

April 2017
48
Direkte plant-proewe in Suid-Afrika
N
a aanleiding van ‘n ooreenkoms tussen Graan SA, verskeie
Argentynse navorsingsinstansies en Suid-Afrikaanse in-
setverskaffers is direkte plant (
no till
in oesreste)-proewe
op Manjoh Ranch by Nigel aangeplant.
Die proef met sy behandelings is op ‘n perseel wat meer as 10 ha
beslaan, aangeplant. Dit het bestaan uit ‘n konvensionele gedeelte
asook die direkte plant-gedeelte waar die gewasse in 0,5 m-rye
geplant is. Wisselbougewasse is ook ingesluit en bestaan uit soja-
bone en permanente aangeplante weiding.
In die direkte plant- en die konvensionele gedeelte is ‘n enkelkop-
pige, enkelstammige mieliekultivar teen verskillende plantestande
aangeplant. Die rywydtes het ook gevarieer tussen 0,5 m-rye en
1 m-rye. Die sojaboonaanplantings het kultivars met verskillende
groeilengtes en variërende plantestande ingesluit en is in 0,5 m-
rye geplant.
Die mielies in die direkte plant-gedeeltes het ‘n 40 000-, 60 000- en
80 000-plantestand beslaan. Dieselfde na-opkomsonkruiddoder-
program is by alle gewasbehandelings toegepas. Wat bemesting
betref, het die 80 000 mielieplantestandperseel hoër bemestings-
pyle van veral stikstof ontvang.
Grondversteuring
Uit die staanspoor was daar heelwat verskille tussen die kon-
vensionele stelsel en die direkte plant-stelsels. Grondversteuring is
die eerste element wat in die proef waargeneem is. Die Argentynse
planter het die grond beduidend min versteur en kon die oesreste
weer bo-op die rytjie terugplaas. Die turbo-kouters waarmee die
planter toegerus is, kon gemaklik deur die oesreste sny en die grond
genoeg versteur sodat die saad op die regte diepte in die grond
geplaas kon word. Wat ons verder opgeval het, is hoe gelyk die land
was nadat dit met die Argentynse planters geplant is.
Dit was opmerklik hoe gelyk die gewasse wat met die Argentynse
planters geplant is, opgekom het en dat die interplantspasiëring
presies was. By die proewe op Nigel het die mielies op dag agt reeds
97% opgekom.
Onkruidbeheer
Die hoë plantestand met die nouer rye was laatopkomende
someronkruid se moses. Die oorskaduwing was net te groot en die
laat ontkiemende onkruide het die wind van voor gekry.
Tog het daar heelwat meer onkruide in die bewerkte gedeeltes
opgekom – ongeag die onkruiddoder wat toegedien is. As gevolg van
die hoër plantestand, was die oesreste direk na stroop beduidend
meer en het dit veroorsaak dat die winteronkruide in die beter
omstandighede kon gedy. Die beheer van sodanige winteronkruide
moet tydig (as hul nog klein is) geskied, anders is dit bykans
onbeheerbaar.
Groei van gewasse
Wat die groei van die gewasse betref, was daar ook duidelike
verskille. Die gewasse in die direkte plant-gedeeltes het heelwat
stadiger as die konvensionele gewasse gegroei. Tydens stroop
was daar egter nie regtig verskille tussen die stelsels se planthoogte
en die graanvog nie.
Tydens die wortelondersoeke was daar duidelike verskille tussen
die stelsels. Die konvensionele stelsels se wortelverspreiding was
oor die algemeen dieper as die direkte plant-stelsels.
Daar was by direkte plant ‘n opmerklike groter konsentrasie van
wortels in die boonste vrugbare gedeeltes van die grond as by
die konvensionele stelsels. ‘n Paar waarnemings het egter ons aan-
dag getrek.
Waar die grond te nat was tydens plant – en veral waar die oes-
reste uiters dig was – het die planters se planterkouters die grond
gesmeer en geen wortel het deur sodanige lae beweeg nie. Die
gevolg was ‘n groot aantal klein plante reg langs groot plante.
OP PLAASVLAK
Direkte plant-proewe / Mielies / Sojabone
Bewaringsbewerking
PIETMAN BOTHA,
SA Graan/Grain
medewerker
– ‘n oorsig oor vyf jaar
1: Die planters kon deur die stoppel sny en die saad op die regte diepte plant.
1