Background Image
Previous Page  29 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 29 / 116 Next Page
Page Background

Produk-inligting

Maak kennis met die koning

van beitelploeë

D

ie 2410-beitelploeg van John Deere hou verskeie voordele

vir graanprodusente in. Boonop kan dit ‘n produsent

heelwat aan diesel, tyd en arbeid bespaar.

“Met die meerdoelige beitelploeg kan ‘n produsent 40 ha binne

twee uur bewerk met ‘n groot besparing in dieselverbruik,” sê mnr

Pierre Bosman (derdegeslagprodusent van die plaas Middelwater

in die Bloemfontein-distrik). Die beitelploeg is ‘n meerdoelige

werktuig wat uitstekend werk wanneer dit nodig is om grond vlak

te bewerk om sodoende ‘n droë “oppervlakkombersie” te skep vir

vogbewaring onder die grond.

Die verskillende toepassings sluit in akkurate grondbewerking

met die gebruik van John Deere AccuDepth™-dieptebeheer.

Die 2410 is die koning van die beitelploeë met uitstekende

grondbestuurfunksionaliteit wat lei tot hoër produktiwiteit, minder

tyd in die lande en laer bedryfskoste.

Vogbewaring

Beitelploeë word sedert die 1930’s gebruik as ‘n alternatiewe metode

tot grondbewerking om erosie te bekamp. Omdat die beitelploeg

die oppervlakkors breek, beperk dit die vloei van water, wat erosie

verhoed.

Skottelwerktuie werk die stoppels in die grond in. Die beitelploeg,

daarteenoor, is die ideale werktuig om grond los te maak, stoppels

op die oppervlakte te laat en ‘n perfekte saadbedding voor te berei

– ‘n voorvereiste vir die ontwikkeling van ‘n gesonde wortelstelsel.

In die Bosmans se geval gebruik hulle die 2410-beitelploeg om die

land met ‘n vlerkskaaraksie skoon te skoffel nadat geoes is. Die

besparing aan diesel, tyd en arbeid met die ploeg is aansienlik meer

as met ander werktuie omdat dit 19,2 m wyd kan werk. Gevolglik is

daar minder verkeer op landerye en die verdigting van grond word

tot ‘n minimum beperk.

Nog ‘n voordeel van die beitelploeg is sy vermoë om soos ‘n

slang oor die oppervlak van lande te seil. Die eienskap, saam met

John Deere se AccuDepth™, beteken konsekwente dieptebeheer

oor ongelyke grondoppervlakke, wat lei tot ‘n goeie saadbedding en

onkruidbekamping.

Met AccuDepth™ kan diepteverstellings in die ry gemaak word. Dit

verminder staantyd vergeleke met handverstellings op soortgelyke

werktuie en dra by tot hoër produktiwiteit.

Presisiedieptebeheer is uiters belangrik om kunsmis in die grond in

te werk en goeie grondbestuur toe te pas. Grondtipes verskil van

plaas tot plaas en selfs in dieselfde lande. Daarom is dit belangrik om

jou werktuig dienooreenkomstig aan te pas.

AccuDepth™ word elektronies beheer vanaf die 2630 GreenStar™-

beheerskerm wat die diepte van die bewerking aanpas. ‘n Opsie

is beskikbaar vir ouer trekkers om die werktuig met ‘n meganiese

enkelpuntdieptebeheer te laat werk.

Die 2410 se gewig word versprei met Walk-Over™-loopwiele wat

verseker dat die werktuig teen die optimale diepte werk.

Die kilowatt-vereiste hang van die grondtipe af. Die dieper bewerking

van kleigrond vereis ‘n hoër kW-trekker, terwyl die vlakker bewerking

van sandgrond ‘n laer kW-trekker benodig.

Voordele

Die beitelploeg is ‘n bate wat in waarde toeneem. Onderhoud is

beperk tot skaarslytasie, terwyl die produsent die langtermynvoor-

dele van ‘n laer dieselverbruik benut.

Groot besparings soos dié maak die werktuig die moeite werd vir

kommersiële produsente. Die 2410-beitelploeg kan die oplossing vir

talle kommersiële graanprodusente wees.

Bosman, wie se hart ooglopend groen klop, sluit af: “John Deere is

nie ‘n werktuig of ‘n trekker nie, dit is ‘n manier van boer. En om te

boer is nie werk nie, dit is ‘n manier van leef.”

Die 2410-beitelploeg is beskikbaar in groottes van ‘n enkel-seksie

van 3,3 m tot vyf seksies van 19,2 m. Dit kan tot 305 mm diep werk.

27

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

MARIEKE SNYMAN,

namens John Deere Financial

Die John Deere 2410 is ‘n meerdoelige werktuig wat grond akkuraat kan bewerk.

Augustus 2016