Background Image
Previous Page  27 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 27 / 116 Next Page
Page Background

25

Augustus 2016

TOERUSTINGKATEGORIE

JAAR TOT JAAR-VERANDERING, %

TENDENS

MEI 2016

JUNIE 2016

Trekkers

19,5

19,4

Afwaarts

Stropers

12,8

12,0

Afwaarts

Hooi- en veevoertoerusting

10,8

12,9

Opwaarts

Implemente

12,0

13,0

Opwaarts

Gemiddeld

15,7

16,0

Opwaarts

TABEL 1: JAAR TOT JAAR VERANDERING IN LANDBOUMASJINERIEPRYSE.

Bron:

AGFACTS newsbrief

Grafiek 3: Verspreiding van trekkervlootouderdom.

Grafiek 4: Totale trekkrag van trekkervloot.

Grafiek 5: Gemiddelde trekkrag van trekkervloot.

Algemene waarnemings wat van trekker-

verkope afgelei kan word:

Oor die algemeen is Oktober by verre

die maand met die hoogste verkope.

Februariemaand speel ‘n belangrike rol

as gevolg van belastingaankope.

Die hoogste drie maande-verkoop-

tydperk is Augustus, September en

Oktober met 29,9% van die jaarlikse

verkope.

Die laagste verkope vind gedurende

April, Mei en Desember plaas.

Verkope vir die eerste en die tweede

helfte van die jaar kan weergegee word

as 49:51.

Grootte en ouderdom van

trekkervloot

Die verandering in die grootte van Suid-

Afrika se algehele trekkervloot (die aantal

trekkers jonger as 20 jaar in Suid-Afrika)

word in

Grafiek 2

vir die afgelope paar jaar

geïllustreer terwyl

Grafiek 3

die ouder-

domuiteensetting daarvan weergee.

Algemene gevolgtrekkings ten opsigte van

die grootte en ouderdomverspreiding van

die trekkervloot (Agfacts, 2016):

Die algehele trekkervloot het die afge-

lope nege jaar aansienlik toegeneem,

nadat dit redelik stabiel tussen 62 400

en 63 500 eenhede die vorige vier jaar

(2003 - 2006) was.

Die huidige trekkervloot van 85 417

eenhede is 19,7% kleiner as die vloot

van 105 613 eenhede in 1995 – 20 jaar

gelede.

Die trekkervloot was 15 jaar gelede

(2000) 75 276 eenhede. Die huidige vloot

toon ‘n toename van 13,5% teenoor

daardie syfer.

In 1995 het die totale trekkers jonger as

tien jaar 36,7% van die vloot uitgemaak,

waarna die grootte van die trekkervloot

jonger as tien jaar toenemend begin

groei het. ‘n Skerp toename het die

afgelope agt jaar plaasgevind en tans

maak die trekkers jonger as tien jaar

72,1% van die totale trekkervloot uit.

Die gemiddelde ouderdom van die

trekkervloot staan tans op 6,7 jaar.

Trekkrag van trekkers in

die trekkervloot

Die totale trekkrag in die Suid-Afrikaanse

trekkervloot staan tans op 6,62 miljoen kW

(

Grafiek 4

). Dit het skerp toegeneem in

vergelyking met die 4,37 miljoen kW

tien jaar gelede en is 5,8% hoër as die

6,26 miljoen kW 20 jaar gelede. Alhoewel

die totale trekkrag van die trekkervloot

tot ‘n minimum in 2003 gedaal het, het dit

daarna weer aansienlik toegeneem. Die

gemiddelde krag (kW) van trekkers in die

totale trekkervloot het die afgelope paar

jaar geleidelik toegeneem. Hierdie styging

in gemiddelde krag kan in

Grafiek 5

gesien

word; dit het vanaf 70,1 kW (tien jaar ge-

lede) tot die huidige 77,5 kW toegeneem.