

Die moontlike groot aanbod van mielies in die mark as gevolg van
gunstige weersomstandighede en goeie aanplantings hierdie sei-
soen, sal veroorsaak dat groot hoeveelhede mielies in die komende
seisoen uitgevoer sal moet word.
Die vraag wat egter ontstaan, is hoe lank die pryse teen uitvoer-
pariteitsvlakke gaan verhandel voor daar weer ondersteuning in
die mark sal wees? Die tempo waarteen die uitvoere gaan plaas-
vind, gaan grootliks ‘n rol hierin speel.
Bemarkingsopsies
Bemarking en prysrisikobestuur strek veel wyer as die verkoop van
produkte aan kopers. Die bemarking van die produkte sluit prys-
risikobestuur in, wat regdeur die jaar op verskillende maniere ge-
doen kan word. Verskansing, wat in kort eintlik maar net beskerming
teen ongunstige prysbewegings is, kan op verskeie maniere reg-
deur die jaar geskied en kan dus suksesvol deur produsente aange-
wend word om hul risiko in terme van pryse te verminder en om
voordeel te trek indien die pryse vir die produsent gunstig beweeg.
Hierdie verskansings kan aanlyn op die Safex-mark gedoen word
deur middel van termyn- en/of opsiekontrakte. Die voorseisoenver-
skansing vind plaas tussen plant- en strooptyd (met ander woorde
voor die mielies geoes word). Alternatiewelik kan produsente ook
na strategieë kyk wat ná oestyd gebruik kan word om prysrisiko te
bestuur – wat ook as bemarking en verskansing van mielies dien.
Na-oesbemarkingstrategieë sluit in die fisiese stoor van mielies tot
wanneer die pryse weer ondersteuning vind en genoegsaam toege-
neem het, of alternatiewelik die verkoop van die mielies in die mark
ná strooptyd en die gebruik van afgeleide instrumente op die Safex-
mark vir bemarkingsdoeleindes en risikobestuur.
Die fisiese stoor van die mielies hou steeds ‘n risiko wat die stoor-
koste en rentes betref, in. Daar is ook nie kontantinvloei nie en daar-
om is dit belangrik om die kontantvloei-aspek te oorweeg.
Met die gebruik van afgeleide instrumente op die Safex-mark, soos
byvoorbeeld ‘n
call
-opsie
(ook koopopsie genoem), kan die produ-
sent steeds baat vind by ‘n mark wat positief beweeg, terwyl sy risiko
in die mark beperk is tot die premie wat betaal word met die koop
van die
call
-opsie. Die produsent sal dus ‘n kontantinvloei verseker
terwyl hy steeds baat sal vind indien die mark hoër teen die opsie-
vervaldatum verhandel.
Prystendense
Dit is algemeen bekend dat die pryse siklies beweeg en daarom
moet produsente ook daarvolgens beplan.
Grafiek 2
toon die seisoenale prysindekse van wit- en geelmielies
vanaf 1998 tot en met 2016. Die siklisiteit van die prystendense kan
duidelik hierin gesien word en kritiese tye vir bemarkingstrategieë
kan daardeur vasgestel word. Indien produsente nie aktiewe voor-
seisoenverskansing gedoen het nie en dus in die situasie sit waar
pryse so laag soos nou is, sal hulle moet kyk na alternatiewe be-
markingstrategieë ten einde beter pryse te realiseer, maar ook om
risiko te beperk.
Produsente kan dus die mielies tot en met Desember of Maart
stoor, wanneer die pryse neig om weer goeie ondersteuning te vind.
Alternatiewelik kan produsente oorweeg om mielies na strooptyd
te verkoop en dan van die afgeleide instrumente op die Safex-mark
gebruik maak vir bemarkings- en risikobestuursdoeleindes.
Die seisoenale prysindekse toon duidelik dat Desember en Maart
goeie periodes is om te oorweeg en dat die waarskynlikheid redelik
goed is dat die pryse in hierdie maande hoër as die gemiddeld van
die seisoen behoort te verhandel.
Desember en Maart lyk daarom na goeie opsies om te oorweeg
wanneer bemarkingsopsies oorweeg word. Produsente wat nie die
fisiese mielies kan stoor nie, kan egter een van hierdie twee maande
vir die gebruik van afgeleide instrumente op die Safex-mark oor-
weeg.
Ten slotte
Bemarking van grane speel ‘n belangrike rol in produsente se wins-
gewendheid en die waarde van bemarking en verskansing moet
daarom glad nie gering geskat word nie. Dit is noodsaaklik dat
produsente goeie en ingeligte besluite met betrekking tot die be-
marking en verskansing van grane neem.
Dit is belangrik dat produsente die verskillende beskikbare strate-
gieë oorweeg en ook hoe dit gebruik kan word vir bemarkings- en
risikobestuursdoeleindes. Dit is belangrik om ‘n strategie te kies
waarin die produsent se risiko beperk is, maar wat ook goed inpas
by die bestuurstrukture van die plaas.
Grafiek 1: In- en uitvoerpariteitspryse van wit- en geelmielies vir lewering
in Julie 2017.
Bron: Graan SA
Grafiek 2: Seisoenale prysindekse van wit- en geelmielies.
Bron: Graan SA
Graan SA/Sasol fotokompetisie
– AJ van Rooyen 2016
45
April 2017