Background Image
Previous Page  37 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 37 / 116 Next Page
Page Background

Produk-inligting

Jou afstandwaarnemingsvennoot

in landbou

13 nuwe stropers oorhandig

A

griSig™ is ‘n landboutegnologiemaatskappy wat spesiali-

seer in die verskaffing van ‘n wye spektrum nuwe afstand-

waarnemings- en risikobestuursprodukte, oplossings en

inligting vir die landboumark in Suid-Afrika.

Afstandwaarneming gee jou gefokusde insig op plaasvlak deur die

versameling en interpretasie van hoëwaarde data.

Meer spesifiek sluit dit in die versameling van inligting deur hoë-

resolusiebeelde met behulp van satelliete en

drones

of

unmanned

aerial vehicles

(UAV’s), verwerking, prosessering en analise van hier-

die inligting en die verskaffing van intydse (groeiseisoen) oplossings.

Die maatskappy gee gespesialiseerde seisoenale afstandwaarne-

mingsprodukte (wat jou gewas se variasie uitwys en betyds risi-

ko’s identifiseer) direk gelewer op die kliënte se eie elektroniese

gebruikersvriendelike profiel.

Ons het samewerkingsooreenkomste met van die wêreld se mees

tegnologies gevorderde satellietmaatskappye wat die beste dek-

king in Suider-Afrika bied met satellietbeelde. Ons het toegang

tot hoëresolusie (3 m - 5 m) satellietbeelde binne agt ure nadat dit

deur die satelliet geneem is en kan ons dit via ons internetplatform,

in verslagformaat, aan ‘n kliënt gee binne twee werksdae. Ons pro-

dukte word spesifiek geformuleer rondom jou behoeftes en die

koste word bereken per hektaar van plantbare gewas.

Die satellietprodukte stel jou in staat om beide visuele en analitiese

insig te verkry oor jou totale aangeplante gewas deur die seisoen

en groeifases. Ons voorsien jou van hoëresolusie visuele beelde en

gesoneerde

normalised difference vegetation index

(NDVI) beelde

wat die presiese variasie in hektare weergee.

Ons verskaf posisiegekorrigeerde (GPS) inspeksiepunte per sone

sodat daar vasgestel kan word wat die oorsaak van die variasie is om

intydregstellings te kan doen. Dit stel die kliënt in staat om besluite

te neem wat nie net sy finansies nie, maar ook sy optredes raak.

Elke produk sluit in:

Posisiegekorrigeerde Ortho-foto’s;

Variasieontledingskaarte (soos NDVI of NIR);

Regstellingskaarte (PDF); en

Presisiekaarte (elektronies-.shp).

Dit is ‘n tegnologies gevorderde bestuurshulpmiddel om alle

fasette van presisieboerdery saam te vat en doelgerigte besluite te

kan neem.

G

edurende Februarie vanjaar is 13 nuwe Claas stropers aan

hulle eienaars op Bultfontein oorhandig. Die stropers is

deur mnr Dirk Pretorius en sy bestuurspan verkoop – wat

Claas nog nie lank op die dorp bedryf nie en bygestaan

word deur ‘n gemotiveerde span.

Die stropers is tydens ‘n geselligheid oorhandig en elke eienaar het

‘n miniatuurstroper as ‘n geskenk gekry. Die 13 stropers is om en in

Claas se werkswinkel getrek en verskeie besoekers het saam met die

eienaars en hulle gades die aand geniet. Die nodige verwelkoming

en bedankings is gedoen waarna die oorhandiging gedoen is.

Ons wens elke produsent sukses toe met hulle oeste en dat baie

tonne daarmee afgestroop sal word.

1: 13 nuwe Claas stropers is aan hulle eienaars op Bultfontein

oorhandig. Agter: Michael Howell (nasionale bemarkingsbestuurder:

Kempston Agri), Jan Earle (Buo-koper), Ben Bamberger (streeks-

bestuurder: Kempston Agri), Jaap Bornman (Buo-koper), Jan du Toit

(Makwassie-koper), Christoff du Toit (Makwassie-koper) en Mark Carter

(verteenwoordiger: Claas Duitsland). Voor: Tjop Bouwer (Ventersdorp-

koper), Willem du Plessis (Buo-koper), Piet van Rensburg (Buo-koper),

Milne Bredenkamp (jr) (Buo-koper) en AC van Wyk (Buo-koper).

Afwesig: John Gossyn (Viljoenskroon-koper), Johan Pistorius (Ermelo-

koper), Hein Maree (Piet Retief-koper) en Deon Bresler (Buo-koper).

2: Dit was ‘n besondere geleentheid vir Bultfontein dat, selfs in die

droogtetyd, soveel stropers oorhandig kon word.

35

Augustus 2016

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

CHANTAL YAZBEK,

hoofuitvoerende beampte: AgriSig

LINDA DU PLESSIS,

korrespondent van Bultfontein

1

2