

presiese hantering en kajuitgeraas word tot ‘n minimum beperk
deur middel van klankdempingsmateriaal in belangrike plekke in
die voertuig. Die Triton se draaisirkel is 5,9 – die beste in sy klas.
Dit maak dat hy so maklik is om te hanteer soos ‘n middelslag-
sedanmotor.
Die Triton se ergonomies-ontwerpte kajuit kombineer die gerief
van ‘n passasiersmotor met die praktiese eienskappe van ‘n veel-
doelige nutsvoertuig. Die ontwerp van die dubbelkajuit sorg vir
binneruimte wat weer eens die beste in sy klas is – met oorgenoeg
kop- en beenruimte, terwyl die wyer binneste hoek van die
kantvensters vir bykomende skouerruimte sorg.
Die binne-ontwerp is heelwat beter as dié van die vorige reeks en
die vlak van afwerking en gerief is dieselfde as dié van Mitsubishi
se reeks sportnutsvoertuie – onder meer die Pajero. Dit is maklik
om in en uit die voertuig te kom en die bestuursposisie verbeter sig
vanuit die voertuig.
Daar is ook ‘n nuwe paneelbord met ‘n oppervlakte wat maklik is
om skoon te maak. Die hele reeks kry ‘n omvattende inligting- en
vermaakstelsel met Bluetooth-verbinding en ‘n USB-prop. Daarby
is sleutellose toegang en ‘n aansitknoppie standaardtoerusting.
Onder die ander standaardkenmerke is ‘n tru-kamera, klimaatbeheer
en leerbekleedsel.
Die Triton se versterkte impak-veiligheidsewolusie (
reinforced
impact safety evolution
[RISE])-bakwerkkonstruksie beskik oor
hoëspanningstaal om die integriteit van die kajuit te handhaaf. Die
sitplekgordels trek styf in ‘n ongeluk en dit maak dat die lugsakke
doeltreffend werk. Sluitweerremme, elektroniese remverspreiding
en vastrapbeheer verseker dat die bestuurder die voertuig in nood-
situasies kan beheer.
Dit het vyf sterre in die Australiese weergawe van die NCAP-
veiligheidstoets gekry. Die dubbbelkajuitmodelle kry ‘n nuwe ak-
tiewe stabiliteits- en vastrapbeheer (ASTC)-stelsel, terwyl sluitweer-
remme met elektroniese remverspreiding standaardtoerusting is.
Die huidige dubbelkajuitreeks is gemik op die luukser markseg-
ment. Teenoor sy kompeteerders bied die Triton die beste rygehalte.
Die Triton het sy beter padgedrag nie net aan sy ligter enjin te
dankie nie, maar ook aan hersiene rolstawe, stywer voorste vere en
aansienlik groter rubbermonterings wat die romp aan die leerraam-
onderstel heg.
‘n Reeks dinamiese veiligheidstelsels soos ASTC-stelsel (aktiewe
stabiliteit- en kloubeheer) wat die remme inspan en die enjinkrag
aanpas om die voorgenome ryrigting in gladde toestande te be-
hou, sluitwerende remme (ABS) en elektroniese remkragverdeling
(EBD), sowel as opdraande-wegtrekhulp (HSA) is as standaardtoe-
rusting in hierdie dubbelkajuit-weergawes ingesluit.
Al die 4x4-dubbelkajuite het ‘n grondvryhoogte van 215 mm en ten
spyte van sy inherente sportiewe sy-aansig pronk die Triton met ‘n
invalshoek van 28 grade – wat die beste in sy klas is.
Die pryse van die nuwe reeks wissel van R479 900 vir die 4x2-model
met ‘n handratkas tot R559 900 vir die 4x4-model met ‘n outoma-
tiese ratkas. Die hele reeks word gerugsteun deur ‘n waarborg van
drie jaar of 100 000 km en ‘n diensplan van vyf jaar of 90 000 km is
by die prys ingesluit.
Mitsubishi Triton 2.4 Di-D 4x2 (handrat) – R479 900
Mitsubishi Triton 2.4 Di-D 4x2 (outomaties) – R499 900
Mitsubishi Triton 2.4 Di-D 4x4 (handrat) – R539 900
Mitsubishi Triton 2.4 Di-D 4x4 (outomaties) – R559 900.
! "
# $ % &
' %(
) # $ % &
' %(
* +# + , ! " -" -.
/ 0 #
-
! " -" -.
12 3 4 2 15 3 531
)51 6 31