

Nuwe Mitsubishi Triton nou ‘n klasleier
m
et die splinternuwe Mitsubishi Triton-bakkie-
reeks, wat in Januarie in Suid-Afrika vrygestel is,
brul die Triton nou weer onder die grotes. Tot ‘n
paar jaar gelede sou dit vanselfsprekend wees
dat ‘n mens, as jy sou verwys na die “groot vyf”
onder bakkies in Suid-Afrika, aan Mitsubishi se
Triton, die Toyota Hilux, die Nissan Navara, die Ford Ranger en die
Isuzu KB-reeks, sou dink. Veral met die koms van die nuwe geslag
Ranger- en Hilux-bakkies, het die Triton wat vanaf 2007 met ons is,
mettertyd so agter geraak dat ‘n mens so half begin vergeet het
dat hierdie eens bobaas-bakkie nog bestaan.
Die nuwe Triton-reeks is reeds in 2016 internasionaal geloods,
maar as gevolg van die swak rand en ook omdat Mitsubishi SA
gewag het vir die nuwe Mitsubishi dieselenjin, is dit eers in 2017
in Suid-Afrika vrygestel. Die nuwe Triton-reeks is die vyfde geslag
van die Colt/Triton-reeks wat in 1995 vir die eerste keer in Suid-
Afrika bekend gestel is.
Die gewag op die nuwe Tritons was die moeite werd, want die
nuwe Mitsubishi 16-klep turbo-aangejaagde 2,4 liter-dieselenjin se
drukverhouding en kraglewering is beter as enige ander soortge-
lyke grootte enjin beskikbaar in Suid-Afrika. Hierdie nuwe enjin word
toegerus met ‘n silinderkop van aluminium om gewig laag te hou.
Hierdie splinternuwe enjin het ‘n drukverhouding van 15,5:1 – die
beste in sy klas. Die enjin se maksimum-kraglewering en wringkrag
is beter as ander van dieselfde grootte: Dit het ‘n kraglewering van
133 kW teen 3 500 omwentelinge en ‘n wringkrag van 430 nm, wat
reeds vanaf 1 500 omwentelinge beskikbaar is. Dit is ‘n verbetering
van meer as 25% vergeleke met die enjin wat in die vorige reeks
gebruik is. Volgens Mitsubishi SA is die gemiddelde brandstofver-
bruik 7,6 liter per 100 km.
Vir die voornemende koper is daar ‘n keuse tussen ‘n vyfgang outo-
matiese en ‘n sesgang-handratkas. Daar is ook ‘n keuse tussen
twee- of vierwielaandrywing met albei ratkaste. Albei ratkaste
is ingrypend herontwerp; ratwisseling op die handratmodelle is
gladder en daar is ‘n handratfunksie vir die outomatiese modelle.
Diegene wat vierwielaandrywing kies, kry die nuwe weergawe van
Mitsubishi se bekende Super Select II-stelsel. Hierdie stelsel is eie
aan Mitsubishi en bied vier bestuurskeuses, wat deur middel van
‘n elektroniese kontrole binne die kajuit verstel kan word. Hierdie
veelfunksiekenmerk verseker volkome beheer in gladde of los
oppervlaktes. Behalwe ‘n laestrekfunksie is daar ook ‘n agterste ewe-
naarslot vir meer uitdagende hindernisse.
Die buite-ontwerp word gekenmerk aan ‘n opsigtelike sierrooster en
kopligte wat in die modderskerms in vou. Daar is ook nuwe agter-
ligte en die agterklap kan maklik met een hand oopgemaak word.
Die Tritons het 17 duim allooiwiele.
Hierdie bakkie se wringkrag word in ‘n 60:40-verhouding tussen
die voorste en agterste aste versprei deur middel van ‘n sentrale
ewenaarslot, wat nie net verseker dat die Triton soos ‘n ware
sportnutsvoertuig op grondpaaie of gladde oppervlaktes hanteer
nie, maar ook padhouvermoë aansienlik verbeter.
Die agterste veerstelsel is omvattend hersien en dra by tot ‘n
standvastige ritgehalte wat gewoonlik met ‘n passasiersvoertuig
of sportnutvoertuig geassosieer word. Minimale bakrol sorg vir
GERRIE SMIT,
lid van die SA Motorskrywersgilde
WIELE
vir die plaas
70
April 2017
Die nuwe Mitsubishi Triton is toegerus met onder andere ‘n nuwe
liggewig-dieselenjin en ‘n verbeterde veerstelsel vir ‘n rit met minder
geraas en meer padvastheid.