Background Image
Previous Page  28 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 28 / 116 Next Page
Page Background

Die aantal trekkers in die vloot wat jonger as vyf jaar oud is, het

tot ‘n absolute laagtepunt van ongeveer 16 250 eenhede in 2002

gedaal. Die aantal trekkers in hierdie kategorie maak tans sowat

42% van die trekkervloot uit.

Trekkrag van trekkers in die trekkervloot

Die totale trekkrag in die Suid-Afrikaanse trekkervloot staan tans op

6,45 miljoen kW (

Grafiek 4

). Dit het skerp toegeneem in vergelyking

met die 4,37 miljoen kW van tien jaar gelede, maar is 3% minder

as die 6,65 miljoen kW van 20 jaar gelede. Alhoewel die totale trek-

kraggrootte van die trekkervloot tot ‘n minimum in 2003 gedaal het,

het dit daarna weer aansienlik toegeneem. Dit is opmerklik dat dié

styging in 2003, ooreenstem met die styging van trekkers jonger as

tien jaar.

Met die gemiddelde krag (kW) van nuwe trekkers wat die afgelope

paar jaar geleidelik toegeneem het, is dit waarskynlik meer sinvol om

na die trekkrag van die trekkervloot te kyk as die totale aantal eenhede.

Die gemiddelde krag (kW) van nuwe trekkers in die totale trekker-

vloot het die afgelope paar jaar geleidelik toegeneem. Hierdie

styging in gemiddelde krag kan in

Grafiek 5

gesien word: Dit

het vanaf 69,3 kW (tien jaar gelede) tot die huidige 77,5 kW toe-

geneem.

Graan/trekker-ruilvoet

Die hoeveelheid ton mielies wat benodig word om ‘n trekker van tus-

sen 70 kW en 80 kW aan te koop, word in

Grafiek 6

aangedui. Die

ruilvoet is berekendeur diehuidige trekkerprysemet die afgeleidepro-

dusenteprys gegrond op ‘n gemiddelde Julie 2016 Safex-mielieprys

(gemiddelde tussen wit- en geelmieliepryse) en die gemiddelde

in- en uitlaaikoste en liggingsdifferensiaal in aanmerking te neem.

Volgens beramings sal ‘n produsent vir die 2015/2016-produksiesei-

soen waarskynlik 339 ton mielies moet ruil vir ‘n 70 kW - 80 kW-trek-

ker waar daar vir die 2014/2015-produksieseisoen (wat tans gestroop

word) slegs ongeveer 291 ton mielies benodig was om ‘n 70 kW

- 80 kW-trekker te ruil. Dit is duidelik dat die ruilvoet oor tyd (ten-

denslyn) effe verswak het en dat meer tonne mielies verruil moet

word vir dieselfde grootte trekker.

FOKUS

Werktuie en toerusting

Spesiale

Landboumasjineriemark

in ‘n neutedop

Grafiek 5: Gemiddelde trekkrag van trekkervloot.

Grafiek 6: Hoeveelheid mielies nodig om ‘n 70 kW - 80 kW-trekker te koop.

Augustus 2015

26

SA Graan/

Sasol Chemicals (Kunsmis) fotokompetisie