Grondbewerkingspraktyke gerig
op maksimum vogbenutting
G
rondbewerking het sy grondslag gekry met die eerste
ontwerpte ploeg in 1730 met die hoofdoel om onkruid te
beheer. Hierdie stelling is nog lank daarna gehuldig, maar
soos kennis en insig verbreed het, het daar nog bykomen-
de motiewe vir bewerking ontstaan.
Veral met die koms van chemiese onkruiddoders het die doelwit
van onkruidbestryding deur bewerking effens vervaag en het die
klem verskuif na koste en doeltreffendheid.
Grondbewerking soos ons dit vandag ken, het ten doel om volge-
houe optimale gewasverbouing daar te stel. Dit kan alleenlik ver-
wesentlik word as grondbewaring, vogbewaring, die handhawing
van die grondstruktuur en die opbou van grondvrugbaarheid as
hoofdoel gestel word.
As ons aan die vereistes van vogbewaring voldoen, volg die ander
doelstellings vinnig.
Doelstellings
Dit is bekend dat grondvog een van die grootste enkele beperken-
de faktore by gewasproduksie in Suid-Afrika is. Dit is daarom
noodsaaklik dat die bewerkingspraktyke ingestel moet wees op
maksimum benutting van reënwater, wat gestalte vind in voginfil-
trasie en -bewaring.
Dit klink onrealisties om in ‘n nat seisoen met oortollige water
van vogbewaring te praat, maar ons plesier is gewoonlik van korte
duur. Die wintermaande is gewoonlik altyd in die Oostelike Hoëveld
droog met feitlik geen reënval nie en dit is juis in dié tyd wat ons
vog moet bewaar, omdat dit grootliks kan bepaal wanneer ons die
volgende seisoen kan begin plant.
Hoe meer vog oorgedra kan word na die volgende seisoen, hoe
hoër is die opbrengste in die volgende jaar.
Tabel 1
bevestig
hierdie stelling waar die braakstelsel meer vog oorgedra het as die
bonestelsel, wat weer meer oorgedra het as die monokultuurstelsel.
Daar moet altyd gepoog word om ten spyte van wissellende vog-
en reënvalsituasies, grondbewerkings- en saadbedvoorbereidings
só te kombineer dat die volgende vereistes nagekom word:
Vogverliese deur die wintermaande tot voor-planttyd moet tot
‘n minimum beperk word, veral deur winteronkruide aggressief
te beheer.
Die grondoppervlakte moet in so ‘n toestand gelaat word dat
maksimum reënvalinfiltrasie voor- en na-planttyd verkry word.
Saadbed-voorbereidingspraktyke moet daarop ingestel wees
dat met die minimum reënval vroeg in die seisoen geplant
kan word.
Die risiko-faktor van swak stand as gevolg van swak vogtoe-
stande in die saadbed, moet tot ‘n minimum beperk word.
Bewerkings- en saadbedvoorbereidingspraktyke moet daarop
gefokus wees om maksimum voordele ten opsigte van mega-
niese en chemiese onkruidbeheer te verkry.
Bewerkingspraktyke moet só gekies word dat die gewaswor-
tel, deur die groeiseisoen, die vogpotensiaal van die grond ten
volle kan benut.
Gevaarlike praktyke wat swak vogbenutting tot gevolg het en vermy
moet word, is die volgende:
Bly weg van bewerkings wat uitermate vogverliese in die
wintermaande tot gevolg het. Volstaan by vlak bewerkings wat
die stronke platsny en winteronkruide beheer.
Skeurploeg of diep krapbewerking in die winter mag nodig
wees waar keerlae in die grond voorkom en die plantwortels
nie in staat is om die grond se volle vogpotensiaal te benut
nie, maar grond moet nie onnodig bewerk word nie. Wanneer
sodanige bewerkings in die winter gedoen word, moet die grond
onmiddellik geseël word met ‘n dis of fyn krapbewerkings om
vogverlies te beperk.
37
Augustus 2016
FOKUS
Werktuie en toerusting
Spesiale
SAKKIE KOSTER,
Pioneer
JAARTAL
MIELIES OP BRAAK MIELIES OP BONE MIELIES OP MIELIES
1984/1985
2,82
2,72
2,39
1985/1986
5,83
5,09
4,20
1986/1987
5,26
5,80
4,77
1987/1988
6,99
6,75
7,58
1988/1989
6,36
5,77
5,63
1989/1990
8,32
8,39
8,28
1990/1991
7,17
6,95
7,08
Gemiddeld vir sewe jaar
6,11
5,92
5,70
TABEL 1: DIE EFFEK VAN OORGEDRAAGDE VOG OP DIE OPBRENGS VAN MIELIES IN ‘N
WISSELBOUSTELSEL (T/HA).
Graan SA/Sasol fotokompetisie