Background Image
Previous Page  55 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 55 / 116 Next Page
Page Background

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

Produk-inligting

Sukses

word nie oornag vermag nie…

M

et meer as 30 jaar se geleent-

heid vir groei, leer, ontwikkel en

verbetering, het Van Zyl Staal-

werke, soos dit vandag in die

landbou vereis word, voortdurende ontwik-

keling en vernuwing as ‘n volhoubare uit-

daging aanvaar.

‘n Ripper met ‘n vryhoogte/

werksdiepte van 550 mm

Ons ripper (

Foto 1

) het ‘n eenvoudiger

ontwerp en ‘n unieke tand met ‘n V-tipe

vorm. Die tand word in geheel gegiet van

SG75 gietyster – wat beteken dat hy in

swaarder kondisies kan werk en meer buig-

saam is om beweging toe te laat. Weerstand

is verminder deur die V-tipe vorm en minder

krag is nodig as by ander modelle. Die krag-

vereiste is ongeveer 12 kW tot 18 kW per

tand – afhangende natuurlik van die grond-

formasie. Die slytplaat is ook nie meer nodig

nie en slegs die skaar wat met twee boute

vasbout, is deel van die slytonderdele.

Swaardiensrollers word

met eenvoud ontwerp

Die roller (

Foto 2

) is kompleet met ‘n arm

en koppelstuk wat aan die raam vasbout

(geskik vir enige fabrikaat). ‘n Spiraalvor-

mige ontwerp word gebruik en die mate-

riaal is van só ‘n aard dat vere nie nodig is

nie, aangesien die roller swaar genoeg is

om teen sy eie gewig effektiewe werking te

kan verrig.

Rolmoer met meer opsies

Kostedoeltreffende bewerkingsoplossings

deur minder bewerking en beter dieselver-

bruik teenoor ander implemente, maak

dat dié rolmoer pas by die uitdagings van

vandag. Met meer opsies om elke pro-

dusent se spesifieke omstandighede te ak-

kommodeer, kan ons aan al ons klante die

beste oplossing bied. Die nuutste hiervan

is die opvoubare rolmoer (

Foto 3

) en ook

die vaste raam rolmoer wat ontwikkel is

om arbeid en tyd te bespaar deur die ver-

skuiwing van die implement te vergemaklik.

Met hierdie modelle is slegs die trekker-

operateur tydens bewerking nodig, aange-

sien die implemente ten volle hidroulies is en

dit sodoende maklik hanteer kan word.

Die swaardiens-koeëllaer van die rolmoer-

drom word in ons draaibank-afdeling gebou.

Die koeëllaer skuif oor die as en word dan

daaraan vasgebout. Twee

taper

roller-koeël-

laers word gebruik met twee vier-lip-seëls.

Die komplete eenheid word in ‘n gietyster

gietstuk gehuisves. Trekkergroottes wissel;

dit word dus voorgestel dat die 6 m-rolmoer

NIEL MARAIS,

Van Zyl Staalwerke

‘n trekker van ongeveer 100 kW benodig en

vir ‘n 9 m-rolmoer word ongeveer 120 kW

benodig vir gerieflike bewerking.

1: Die 13-tand ripper met ‘n 550 mm-werksdiepte, unieke V-tipe tand, minder

kragvereistes, laer onderhoudskoste en word vervaardig in Suid-Afrika.

1a: ‘n Voorbeeld van die rippertand.

2: Die ripper met swaardiensrollers.

3: Die 9 m-opvou-rolmoer.

3a: Die rolmoer-koeëllaer. ‘n Rolmoer met ‘n unieke trapsgewyse lemkonfigurasie

wat twee bepaalde voordele inhou: ‘n Meer aggressiewe kap-aksie en ook ‘n

egaliger rit met ‘n lae impak op die trekker se sleepmeganisme.

3b: Die lemkonfigurasie.

1

2

1a

3a

3b

3

53

August 2015