

61
Figuur 2: Temperatuurvoorspellings (minimum links, maksimum regs) vir Suid-Afrika vanaf
Maart tot Julie 2017, in die waarskynlikhede waarin ‘n sekere kategorie kan voorkom.
Gewoonlik is daar teen Augustus beter inligting oor hoe die ENSO-
stelsel Suid-Afrika se weerpatrone sal affekteer.
Die volgende belangrike fokuspunt vir die huidige seisoenale voor-
spelling is natuurlik die herfs- en winterklimaatsomstandighede.
In Suid-Afrika is dit net die suidelike en suidwestelike gedeeltes
van die land wat noemenswaardige reënval kry, alhoewel tempera-
tuur op ‘n nasionale vlak belangrik is. In terme van temperatuur,
word daar warmer toestande vir die grootste gedeelte van die land
in die herfs- en winterperiode verwag.
Daar is ‘n aanduiding dat die einde van herfs koeler kan wees vir
die suidwestelike gedeeltes van Suid-Afrika, wat kan aandui op beter
reënvalsyfers vir die winterreënvalstreke.
Wat die reënvalvoorspelling betref, word daar nie veel verwag vir
die somereënvalgebiede nie, aangesien die seisoen vinnig tot ‘n
einde kom. Vir die winterreënvalgebiede toon die voorspellings
optimistiese aanduidings vir die oostelike gedeeltes van die Wes-
Kaap en westelike gedeeltes van die Oos-Kaap. Gepaard met die
temperatuurvoorspellings is daar ‘n aanduiding dat die winterreën-
valgebiede geïsoleerde bo-normale reën in die laat herfs kan kry.
Dit is baie belangrik dat die onsekerheid van die bostaande ver-
wagtinge beklemtoon word. Wintervoorspellings deur die huidige
voorspellingstelsels bereik baie lae vaardigheidsvlakke oor die
grootste gedeelte van Suid-Afrika. Voordat enige belangrike besluite
geneem word, word produsente sterk aangeraai om die Suid-
Afrikaanse Weerdiens te nader sodat die beste en nuutste inligting
gebruik word.
Graan SA/Sasol fotokompetisie
– Marina Pierneef 2012
AKTUEEL
Seisoenale voorspelling