Background Image
Previous Page  67 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 67 / 76 Next Page
Page Background

Nasionale kultivarevaluasie-

vergadering weer gehou

M

et dié dat koringproduksie swaar trek in Suid-Afrika,

is LNR-Kleingraan se Nasionale Kultivarevaluasiepro-

gram (NCEP) steeds een van die belangrikste programme

in die koringbedryf. Hierdie program evalueer alle vry-

gestelde koringkultivars van al die saadmaatskappye op ‘n objek-

tiewe en wetenskaplike manier vir aanpasbaarheid, opbrengs en

kwaliteit.

Koring is die gewas wat seker die wydste aanpassing besit en wat

suksesvol verbou kan word van bo in die noorde tot onder in die

suide van Suid-Afrika. Daarom word die NCEP nasionaal uitge-

voer en is daar gedurende die 2016-seisoen sowat 92 proewe

by 78 verteenwoordigende lokaliteite in die verskillende koring-

produserende gebiede van Suid-Afrika geplant.

Alhoewel LNR-Kleingraan die mandaat het om die NCEP in Suid-

Afrika uit te voer, is die samewerking van ander instansies en

rolspelers krities om ‘n sukses hiervan te maak. In hierdie nasionale

samewerkingsooreenkoms is die Departement van Landbou, Wes-

Kaap getaak om te help met die plant en instandhouding van sekere

proewe in die Wes-Kaap. Ander instansies, soos die Universiteit

van die Vrystaat, die Universiteit van Stellenbosch en South African

Barley Breeding Institute (SABBI) lewer ook ‘n belangrike bydrae in

die insameling en weergee van addisionele inligting aan die klein-

graanbedryf.

Alle data wat ingesamel is, word voorgelê aan ‘n komitee wat be-

staan uit verteenwoordigers van LNR-Kleingraan, die Universiteite

van die Vrystaat en Stellenbosch, South African National Seed

Organisation (SANSOR), SABBI, die nasionale en onderskeie provin-

siale Departemente van Landbou, saadmaatskappye (Sensako,

Pannar en K2 Agri), Graan SA en ander rolspelers.

Hierdie komitee het op 8 Februarie vanjaar op Bethlehem byme-

kaargekom om die resultate te bespreek en aanbevelings vir die

2017-seisoen op te dateer. Die data word nou gebruik om aanbe-

velings aan produsente te maak om hulle in staat te stel om hul pro-

duksierisiko’s tot die minimum te beperk en hul winste te verhoog.

Die keuse van watter kultivars om waar te plant, kan vergemaklik

word wanneer langtermyn-wetenskaplike data bestudeer word.

Hierdie data moet egter jaarliks hersien word.

LNR-Kleingraan publiseer ook jaarliks ‘n kompakte produksiehandlei-

ding waarin al die nuutste inligting en resultate saamgevat is. Die

handleidings stel baie nuttige en duidelike riglyne waarbinne aan-

bevelings en produksiebesluite gemaak behoort te word.

Die produksiehandleiding bevat verder ook inligting ten opsigte

van algemene produksiepraktyke, grondbewerkingsriglyne, plant-

voeding, onkruid-, siekte- en insekbeheer. Die opbrengs- en kwali-

teitsresultate wat die afgelope seisoen ingesamel is, word volledig

in die produksiehandleidings gepubliseer.

Aangesien produksiepraktyke en kultivaraanbevelings van streek

tot streek verskil, word daar twee afsonderlike handleidings

gepubliseer, naamlik een vir die somerreënvalgebied waarin beide

die droëland- en besproeiingsgebiede hanteer word en ‘n aparte

handleiding vir die winterreënvalgebiede.

Hierdie handleidings is in Afrikaans en in Engels beskikbaar en

sal reeds teen die middel van Maart gratis aan produsente be-

skikbaar gestel word – danksy finansiële ondersteuning van die

Wintergraantrust.

Die onderskeie produksiehandleidings is ook van ewe veel waarde

vir ons nuwe toetredende produsente regoor Suid-Afrika.

Indien jy nie so ‘n handleiding ontvang nie, kan jy vir mnr Willem

Kilian (058 307 3498) of me Eveline Mofokeng (058 307 3400) kontak

om jou kontakbesonderhede te verskaf.

Die handleidings sal ook, soos vorige jare, tydens die Graan SA

NAMPO Oesdag van 16 tot 19 Mei by LNR-Kleingraan se stalletjie

in die Microbial Solutions-saal beskikbaar wees. Kom besoek ons

gerus tydens die Oesdag.

65

AKTUEEL

DR ANNELIE BARNARD,

LNR-Kleingraan, Bethlehem

1: Kultivarevaluasieproewe in die somerreënvalstreek van

Suid-Afrika.

2: Verteenwoordigers van die industrie wat die werkgroep

bygewoon het. Voor: Gerhard Engelbrecht (K2 Agri),

Cornel Bender (Universiteit van die Vrystaat), dr Toi Tsilo

(LNR-Kleingraan), Mtileni Mihloti (READ), Joan Sadie (DAFF),

Lebo Jack (Departement van Landbou, Noordwes Provinsie)

en Daniël de Klerk (SABBI). Middel: Dr Willem Boshoff

(Universiteit van die Vrystaat), Petru Fourie (Graan SA),

dr Tarakegn Terefe (LNR-Kleingraan), Willem Kilian

(LNR-Kleingraan), Eddie Goldshagg (SANSOR), Willem Botes

(Universiteit van Stellenbosch) en André du Toit (Pannar).

Agter: Stefan de Groot (Sensako), dr Willem Otto (Sensako),

dr Zakkie Pretorius (Universiteit van die Vrystaat),

dr Francois Koekemoer (Sensako), dr André Malan

(LNR-Kleingraan) en Kobus van Huyssteen (SANSOR).

1

2