Background Image
Previous Page  30 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 30 / 116 Next Page
Page Background

Trekker koop is nié perdekoop nie

G

root, blink en mooi word gewoonlik geassosieer met die

beste, maar gelukkig is dit in die meeste gevalle glad nie

waar nie. Om ‘n slim besluit rakende landboumasjinerie-

aankope te neem, vereis heelwat meer boekwerk as wat

algemeen aanvaar word.

Jy as koper moet voor die tyd vir jouself die volgende uitklaar:

Wat is my meganisasiedoelwitte?

Hoekom het ek die masjien nodig?

Is dit regtig nodig?

Kan ek dit nie huur of saam met iemand anders koop nie?

Wil ek net vervang of moet ek vervang?

Gaan ek meganiseer om arbeid en afhanklikheid van arbeid te

verminder?

Dit beteken nuwe, groter trekkers en ‘n reeks implemente.

Gereelde vervanging om brekasies in werkstyd te verminder,

word vereis.

Gaan ek nuwe tegnologie inbring om die effektiwiteit en doel-

treffendheid van die besigheid te verhoog en uiteindelik die

winsgewendheid te verhoog?

Gegewe die nuwe verbouingstelsels en tegnologie, móét ek

nuwe trekkers en toerusting aanskaf?

Hoe belangrik is die herverkoopwaarde van die trekker vir my?

Watter take moet hierdie masjien uitvoer

en hoe lank het hy om dit te doen?

Primêre bewerking is baie belangrik, maar die masjien het dalk

meer tyd om dit te doen en ander trekkers kan dalk ook met

hierdie taak help.

Die plantvenster bepaal die tyd waarbinne ‘n klomp van die

ander take uitgevoer moet word. Die verbouing van meer as een

gewas kan die plantvenster verleng.

Die toediening van onkruid- en plaagdoder is tydsgebonde.

Maak seker dat hierdie take tydig, effektief en doeltreffend uit-

gevoer word.

Die insameling van die oes kan ook tydsgebonde wees. Meer as

een gewas kan egter die oesvenster verleng.

Wat is die vereistes wat aan die nuwe

trekkers gestel word om die take te

kan verrig?

Die kragbehoefte waaraan die trekker moet voldoen (kW).

Die hidrouliese kapasiteit van die trekker en die behoeftes van

die implemente (vloei en druk).

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

PIETMAN BOTHA,

SA Graan/Grain

medewerker