Background Image
Previous Page  34 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 34 / 116 Next Page
Page Background

Produk-inligting

Augustus 2016

32

Bobaas met brandstof

‘n

Jong

graanprodusent

van

Amersfoort sê sy MF 8690 van

250 kW bespaar hom tot 17,6%

liter brandstof per uur in verge-

lyking met ‘n ander trekker met soortgelyke

tegnologie en werk boonop vinniger. Dit, én

puik diens, is waarom hy nou op Massey

Ferguson-trekkers standaardiseer.

Mnr Johan van Niekerk boer saam met sy

pa, Jan, en broer, Koos. Hy lê hom sedert

2010 daarop toe om hul saaiboerdery uit

te brei en plant vandag 1 500 ha mielies,

sojabone en tef.

Sy hoofvereistes met die koop van ‘n

groot trekker twee jaar gelede was werk-

verrigting en ekonomie en goeie diens deur

sy handelaar. Nadat hy fabrikate vergelyk

het, was die antwoord ‘n MF 8690 van JWL

Landbou Voorsieners op Ermelo.

Die trekker sleep ‘n 19-tand-beitelploeg en ‘n

kontrasnyeg met ‘n werkswydte van 7 m. “Ek

en my pa ry self en die hoë spesifikasievlak

is presies wat ons soek. Die kombinasie van

enjin-, transmissie- en hysertegnologie is

onverbeterlik,” sê hy.

Die MF 8690 is toegerus met ‘n AGCO

Power-enjin en ‘n deurlopend-wisselende

transmissie (Dyna-VT) wat outomaties met

‘n Dynamic Tractor Management-stelsel

(DTM) beheer word. Die hysvermoë van

12 ton bied oorgenoeg reserwekapasiteit

dat implemente altyd effektief reageer.

“Met DTM stel jy die optimale werkspoed

vir die implement en die enjinomwentelinge

word so laag moontlik gehou en outomaties

aangepas om die spoed te handhaaf,” sê

Van Niekerk. “Jy druk net een knoppie en die

trekker sorg vir die res.”

Nog ‘n pluspunt is die suspensie op die

vooras, wat hidroulies met sensors beheer

word. Dit skakel

power hop

uit en sorg

vir uitstekende kragoordrag – wat help

om brandstofverbruik en werkspoed te

verbeter.

Brandstofbesparing

In Mei 2015 het Van Niekerk en ‘n mede-

produsent van Amersfoort ‘n toets met die

MF 8690 en ‘n mededingende trekker van

257 kW, met ‘n soortgelyke transmissie,

gedoen om brandstofverbruik en werks-

tempo te vergelyk.

Die twee trekkers is gelyktydig in dieselfde

grond getoets en verteenwoordigers van die

twee verskaffers was deurentyd betrokke.

Die trekkers is deur produsente bestuur en

daar was ‘n kontrolebeampte in elke kajuit.

Albei trekkers het ‘n 13-tand-CLG-beitel-

ploeg gesleep wat sover moontlik identies

ingestel is. Steektoetse is gedoen om

konstante werkdiepte te bevestig.

Die trekkers is tot die maksimum vlak met

diesel volgemaak, langs mekaar opgestel

en deur middel van radioverbinding afgesit.

Die werktyd was presies 60 minute. Hierna

is brandstof-aanvulling gemeet asook die

oppervlakte wat bewerk is.

Die MF 8690 het 13 liter, ofte wel 17,6%,

minder brandstof per uur gebruik. Teen ‘n

dieselprys van gemiddeld R11,70/liter is die

geprojekteerde brandstofbesparing oor die

leeftyd van die trekker (10 000 werksure) ‘n

hele R1,5 miljoen.

Boonop het die Massey die werk 8% vin-

niger voltooi, wat beteken jou bewerkings-

venster word beter benut én die trekker kan

gouer vir ander take aangewend word.

Mnr Piet Vorster (produkbestuurder:

Massey Ferguson by Barloworld Agricul-

ture) sê alhoewel die toets nie deur ‘n

erkende onafhanklike instansie gedoen

is nie en ook nie volgens die gebruiklike

toetsinstansie-norm van gm/kW/h nie,

bevestig dit die resultaat van toetse

wêreldwyd. “Die syfer sal verskil van

grondsoort tot grondsoort en afhang van

faktore soos werkdiepte en vog, maar

die Massey-pakket behoort altyd ‘n voor-

sprong te gee.”

Die Van Niekerks het intussen hul Massey-

vloot aangevul met twee MF 4708-trekkers

en meer onlangs, twee MF 6700-modelle

en twee hoëtegnologietrekkers uit die

MF 7600-reeks. Ook hier verwag Van

Niekerk brandstofbesparings: Die MF 4708

van 61 kW bespaar tot 20% op diesel met

die sleep van ‘n sestolsnyer teenoor ‘n ander

trekker van 68 kW wat voorheen gebruik is.

“Met vandag se marges en risiko’s, waar

jy jou hele plaas se waarde in die grond sit

net aan insetkoste, maak Massey Ferguson

dit vir ons moontlik om te bespaar op die

een ding waaroor ons wel beheer het

– brandstofkoste,” sê hy. “En met Werner

Nel en JWL Landbou Voorsieners weet ek

dat ek deur dik en dun kan staatmaak op

uithalerdiens.”

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

ANITA VAN ZYL,

namens Barloworld Agriculture

Christiaan Gouws (Barloworld Agriculture),

Johan van Niekerk en Werner Nel by

Van Niekerk se MF 8690.