Background Image
Previous Page  32 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 32 / 116 Next Page
Page Background

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

Grondkompaksie behoort ‘n kritiese meetpunt in enige bewerking te

wees. Onthou as ‘n duimreël: Hoe swaarder die trekker, hoe meer

die grondkompaksie, hoe minder die wielglip. Dit maak daarom sin

om die trekker se massa by die werk wat hy moet doen, aan te pas.

As wielglip ‘n probleem is, maak die trekker bietjie swaarder. As die

werk lig is, haal die gewigte af. Die belangrikste is om die trekker

optimaal te benut. Moenie ‘n baie swaar trekker gebruik as ‘n ligter,

kleiner trekker beskikbaar is wat die werk goed kan doen nie.

Tog is dit nie altyd die geval nie. Soms het ‘n mens ‘n swaar trekker

nodig om ‘n implement of wa te kan hanteer. Dink maar aan die

nuwe neiging om groot oorlaaiwaens te gebruik. Alhoewel ‘n 70 kW-

trekker genoeg krag het om die wa te trek, is die trekker nét te lig om

die wa veilig met ‘n vrag te hanteer.

In die geval van implemente wat baie hidrouliese kapasiteit en

vloei benodig, soos byvoorbeeld ‘n presisielugdrukplanter, sal die

kleiner trekkers nie noodwendig die vermoë hê om die hoeveelheid

olie te lewer nie. Die trekker kan wel sterk genoeg wees, maar kan nie

die implement trek nie. Daar is verskeie maniere om die probleem

te oorkom, maar neem vooraf kennis dat dit ekstra geld gaan kos.

Sommige implemente benodig aandrywing vanaf die kragaftakas.

Krag wat só gebruik word, moet by die drywingvereiste van die

TIPE TREKKERAANDRYWING

VASTE GROND

LOS GEBEITELDE GROND

BAIE SAGTE GROND

Tweewielaandrywing

0,72

0,67

0,55

Vierwielaandrywing

0,78

0,75

0,70

Rusperbandaandrywing

0,79

0,80

0,78

TABEL 1: DIE HOEVEELHEID KRAGAFTAKAS-KRAG WAT BY DIE TREKSTANG BESKIKBAAR SAL WEES VIR DIE TREK VAN ‘N IMPLEMENT

GEGEWE DIE TIPE TREKKERAANDRYWING EN DIE GRONDTOESTAND.

Trekker koop is nié perdekoop nie