Background Image
Previous Page  26 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 26 / 116 Next Page
Page Background

Augustus 2016

24

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

Landboumasjineriemark weerspieël

ekonomiese toestand in graanbedryf

CORNÉ LOUW,

senior ekonoom: Graan SA

INSET

-oorsig

t

rekkerverkope gee normaalweg ‘n goeie aanduiding van

die ekonomiese toestand oftewel die gesondheid van die

graanbedryf in Suid-Afrika. Trekkerverkope vir 2015 was

20% laer as in 2014 en vir die jaar tot dusver (Junie 2016) is

verkope reeds 10,8% laer as vir dieselfde periode verlede

jaar. Die verkope in 2015 was 10% laer as in die gemiddelde

verkope die afgelope tien jaar.

Stroperverkope vir 2015 was 37% laer as in 2014 en vir die jaar tot

dusver (Junie 2016) is verkope 11,9% laer as vir dieselfde periode

‘n jaar gelede.

Omdat die graanbedryf die grootste deel

van trekker- en stroperaankope uitmaak,

illustreer hierdie trae verkope dat die graan-

bedryf in Suid-Afrika deur ‘n moeilike ekono-

miese tyd gaan. Die nuutste tendense in

die plaaslike landboumasjineriemark (hoof-

saaklik gefokus op trekkers) word verder

uiteengesit in die artikel. Die data is geskoei

op inligting verkry vanaf Agfacts.

Landboumasjineriepryse

Omrede ‘n groot komponent van die land-

boumasjinerie wat in Suid-Afrika gebruik

word, ingevoer word, het die wisselkoers ‘n

groot impak op landboumasjineriepryse. Die

rand het in Junie vanjaar teen ‘n gemiddeld

van R15,08 teenoor die dollar verhandel,

terwyl dit ‘n jaar gelede teen R12,31

verhandel het. Hierdie verswakking van

23% het ‘n bepalende rol in prysstygings

die afgelope jaar gespeel.

Die jaar tot jaar-prysveranderinge van die

verskillende kategorieë landboumasjinerie

kan in

Tabel 1

waargeneem word. Land-

boumasjineriepryse het gemiddeld vanaf

Junie 2015 tot Junie 2016 met 16% gestyg,

terwyl trekkerpryse gemiddeld met

19,4% toegeneem het. Die stygende prys-

tendense van trekkers en stropers het ‘n

bietjie verlangsaam terwyl die stygende

prystendens van hooi- en veevoertoe-

rusting en implemente toegeneem het.

Trekkerverkope

Grafiek 1

toon die jaarlikse trekkerverkope

tesame met die gemiddelde verkope,

vanaf 1995 tot 2015. Hierdie syfers sluit slegs plaaslike verkope

en nie uitvoere in nie. Jaarlikse trekkerverkope het gedurende die

tydperk van 1995 tot 2015 tussen ‘n minimum van 2 624 eenhede

(1999) en ‘n maksimum van 7 899 eenhede (2012) gewissel. Volgens

die grafiek is dit duidelik dat trekkerverkope die afgelope drie jaar

afgeneem het; verskeie faktore kan daaraan toegeskryf word, maar

die droogtetoestande wat in Suid-Afrika voorgekom het en die

impak van die wisselkoers op pryse, het ‘n beduidende rol gespeel.

Die gemiddelde verkope sedert 1995 is 5 293 eenhede. Vir die afge-

lope tien jaar was dit egter 6 467 eenhede.

Grafiek 1: Jaarlikse trekkerverkope (1995 tot 2015).

Grafiek 2: Grootte van trekkervloot.