Background Image
Previous Page  71 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 71 / 76 Next Page
Page Background

69

April 2017

Jy kan sien dat hierdie “verskillende manier van kyk na die wêreld”

konflik kan veroorsaak. Die manier om

schotomas

te bestuur, is om

in die eerste plek te weet dat daar so iets is. Prakties beteken dit

dat jou manier van kyk na die wêreld nie noodwendig die enigste

manier is waarop daar na die wêreld gekyk word nie.

Die probleem met blinde kolle is dat ons nie weet wat ons nie

weet nie. Slegs as jy nederig genoeg is om te vra en te probeer ver-

staan, gaan jy bewus raak van jou eie blinde kolle.

Selfpraat

‘n Mens praat gedurig met jouself – bewustelik of onbewustelik. Ter-

wyl daar woorde by jou mond uitkom, gaan daar ‘n reeks gedagtes

deur jou onderbewuste waaruit jou brein van die wêreld om jou

probeer sin maak, sodat jy daarop ‘n gepaste reaksie kan lewer.

Ons reaksies hang af van ons lewensfilosofie, gewoontes en vorige

ervarings. Die meeste van die tyd het ons nie eers nodig om te dink

oor dít waaroor ons dink nie, want dit is ‘n outomatiese proses. Een

van die maniere waarop hierdie proses in ons “geprogrammeer”

word, is dít wat ons vir onsself oor onsself en van die wêreld om

ons sê.

Wat sê jy dus oor jouself? Ek het al baie interessante dinge ge-

hoor wat mense van hulleself sê. Baie keer sê hul hierdie ding

herhaaldelik van hulself en ander. Byvoorbeeld: “Jy weet mos, ek

is maar ‘n ou sukkelaar” of “Al die mense wat vir my werk, is lui.”

Of dikwels sê jy sonder om te dink vir jouself: “Dom idioot!” Die

probleem hiermee is dat jou brein konstant op ‘n onbewuste-

like vlak na jou woorde luister. Jou brein het geen manier om te

onderskei of dit wat jy van jouself oor jouself sê, die waarheid is

of nie. Op dié manier word jou woorde jou waarheid. Hierdie pro-

bleem kan bestuur word deur bewustelik te luister na wat jy van

jouself sê. Hou op om sleg van jouself en jou mense te praat. Onthou:

Jou brein luister.

Mensontwikkeling

Hoeveel tyd spandeer jy daaraan om terug te staan en te wonder of

daar nie dalk ‘n beter manier van doen is nie? Hier praat ek nou van

die waardevolste persoon op jou plaas: Jy.

Onthou, jy is die grootste bate op jou plaas. Hanteer jouself met die

respek wat enige waardevolle bate verdien.

Belê in jou eie kennis en vaardighede. Doen alles in jou vermoë om

jouself en jou mense te bemagtig. Die eenvoudigste manier om dit

te doen, is om soveel as wat jy kan, te lees. Vra konstant vrae. Kyk

wat werk vir ander en leer by hulle. Jy en almal om jou gaan die

vrugte daarvan pluk.

Uiteindelik is ons nie net eienaars nie, maar eerder rentmeesters

van ons plase en die mense wat aan ons toevertrou is. Wees wys

met hierdie bate.

Vir meer inligting, gesels met Isak Staats by

isak.staats@bkb.co.za.

Graan SA/Sasol fotokompetisie

– Tiani Classen 2014