Background Image
Previous Page  33 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 33 / 116 Next Page
Page Background

implement getel word. Die trekker kan sterk genoeg wees om die

planter te trek, maar sodra die kragaftakas ingeskakel word, is daar

net nie genoeg krag nie. ‘n Goeie voorbeeld is waar ‘n lugdruk-

planter deur ‘n kleinerige trekker getrek word. Die trekker is sterk

genoeg om die planter te trek, maar sodra die kragaftakas ook

gebruik word, is die trekker se “asem” te min.

Land-effektiwiteit is ‘n ander faktor wat baie keer oor die hoof ge-

sien word. Sorg dat die tyd wat die trekker neem om by die land se

punt te draai, geminimaliseer word. Dit sal die effektiwiteit van die

trekker laat toeneem. Bepaal die bewerkingsrigting – indien moontlik

– só dat die langste ritte gery word.

Dit sal daartoe aanleiding gee dat die aantal hektare bewerk per

dag sal toeneem en daarmee saam die effektiewe aanwending

van beide diesel en kapitaal. As kleiner trekkers met ‘n baie groot

trekker vervang word, kan werk in klein landjies ‘n probleem wees.

As daar besluit is om die ou trekker met ‘n nuwe te vervang, is dit

‘n goeie praktyk om die nuwe trekker op die plaas te toets. Maak

seker jy weet wat die ou trekker se dieselgebruik vir ‘n spesifieke

aksie is en toets die nuwe trekker om seker te maak dat hy wel ligter

is as die ou trekker. As die nuwe trekker ligter op dieselgebruik is,

sal dit sin maak om die ou trekker te vervang. Die besparing op

dieselgebruik kan die paaiement help betaal.

Daar is baie inligting rakende sekere trekkers beskikbaar. Besoek

gerus die Nebraska Universiteit se trekkertoetslaboratorium aanlyn

om volledige toetsverslae van die meeste trekkers te verkry. Hierdie

toetse kan gebruik word om verskillende trekkers mee te vergelyk.

Een van die belangrikste punte wat oorweeg moet word, is of die

boerdery se winsgewendheid die nuwe trekker kan bekostig. Maak

voorsiening deur die hele kontantstroom te ontleed, gebruik die

belastingvoordele om die trekker so vinnig moontlik te betaal en

bepaal die risiko wat die boerdery moet dra.

Dit is belangrik om te weet of die trekker of toerusting die wins-

gewendheid van die boerdery gaan verhoog. As die antwoord ja

is, koop die trekker met ‘n geruste hart. Anders is dit beter om nog

eers ‘n bietjie daaroor te dink.

Vir meer inligting en hulp met die besluit oor trekker- en land-

boumasjinerie-aankope, kontak Pietman Botha by 082 759 2991.

Graan SA/Sasol fotokompetisie

– Riaan Potgieter 2014