

April 2017
68
AKTUEEL
Goeie arbeidspraktyke en
-verhoudinge in die kollig
Reeks
W
êreldwyd het die manier waarop besighede na mense
kyk ‘n klemverskuiwing ondergaan. ‘n Mens sou graag
wou glo dat hierdie verskuiwing te danke is aan die feit
dat die wêreld ‘n beter plek geword het, maar die waar-
heid is dat dit eerder ekonomiese druk is wat besig is om hierdie
verandering af te dwing.
Werknemers het duur geraak – nie net om aan te stel nie, maar ook
om op te lei en te versorg. Ons wêreld is ook besig om al hoe meer
kompleks te raak; wat beteken dat, waar die skade van een verkeerde
besluit van ‘n werknemer in die verlede relatief beperk was, dit nou
eksponensieel toegeneem het.
Die verandering in denke wat derhalwe plaasgevind het, is dat
mense nie meer as ‘n koste bestuur kan word nie, maar as ‘n bate.
Nêrens is hierdie feit meer waar as in die landbousektor nie. Die
trekkerdrywer wat vroeër ‘n Ford 5000 bestuur het, se vermoë om
skade aan te rig is beduidend minder as vandag se landbouvoer-
tuigbestuurders wat honderde kW beheer. Voeg daarby ‘n redelik-
gesofistikeerde rekenaarstelsel en die prentjie verander drasties.
Die vraag wat hieruit ontstaan, is of ons as landbouers aangepas
het of sal kan aanpas by hierdie nuwe stel omstandighede?
Wie is ons menslike hulpbronne?
Enige persoon wat op die plaas aankom om advies of hulp aan te
bied, sonder of teen vergoeding, behoort deel van ‘n produsent se
menslike hulpbronpakket te wees. Dit sluit, behalwe vir sy direkte
werknemers, veral sy vrou en volwasse kinders in wat deel vorm van
die boerdery.
Verder is betroubare bemarkers ook deel van hierdie span mense
wat ’n bydrae moet lewer om van ‘n komplekse onderneming soos ‘n
boerdery ‘n sukses te maak.
Een van die uitstaande kenmerke van Suid-Afrikaanse produsente
is dat hulle nie nodig het om alles van alles af te weet nie. Hulle het
slegs nodig om te weet wie die mense is wat weet en wat nodig is
om te weet.
Boerdery is uit die aard van die onderneming nie ’n besigheid waar
besluite eers na ‘n komitee verwys kan word nie. Besluite moet vin-
nig en effektief geneem kan word.
Dit beteken dat die grootste bate van enige plaas die produsent
self is.
Alhoewel hierdie stelling vanselfsprekend klink, is die vraag hoe ons
na ons bates kyk? Pas ons ons bates op? Maak ons seker dat ons
bates in optimale kondisie is, sodat die mees moontlike fondse uit
elke bate gegenereer kan word?
As mense dus ‘n bate is en nie net ‘n las nie, sal ons in die toekoms
al hoe meer moet kyk na hoe ons maksimum opbrengs kan verdien
uit die tyd wat ons by ons menslike hulpbronne koop.
Soos met enige bate, begin hierdie proses by die aankoop. Hoe
stel ons mense aan? Die tyd dat ons maar aanstel wie by ons op die
plaas aankom, is vir altyd verby. In die eerste plek het werkers te
duur geraak en in die tweede plek het goeie mense skaarser geraak.
Maatskappye het lankal besef dat as jy goeie mense soek, jy hulle
aktief sal moet werf. Die kern van die saak is dat jy soveel as moontlik
mense wil hê wat aansoek doen, sodat die poel waaruit jy kan kies
so groot as moontlik is.
Voordat iemand aangestel word, moet jy seker maak dat jy pre-
sies weet wat die kwaliteite is waarna jy soek. Jy moet weet watter
tipe persoon op jou plaas gaan aanpas; iemand wat saam met die
bestaande mense op jou plaas kan werk.
Die belangrike ding om hier te onthou, is dat as jy hier die verkeerde
besluit geneem het, dit baie moeilik kan wees om so ‘n besluit
ongedaan te maak. Neem dus eerder tyd, dink oor jou besluit en
luister na jou eie gevoelens.
Mensbestuur is ‘n onderwerp waaroor daar al baie geskryf is en
nog baie geskryf sal word. Daar is geen manier waarop hierdie hele
onderwerp op ‘n bladsy of twee gedek kan word nie, maar ek dink
dat daar tog een of twee goed-nagevorste beginsels is wat ons
kan toepas.
Die eerste beginsel van mensbestuur is dat ons net kan bestuur
wat ons verstaan. Dit is dus belangrik dat ons ‘n paar konsepte ver-
staan waarop die menslike brein werk.
Schotomas
Schotomas
beteken blinde kol. Waarop dit neer kom, is dat ons
breine gemaak is om inligting uit te sif in terme van relevansie en
gevaar. Die praktiese gevolg hiervan is dat ons brein hom nie gaan
ophou met onnodige inligting nie.
As ons alles om ons moes raaksien en registreer, sal ons dood-
eenvoudig nie genoeg van hierdie inligting kon verwerk om ‘n sin-
volle besluit te neem, gebaseer op die duisende stukkies data wat
deur ons sintuie waargeneem word nie.
Die implikasie hiervan vir ons as bestuurders is dat mense geluk-
kig geleer kan word om byvoorbeeld trekker te bestuur sonder
dat hy nodig het om daaroor te dink. Die negatiewe gevolg hiervan
is dat die mense wat vir ons werk baie keer, letterlik nie kan sien wat
ons sien nie.
Die gereelde baklei wat ek al baie op ‘n plaas gehoor het, is: “Maar
kan hy dan nie sien dat daar fout is nie?”
Die Bybel verwys na hierdie verskynsel as ‘n “balk in die oog”. Ek let
dit die meeste op as ons na netheid verwys.
As jy in ‘n omgewing grootgeword het waar rommel deel is van
jou alledaagse bestaan, sien jy dit letterlik nie meer raak nie, want
dit is nie relevant of gevaarlik nie.
ISAK STAATS,
hoofbestuurder: Wol en Sybokhaar, BKB
Mense as strategiese hulpbron op die plaas