

Hersiening van die dieselrabat
CORNÉ LOUW,
senior ekonoom: Graan SA
INSET
-oorsig
47
April 2017
OP PLAASVLAK
– Tesourie en SAID se voorstelle onder die loep
d
ie huidige dieselrabatstelsel het reeds in die jaar 2000
in werking getree. In 2001 was die rabat 42,1 c/liter, ter-
wyl dit April 2017, op 283 c/liter staan (
Grafiek 1
).
Ten tye van implementering was die motivering vir die
dieselrabat om die bedryf te beskerm teen internasio-
nale mededinging, asook om verligting vir pad-verwante belastings
te bied vir verbruikers wat nie die pad gebruik nie. Soortgelyke
brandstofbelastingsubsidies bestaan in lande met wie Suid-Afrika
kompeteer.
Volgens die nasionale tesourie het die huidige dieselrabatstelsel ver-
skeie tegniese administratiewe en wetlike uitdagings wat tans pro-
blematies is. Die hoofadministratiewe uitdagings hou verband met
die feit dat die dieselrabat onder die BTW-stelsel hanteer word – log-
boek-voldoening en goedkeuring van primêre produksie-aktiwi-
teite. Dit het die tesourie en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens
(SAID) genoop om ‘n hersiening van die huidige stelsel voor te stel.
Van die belangrikste wysigings wat aan die huidige stelsel voorge-
stel word, is:
Aktiwiteite wat kwalifiseer, sal beperk word tot suiwer primêre
produksie. Daar word voorgestel dat alle vervoeraktiwiteite van
die plaas af en enige verwerkingsaktiwiteite hoegenaamd, uit-
gesluit sal word. Volgens die aanbeveling moet, ideaal-gesproke,
net aktiwiteite wat nodig is vir primêre produksie tot en met
die oes van gewasse, kwalifiseer. Alle vervoeraktiwiteite buite
die terrein, insluitend insette na die plaas of produkte na die
mark toe en enige verwerkings, op die perseel of elders, sal uit-
gesluit word;
verder word voorgestel dat kwalifiserende primêre produksie-
aktiwiteite aan ‘n fisiese punt gekoppel moet word waar so-
danige bedrywighede sal plaasvind;
persone wat kwalifiserende primêre produksie-aktiwiteite uit-
voer kan terugbetaling vir diesel wat daarin gebruik word eis, op
voorwaarde dat ‘n behoorlike logboek gehou word wat aan die
fisiese terrein waar sodanige kwalifiserende primêre produksie
plaasvind, gekoppel word;
eise sal slegs ten opsigte van dieselgebruik in die kwalifi-
serende primêre produksie-aktiwiteite toegelaat word en die
80:20-persentasietoekenning wat tans vir kwalifiserende terug-
betalings vir landbou geld, sal dan wegval. Dit wil sê produsente
sal dan in die nuwe bedeling 100% van hul kwalifiserende ge-
bruik kan eis;
‘n losstaande dieselterugbetalingsadministrasie, apart van die
BTW-stelsel, word voorgestel. Die beperkings rondom beoog-
de begunstigdes wat nie op dieselterugbetalings kan aan-
spraak maak nie omdat hulle nie BTW-geregistreer is nie, sal dus
wegval.
Graan SA en georganiseerde landbou is tans besig om die voor-
gestelde wysigings te bestudeer en sal ook kommentaar van in-
dividuele lede waardeer. Kommentaar moet SAID en die tesourie
teen 15 Mei vanjaar bereik.
Vir interessantheid kan in
Tabel 1
gesien word wat die persentasie
aandeel aan die dieselrabat per sektor is.
In totaal is R8,8 miljard dieselrabatte in 2015/2016 geëis, terwyl eise
in 2010/2011 net oor R1 miljard beloop het.
DIESELRABAT: %-AANDEEL
2010/2011
2011/2012
2012/2013
2013/2014
2014/2015
2015/2016
Elektrisiteit
3%
13%
36%
53%
53%
60%
Landbou, Bosbou en Visserye
46%
39%
20%
18%
13%
11%
Mynbou en steengroewe
45%
42%
38%
24%
28%
24%
Spoorvrag
6%
6%
5%
5%
6%
4%
Ander
0%
0%
0%
0%
0%
1%
Totale kortings
100%
100%
100%
100%
100%
100%
TABEL 1: PERSENTASIE-AANDEEL VAN DIE DIESELRABAT PER SEKTOR.
Bron: SAID-data
Grafiek 1: Dieselkorting.
Skandeer die QR-kode om die
volledige besprekingsdokument
wat die voorgestelde wysigings
bevat, te verkry.