AWS raap die sojas op
N
á die tweede seisoen wat JWL Landbou Voorsieners se
Advanced Windreel Systems
(AWS) diens gedoen het op
stropertafels vir die stroop van sojas, is almal wat dit gebruik dit
eens dat daar nie sonder dié stukkie toerusting klaargekom kan word
as dit kom by die oes van sojas nie.
Toestelle is regoor die land geïnstalleer en die voordeel van hierdie
stelsel is van meet af aan deur produsente opgemerk. Pitverlies by
die snylem van die tafel wat tydens die oesproses plaasvind, word
drasties verminder en daarby verbeter die sisteem die vloei van die
materiaal in die stroper deur dit egalig in die nek van die stroper
te voer.
Dit bring mee dat dorsverlies verminder word, langer ure gestroop
kan word en ook dat die stroopspoed opgestoot kan word.
Wanneer die keuse van ‘n lugsisteem gemaak word, moet produsen-
te op die volgende aspekte let:
Aandrywing – ratkas
versus
belt; ‘n ratkas genereer hitte en is
duur om te herstel indien ‘n breek voorkom. Dit gebruik ook meer
kilowatt om aan te dryf.
Lugvloei – die stelsel moet só ontwerp wees om die lug met die
minste obstruksie na die spruitstukke te vervoer. Pype wat skerp
draai en lank is, belemmer lugvloei en beperk die effektiwiteit
van die stelsel.
Een stuk lugpyp – die lugpyp voor die tafel moet uit een stuk
bestaan en nie gelas wees nie. Die eenstuk-ontwerp verseker
eenvormige druk in die pyp en word ondersteun deur ‘n kabel in
die geval van wyer tafels om pypdefleksie teen te werk (
Foto 1
).
Die afstand van spruitstukke na die lem – die doel van die stelsel
is om een “gordyn” lug na die snylem van die tafel te blaas. Die
afstand van die spruitstukke na die lemmoet verstelbaar wees vir
verskillende omstandighede en die spruitstukke moet ewe lank
wees om ‘n eenvormige blaasaksie op die lem te verseker. Die
hoek waarteen die spruitstukke blaas, is ook kritiek, aangesien
die materiaal in die tafel geblaas moet word so na as moontlik
aan die hoek wat die tafelblad maak. Die AWS-stelsel maak
byvoorbeeld gebruik van spruitstukke wat 48’’ lank is en twee
buigplekke het vir sekere modelle tafels (
Figuur 1
).
Die aantal spruitstukke – dit is belangrik dat die spruitstukke die
volle lengte van die tafel dek, veral ook op die verste punte van
die snylem. Indien die lem nie op die punte skoongeblaas word
nie, kan verliese daar voorkom (
Foto 2
).
Beheer van die stelsel – die stelsel moet maklik beheerbaar
wees vanuit die kajuit van die stroper. Die AWS-sisteemkontrole
laat die beheer van die windspoed en die hoek waarteen die
spruitstukke blaas, uit die kajuit toe.
Opsionele toerusting – afgesien van die lugstelsel, kan tafels
ook toegerus word met toebehore, soos borsels vir
draper
tafels en alternatiewe vloerplate vir konvensionele tafels om die
effektiwiteit van die sisteem te verhoog.
Vir enige verdere inligting, kan Werner Nel by 079 506 7495 of
Jakes Jacobs by 076 400 7801 geskakel word.
27
PROMOSIE-ARTIKEL
WERNER NEL,
besturende direkteur: JWL Landbou Voorsieners
1: AWS gebruik ‘n aluminium lugpyp uit een stuk wat nie gelas is nie.
2: Die spruitstukke moet die hele lem skoonhou anders kan pakpro-
bleme voorkom.
1
2
Figuur 1: Die hoek waarteen die lug op die lem blaas, is baie belangrik. Die
groen pyp het die korrekte lengte en hoek vir effektiewe werking.
August 2015