Background Image
Previous Page  31 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 31 / 116 Next Page
Page Background

Massa van die trekker (kg).

Die energiegebruik van die trekkerenjin (liter diesel per uur).

Hoe gaan die trekker of toerusting die

effektiwiteit van die boerdery verhoog

of beskerm?

Die beskikbaarheid van tegnici en onderdele as daar herstelwerk

of dienste gedoen moet word, is krities.

Die gemak binne die trekker kan die drywer se effektiwiteit

verhoog.

Beskik die trekker oor die tegnologie om presisietoerusting, soos

auto steer

, te kan hanteer of om die verlangde data te versamel?

Tot watter mate gaan die aankoop van die nuwe toerusting die

effektiwiteit en doeltreffendheid van die besigheid verhoog?

Soms mag mens foutiewelik aanneem dat die kilowatt van die

trekker die alfa en omega is. ‘n Mens glo dat as hy net die regte hoe-

veelheid kilowatt het, is alles reg. Dit is ongelukkig nie die geval nie,

aangesien heelwat energie verlore gaan van die oomblik af dat die

enjin aangeskakel word totdat die implement beweeg. Ongeveer

10% van die enjin se krag gaan verlore as die kragaftakas (PTO)

gebruik word. Dit is bloot omdat daar koppelaars is wat werk, ratte

wat draai en hidrouliese pompe wat werk.

Die volgende belangrike kragmeetpunt is by die trekstang. By hier-

die punt word die wielglip, trekkermassa en terrein van werk in

berekening gebring.

Tabel 1

verskaf handige inligting wat gebruik

kan word om vinnig te bereken of ‘n trekker genoeg krag sal hê om

‘n implement te kan sleep.

Uit hierdie inligting is dit duidelik dat die rusperbande die minste

trekkrag verloor – ongeag die grondtoestand. Maak ‘n som en besluit

dan of ‘n tweewiel-, vierwiel- of rusperbandtrekker gekoop moet

word. Vergelyk die besparing in diesel met die ekstra koste betrokke

by die aankoop van die trekker.

Dit is belangrik dat elke produsent sal bepaal hoeveel die wielglip

van sy trekker per aksie is. Hoe minder die wielglip, hoe beter die

effektiwiteit en hoe laer die koste. Wielglip is een faktor wat bestuur

kan word.

Een manier om dit te bestuur, is om die massa en belading van die

trekker aan te pas, maar soms kan die wielglip net verlaag word

deur ‘n kleiner implement te sleep. Hou in gedagte dat wielglip

by sommige trekkerhandelsmerke en -modelle ‘n manier is om

die trekker te beskerm. Dit sal raadsaam wees om die trekker se

handleiding te raadpleeg ten einde die optimale wielglip vir die

grond en grondtoestand te bepaal.

Die trekker se hoeveelheid wiele, wiel- en bandgroottes het ‘n

direkte impak op dieselgebruik, wielglip en kompaksie. Hoe groter

en wyer die bande is, hoe minder is die kompaksie gewoonlik. Dit

kan egter ook die wielglip benadeel. Gewoonlik is die bande waar-

mee die trekker uitkom, die beste vir die trekker en die algemene

gebruik van die trekker.

As daar van ‘n spoorverkeerstelsel gebruik gemaak word, maak

seker dat die nuwe toerusting by die stelsel inpas en dat die trekkers

en stropers kan spoor. Andersins moet maniere bedink word om die

probleem te oorkom.