

April 2017
62
AKTUEEL
Fokus op opbrengs om
koringbedryf te laat herleef
V
erskeie rolspelers in die koringbedryf wat Agbiz Grain se
Koring Indaba bygewoon het wat op 17 en 22 Februarie
onderskeidelik in Pretoria en op Elsenburg plaasgevind
het, was dit eens dat indien daar nie nou iets gedoen gaan
word om die sukkelende koringbedryf te help nie, die koringproduk-
sie in die land groot skade gaan ly.
Kwaliteit versus opbrengs
Tans oorskadu die kwaliteitparameter van koring die opbrengs van
koring tot so ‘n mate dat dit ‘n bedreiging vir die oorlewing van die
plaaslike koringbedryf is. Een van dié bedryf se groot deurbrake
was om ‘n agentskap vir kultivar- en tegnologieontwikkeling (Sacta)
te stig wat glo dat daar ‘n gesonde balans tussen opbrengs en
kwaliteit moet wees. Mnr Andries Theron, voormalige visevoorsitter
van Graan SA en self ook ‘n graanprodusent, meen daar is te veel
in die verlede gekonsentreer op die kwaliteit van koring en te min
op opbrengs. “‘n Produsent se inkomste word verkry deur opbrengs
maal prys.” Verder het hy gesê dat dit ongeveer twaalf jaar neem
om ‘n nuwe koringkultivar in die mark in te bring, maar dat dit teen
‘n groot verlies geskied, omdat 70% van koring geplant word met
teruggehoue saad. Volgens me Mariana Purnell van Agbiz Grain is
daar ‘n behoefte aan laer kwaliteit koring, omdat die kwaliteit van
invoere nie ooreenstem met die plaaslike kwaliteitparameters nie.
“Die grootste vraag deur die meulenaars en bakkers is vir laer pro-
teïenvlakke (B2 – 11% proteïen).”
Daar is ook tydens die Indaba bespreek om weg te doen met die
R100/ton afslag vir buitelandse koring as dit op die JSE gelewer
word. Daarmee saam wil die bedryf oorweeg om die prysverskille
tussen koringgrade te verklein van tussen 4% en 8% na tussen 2%
en 4% vir B1- en B2-koringsaad.
Koringtarief
Volgens dr John Purchase van Agbiz het die Internasionale
Handelskommissie (ITAC) die koringinvoertarief hersien en aan-
bevelings is aan die Minister van Finansies gemaak. Die bedryf wag
op dié aankondiging. Mnr Pieter Esterhuysen van Successions het
na aanleiding van marktendense, ‘n skatting gemaak dat die tarief
tussen R700/ton en R800/ton gaan wees. Die hooffokus van die
Indaba was om inligting oor die veranderinge wat nodig is om die
koringbedryf om te keer, te verskaf sowel as die nuwe regulatoriese
vereistes wat ‘n impak op dié bedryf het. Vir die voorleggings van
die ander Indaba-sprekers besoek gerus Agbiz Grain se webtuiste by
www.agbizgrain.co.za .RUTH SCHULTZ,
SA Graan/Grain
medewerker
Tribute to seed
company’s co-founder
M
r Brian David Corbishley – co-
founder and former owner of
Pannar Seed – passed away on
7 January this year.
Born on 10 April 1937, he was part of
the generation called the ‘silent generation’
– hard-working, family-oriented and mind-
ing their own business. After completing
his matric, Corbishley started his career
as a packhouse manager on a citrus farm
in Weenen in 1954, but shortly thereaf-
ter joined the late Mr Bill Wall on Oakleigh
Farm near Greytown. Throughout his life,
he often spoke of the need to feed bil-
lions of people and, realising the need to
develop quality maize seed, bought the
majority shares in this fledgling operation,
at the pricey sum of £300, with money he
borrowed from his father. The company,
originally known as Pioneer Seed Company,
was officially registered on 27 May 1958.
Little did the 20-year-old Corbishley know
that this company would one day become
the biggest seed group in Africa and a re-
spected role-player – not only in the South
African agricultural sector, but also in the
international seed market. The company
grew steadily over the ensuing 20 years,
continually expanding and adding to its
processing, research, production and mar-
keting facilities across the grain-producing
regions of the country. During the 1980s,
the Pioneer Seed Company stepped up its
activities in other southern African coun-
tries and expanded its footprint across
many borders. Along the way, the company
changed its name to Pannar and then, in
2013, was sold to Du Pont and Pannar (Pty)
Ltd changed its name to Plennegy (Pty) Ltd.
He certainly left behind a great legacy. Tens
of thousands of people owe their jobs and
family security to the companies he created
and Greytown is certainly blessed to have
had him make it the centre of his business
empire.
PEET VAN DER WALT,
advertising manager: Pannar
Brian Corbishley
1: Verskeie rolspelers vanuit die
koringbedryf het die Koring Indaba
in Pretoria bygewoon. Van links is
Paulina Madiba (Suider-Afrikaanse
Graanlaboratorium), Asanda
Hewana (Mühlenchemie GmbH &
Co.KG) en Geoff Penny (Kamer van
Bakwese).
2: Saadmaatskappye het ook die
Indaba bygewoon, waaronder
Sensako, wat een van die groot
rolspelers in die koringbedryf is.
Van links is Roean Wessels,
Ursula Bothma, Gerida de Groot
en Stephan de Groot.
3: Verskeie landboumaatskappye
vanuit die opbergingskant het die
Indaba bygewoon. Van links is
Carl du Toit (GWK), Leon Breet en
FT Breedt (albei van NWK) en
Petrus Boshoff (Suidwes).
1
2
3