verrig. Vervaardigers van

werktuie moet toerusting verskaf wat in pas is met die behoeftes en

vereistes van produsente, wat weer afhang van die standpunt van

die produsent oor grondbewerking en dit verskil verder ook tussen

die distrikte en klimaatstreke waar geproduseer word.

Oesbeskermingswerktuie

Oesbeskermingswerktuie soos spuitapparate se funksie is om

onkruide en plae te bestry, maar die spuitstowwe wat gebruik

word, moet gedurig aangepas word om weerstandbiedendheid te

oorkom. Die spuitapparaat moet elke soort formulering kan hanteer.

Die doeltreffendheid en die invloed van ‘n spuitapparaat op die

omgewing en die affektering van plante buite die teikengebied

bepaal watter wetenskap gebruik word in die spuit se ontwerp, wat

kan wissel tussen groot toedienings met groot druppels aan die

een kant en ultra-lae volume toediening met beheerde druppel-

groottes aan die ander kant.

Rula-Agri se benadering en visie

Kunsmistoediening en saadplasingsmetodes is jare lank al ‘n on-

derwerp van bespreking. Wat is die mees effektiewe manier om

bewerking te benader? Hoe wetenskaplik en analities word alle

hulpbronne en omgewingsfaktore in die produsent se produk-

siemetodes in ag geneem? Is die huidige bewerkingsprosesse

gelykmatig ingedeel om binne tyd en met beskikbare kW’s al die

aksies in te pas vir optimale produklewering? Is die implemente

optimaal saamgestel en ontwerp om so ver moontlik alles in een

proses te bewerk, soos saad, bemesting en gif. Riepie-riepie-raai jy

of meet jy om te weet?

Rula-Agri benader die vervaardiging van ons implemente streng

wetenskaplik en analities. Ons meet om te weet. Ons uitgangspunt

is om minimale bewerkingsmetodes in balans te bring met be-

proefde praktyke vir elke tipe distrik en land. Dié doelwit kan bereik

word in samewerking met agronomie, grondkunde en bemestings-

produkte. Ons neig om koste-effektief te bewerk om te bewaar.

Sleepweerstande word bepaal in elke grondtipe en vir elke im-

plement. Optimale raamstrukture word ontwikkel deur eindige

element-analises en materiaalvloeitegnieke word bevestig deur

diskrete element-modellering. Meganiese, hidrouliese en elektro-

niese ingenieursdissiplines word saamgevoeg om die pasmaak

implemente te produseer.

Volgende neem ons die produsent se unieke omstandighede in ag,

soos die oppervlakte wat bewerk moet word, die grootte kW trekkers

beskikbaar en die tipiese produksiemetodes. Die omvattende diens

kan ‘n produsent slegs op die pad sit van ekonomiese vooruitgang.

Rula-Agri het dr Gawie du Toit (grondkundige-konsultant) oor die

Rula-Agri Seedmax-planter uitgevra. Ons leef tans in ‘n wêreld

waar wetenskaplike en tegnologiese ontwikkeling byna geen perke

ken nie. Wat die landbou betref, het tegnologie beslis ook nie agter

gebly nie.

In dié verband moet spesiale klem geplaas word op ‘n revolusionêre

deurbraak van ‘n planter wat alle “grense” oorgesteek het en enig

van sy soort is – nie net in Suid-Afrika nie, maar in geheel die wêreld.

Hierdie werktuig is “uit die bodem van ons land tot die bodem van

ons land.” Inderdaad is die ontwerp (dinkkrag) en vervaardiging,

volbloed Suid-Afrikaans. Die hele konsep is nietemin sy tyd “ligjare

vooruit”. Sou daar van “presisie” gepraat wil word, kan hier kennis

geneem word van presiese toediening van misstof (tot die naaste

kilogram) en presiese stand toediening (wat varieer kan word)

volgens grondvariasie veral as gevolg van waterhouvermoë van die

grond. Satelliettegnologie en toepassing word tot sy uiterste toe

ingespan en gebruik. Hierdie werktuig is sonder twyfel enig van sy

soort op die universele landboutoneel.

Met Niel Armstrong se woorde: “Een klein tree vir ontwerp van ‘n

Rula-planter, maar een groot sprong vir mielieproduksie (asook

sojabone en sonneblom) in Suid-Afrika.”

41

Augustus 2016

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

ROELF ODENDAAL,

uitvoerende direketeur: Rula-Agri

Figuur 1: Eindige element-analises van ‘n planterraam.

Figuur 2: Diskrete element-modellering van ‘n kunsmistoediener.