

53
Mikro- en makrominerale speel ‘n groot rol as dit kom by die im-
muunstelsel en hoe die liggaam teenoor entings reageer. Onder-
voede en gedehidreerde kalwers en koeie gaan swakker reageer op
‘n entstof en swakker immuniteit maak hulle oor die algemeen meer
vatbaar vir siektes.
Inspuitbare produkte is wel beskikbaar om hierdie mikro- en makro-
elemente aan te vul as daar enige tekorte is.
Indien jy wel van bietjie byvoeding gebruik maak, kan jy altyd ge-
bruik maak van ‘n groeistimulant om die beste reaksie op voeding te
kry om sodoende ‘n groter, swaarder kalf te produseer.
Seranol-inplantate kan vanaf drie maande-ouderdom gebruik
word en dit kan selfs vir vervangingsverse gebruik word om hul
optimale dekmassa vroeër te bereik. Manlike diere wat vir teel-
doeleindes bestem is, moet onder geen omstandighede hierdie
inplantaat ontvang nie.
Oorinplantate word verkies bo enige inspuitbare vorm van groei-
stimulante, aangesien die toediening van die produk (wat per
abuis in die spier toegedien word) residu mag veroorsaak wat die
eindverbruiker op die einde van die dag kan raak.
Genetika is ‘n vakgebied op sy eie, maar speel net so ‘n groot rol
in die produksie van ‘n goeie kalf. Dit kan groei en immuniteit beïn-
vloed. Swak genetika sal die kalf se kwaliteit en groei kan verlaag.
Behalwe vir verliese aan siek of dooie beeste, boet jy as produsent
ook produksie in as hierdie riglyne nie gevolg word nie. Dit kan ‘n
man se sak ernstig raak as sub-standaardkalwers verkoop word.
Kalwers afkomstig uit ‘n kudde met goeie gesondheid en bestuur is
geneig om baie beter in byvoorbeeld ‘n voerkraal te presteer. Die
waarskynlikheid dat hulle siek sal word, is klein – wat beteken dat
hulle optimaal kan groei. Dit kan beslis tot die produsent se voor-
deel wees wanneer die kalwers goed presteer. Sy kalwers sal dan
gesog raak onder aankopers. Hoë kalfmortaliteite en siekte-uitbreke
lei tot groot finansiële verliese, wat voorkom kan word.
Deur by hierdie riglyne te hou, kan ons definitief ‘n verskil maak in
die voorkoming van siektes. Dit sal ook die gebruik van antimikro-
biese middels oor die algemeen verminder. Dit gaan ook die
produsent se sak pas, want ‘n gesonde, swaar kalf is meer werd as ‘n
klein, sieklike kalf. Dit is tog almal se doel: ‘n Bietjie meer kontant in
die sak op die einde van die dag.
Vir enige navrae, kontak drs Morris (082 411 6037), Du Preez (082 561
8689) of Jansen van Vuren (083 380 0717).
Graan SA/Sasol fotokompetisie
– Amanda van Blerk 2014
April 2017