

49
April 2017
Wortelontledings van veral sojabone en sonneblom het ‘n in-
teressante verskynsel openbaar: Indien die verandering in die
grond van sagte na stywe grond te vinnig plaasgevind het, het die
wortels presies op hierdie veranderings in die grond gedraai. Dit is
derhalwe noodsaaklik dat die planterkouters reg gestel word om
hierdie probleem te oorkom.
Die turbo-kouter moet deur die eerste paar verdigtingslae, asook
deur die stoppel, kan sny sodat daar ‘n dieper voor is waarin die
wortels kan ontwikkel. Die verwagting is dat die jong wortels van
veral sonneblom en sojabone geneig sal wees om nie maklik te
draai nie, maar dit wil voorkom asof dit nie die geval is nie. Heel
moontlik moet die turbo-kouter vir hierdie gewasse eerder nie te
diep werk nie.
Die belangrikste les wat hieruit geleer is, is dat as die grond te nat is,
daar nie geplant moet word nie.
Oorskaduwing
Wat oorskaduwing betref, was daar ook ‘n paar punte wat aan-
dag getrek het. Die eerste was die hoeveelheid vog wat beskikbaar
was vir die gewasse. Hoe hoër die oorskaduwing, hoe meer vog
was vir die plante beskikbaar.
Daar word algemeen verwag dat dit heelwat warmer moet wees
waar die plantestand hoër is. Die teendeel is egter waar: Hoe hoër
die plantestand, hoe laer is die temperatuur op die grond. Dit is
bevind nadat temperatuurmeters op die grondoppervlakte aange-
bring en die temperature aangeteken is. Die verskille het gevarieer,
maar by die hoër plantestande was die temperatuur regdeur laer.
Die belangrikste waarneming was dat die resultate met die direkte
plantstelsel betekenisvol is. Ten spyte van die uitdagende jaar was
daar nog steeds goeie stroperresultate. Of die resultate volgehou
kan word, bly ‘n ope vraag, maar dat daar iets in steek, is gewis.
Dat daar nog ‘n klompie nuwe vrae en nuwe probleme sal wees, is
‘n uitgemaakte saak en elke produsent sal sy bestuur moet opskerp
om hierdie nuwe benadering baas te raak.
Kultivarverskille
Die prestasie van verskillende kultivars in die stelsel het ook merk-
baar verskil. Sommige kultivars sal verseker nie in hierdie stelsel
pas nie. Nog heelwat navorsing sal hieroor gedoen moet word.
Winsgewendheid
Winsgewendheid by so ‘n drastiese verandering is krities. In hier-
die vyf jaar is die koste van die stelsels bygehou en ‘n volledige
kosteberekening – wat beide veranderlike asook vaste koste
insluit – kan gedoen word. In
Tabel 1
is ‘n samevatting van die ver-
skil in koste tussen die verskillende verbouingstelsels.
Hierdie inligting in ag genome, maak dit ekonomiese sin om hier-
die direkte plant-stelsel te oorweeg. Die direkte koste vir die ver-
skillende praktyke het tussen 93% en 127% van die konvensionele
stelsels verskil.
KONVENSIONELE
SISTEEM TEEN ‘N
PLANTESTAND VAN
DIREKTE PLANT
TEEN ‘N PLANTE-
STAND VAN
DIREKTE PLANT
TEEN ‘N PLANTE-
STAND VAN
DIREKTE PLANT
TEEN ‘N PLANTE-
STAND VAN
40 000
40 000
60 000
80 000
Direk toedeelbare veranderlike koste (R/ha)
Saad
100%
100%
150%
200%
Kunsmis
100%
100%
100%
105%
Kalk
100%
100%
100%
100%
Brandstof
100%
51%
51%
51%
Herstelwerk
100%
54%
54%
54%
Onkruiddoders
100%
115%
115%
115%
Plaagdoder
100%
100%
100%
100%
Graanprysverskansing
100%
100%
100%
100%
Produksiekredietrente
100%
93%
103%
113%
Totale direk toedeelbare veranderlike
koste (R/ha)
100%
93%
103%
127%
Totale oorhoofse koste (R/ha)
100%
53%
53%
53%
Totale koste per hektaar voor fisiese
bemarking (R/ha)
100%
85%
93%
112%
Gelykbreek opbrengs wat nodig is
teen ‘n prys van R2 100/ton
100%
85%
93%
112%
Opbrengs (t/ha)
100%
129%
132%
130%
Bruto produksiewaarde (R/ha) teen ‘n
prys van R2 100
100%
129%
132%
130%
Marge per hektaar voor fisiese
bemarking en wins (R/ha)
100%
193%
191%
156%
TABEL 1: NETTO MARGE-ANALISE VIR MIELIES VIR DIE NIGEL DIREKTE PLANT-PROEF GEBASEER OP DIE KOSTE VIR DIE
2012/2013-PRODUKSIEJAAR.